Die Kilburndam is 'n dam naby Bergville in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.
Die dam vorm deel van die Tugela-Vaal-waterprojek en die Drakensberg-pompopgaarskema.
Kilburndam | |
---|---|
Die Kilburndam met waarskuwingsbord wat verduidelik hoekom die dam so gevaarlik is. | |
Amptelike naam | Kilburndam |
Ligging | Bergville, KwaZulu-Natal |
Provinsie/Land | Suid-Afrika |
Koördinate | 28°35′4.56″S 29°5′40.2″O / 28.5846000°S 29.094500°O 29°5′40.2″O / 28.5846000°S 29.094500°O |
Dam in | Majaneni-rivier |
Doel | Hidroëlektrisiteit |
Openingsdatum | 1981 |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Grondvuldam |
Hoogte van wal | 48 m |
Lengte van wal | 1100 m |
Bakmaat | 36 700 m3 |
Reservoir | Kilburn-damreservoir |
Opvanggebied | 30 km2 |
Damoppervlak | 207 ha |
Dit is 'n grondvuldam wat 500 meter (1600 voet) laer as die Sterkfonteindam in die Mnjaneni-rivier geleë is. Dit is in 1981 in gebruik gestel, het 'n kapasiteit van 36 700 kubieke meter en 'n oppervlakte van 207 hektaar (510 akker). Die damwal is 48 meter (157 voet) hoog.
Die hoofdoel van die dam is om hidroëlektrisiteit op te wek. Die gevaarpotensiaal van die dam word as hoog (3) geklassifiseer.
As die aanvraag na elektrisiteit laag is, word water met vier 250 MW tribunes teen 'n tempo van 174 m3/s uit Kilburn na die Driekloofdam gepomp. As die aanvraag hoog is, tipies gedurende die oggend en vroeë aand, word water van Driekloof teen 'n tempo van 312 m3/s vrygelaat om 1 000 MW krag op te wek.
Volgens 'n padbord langs die dam:
Die dam is 'n paar kilometer van die Drakensville-vakansieoord geleë.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kilburndam, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.