Port St. Johns

Port St.

Johns is 'n dorp aan die Wildekus van die Indiese Oseaan in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Dit is geleë langs die mond van die Umzimvuburivier (Xhosa vir "Seekoeirivier"). Die dorp is 96 km oos van Mthatha.

Port St. Johns
Die binnedorp
Die binnedorp
Port St. Johns is in Oos-Kaap
Port St. Johns
Port St. Johns
Port St. Johns Port St. Johns se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 31°37′15″S 29°32′40″O / 31.62083°S 29.54444°O / -31.62083; 29.54444 29°32′40″O / 31.62083°S 29.54444°O / -31.62083; 29.54444
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistrikO.R. Tambo
MunisipaliteitPort St Johns
Stigting1845
Oppervlak
 • Totaal8,03 km2 (3,10 vk. myl)
Hoogte
7 m (23 ft)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal6 441
 • Digtheid802/km2 (2 080/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense1.1%
 • Indiërs/Asiërs0.6%
 • Bruin mense3.5%
 • Swart mense97.7%
 • Ander0.1%
Taal (2011)
 • Xhosa 89.7%
 • Engels 6.2%
 • Ander 4.1%
Poskode (strate)
5120

Geskiedenis

Die naam van Port St. Johns is afgelei van die São João (St. Johannes) wat vergaan het naby Port Edward op 5 Junie 1552. Die eerste werklike aktiwiteit het in 1846 begin toe die Britse skoener Rosebud daarin kon slaag om oor die sandbank in die riviermond te gaan en in die rivier opgevaar het. In 1878 het die Britse regering beheer van die hawe oorgeneem na onderhandelings met die Pondohoofman Nqwiliso. Daar is handel gedryf met die Pondo's. Fort Harrison is later gebou vir beskerming. Gedurende 1964 is die Pondolandbrug gebou om toegang met die res van Transkei en KwaZulu-Natal te bied. Koffiebaai is 55 km suidwes van Port St. Johns.

Distrik

Die distrik is 648 km2 groot. Die klimaat is subtropies. Mielies en vrugte soos papajas, lietsjies, piesangs, mango's en avokadopere word in die riviervallei gekweek. Daar is drie swemstrande en hengel is ook gewild. Klein bote kan 18 km in die rivier opvaar.

Besienswaardighede

  • Daar is 'n vuurtoring en radiobaken by Kaap Hermes by die suidelike punt van die strandmeer.
  • Die skeepsklok wat buite die stadsaal hang is na bewering dié van die Clan Gordon wat deur die kaptein weggedobbel is.
  • Derde Strand is deel van die Ntlolobanatuurreservaat.
  • Pondolandbrug
  • Daar is 'n warmwaterbron buite die dorp. Die Pondo's noem dit Isinuka 'die stink een'. (Lees ook Warmwaterbronne van Suid-Afrika.)

Fotogalery

Sien ook

Verwysings

Tags:

Port St. Johns GeskiedenisPort St. Johns DistrikPort St. Johns BesienswaardighedePort St. Johns FotogaleryPort St. Johns Sien ookPort St. Johns VerwysingsPort St. JohnsIndiese OseaanMthathaOos-KaapSuid-AfrikaUmzimvuburivierWildekusXhosa

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MusiekBeer AdriaanseO.J. SimpsonIetermagoWayde van NiekerkLetterlike en figuurlike taalgebruikLys van nedersettings in Suid-AfrikaHipertensieSkaapVrystaatSoogdierVlag van Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse PolisiediensLandbouAarverkalkingJak de PriesterValiant SwartGamelanLys van medisinale kruieKoraalrifSuid-Afrikaanse GrensoorlogNagmaalBayer 04 LeverkusenNasiebouTrappe van vergelykingPornByeboerderyChemiese elementCyril RamaphosaRobert SobukweTrigeminale neuralgieKrugerwildtuinNarsistiese persoonlikheidsteuringDemokrasieSwartrenosterGroot DepressieHartaanvalWoordeboekHerfsMIVPlastiekTweede WêreldoorlogSann de LangeGeslagsgelykheidInfeksieRenosterProteïenDroogteAngolese BurgeroorlogMensJohannesburgVulkanismeAboriginesGetalWaterkringloopEmfiseemNiemetaalToestand van materieWoordeboek van die Afrikaanse TaalVlekvrye staalKuberkrakerWikiVulvaLeestekenRodiumHoopJapanJagluiperdJaarWes-KaapC.J. LangenhovenKlimaatveranderingYouTubeSpaansHondsdolheidKlimaatsverandering in Afrika🡆 More