Sterkfonteindam

Die Sterkfonteindam is naby Harrismith in die Vrystaat, Suid-Afrika, geleë.

Die dam is in 1977 gebou en het 'n kapasiteit van 2 656 miljoen m³ en 'n oppervlakte van omtrent 67,26 km². Die damwal is 93 m hoog en is 'n grondwal. Die dam is in die Nuwejaarspruit (wat in die Wilgerivier invloei) geleë. Die Sterkfonteindam is deel van die Tugela-Vaal-waterprojek.

Sterkfonteindam
Die Sterkfonteindam in die Vrystaat.
Die Sterkfonteindam in die Vrystaat.
Ligging Harrismith
Provinsie/Land Oos-Vrystaat, Suid-Afrika
Koördinate 28°26′54″S 29°01′22″O / 28.4484°S 29.0228°O / -28.4484; 29.0228 29°01′22″O / 28.4484°S 29.0228°O / -28.4484; 29.0228
Dam in Nuwejaarspruit
Doel Voorraaddam
Openingsdatum 1977
Eienaar Departement van Waterwese
Soort dam Grondvulling
Hoogte van wal 93 m
Lengte van wal 3060 m
Bakmaat 2 656 000 m3
Damoppervlak 67.26 km2

Dit is die hoofopgaareenheid van die Tugela-Vaalprojek en dien as 'n reserwedam waarvandaan water deur middel van die Wilgerivier (wat in die Vaaldam uitloop) na die Vaal- en die Bloemhofdam vrygelaat word wanneer hul watervlakke te laag daal.

Hoewel dit slegs 20 % van die wateroppervlakte van die Vaaldam beslaan, is die Sterkfonteindam se opgaarvermoë 10 % groter. Die gunstige faktore, asook die feit dat dit so na aan die eskarp is, waar die verdamping aansienlik laer is as in die gebiede waar die ander damme geleë is, maak dit uiters geskik as 'n reserwedam.

Toe dit in 1977 vir die eerste keer in bedryf gestel is, was die opgaarvermoe 1 203 miljoen m3. Die vermoë word in die tweede fase tot 2 656 miljoen m3 vergroot, terwyl die hoogte van die damwal van 63 tot 69 m en die kruinlengte daarvan van 2 290 tot 3 060 m vergroot word.

By volvlakhoogte sal die wateroppervlakte uiteindelik 6 937 ha beslaan. Na die uitbreidings sal die Sterkfonteindam die grootste grondvuldam in Suid-Afrika wees. Dit is ook die enigste Suid-Afrikaanse dam wat die lys van die Internasionale Kommissie van Groot Damme verskyn.

Vanweë die Sterkfonteindam se klein opvanggebied van 191 km2 het dit nie vloedoorlope nie en dit is ook in die opsig waarskynlik die grootste dam ter wêreld sonder soortgelyke strukture.

Fotogallery

Sien ook

Bronne

Tags:

1977DamHarrismithSuid-AfrikaTugela-Vaal-waterprojekVrystaatWilgerivier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VratProstaatkankerTuisbladVersoeningsdagGeboorteSpreeuDuitse maselsVerbondsarkNasionale PartyVrystaatWoordsoortMonoloogBeesJuraKunsmatige algemene intelligensieSonPussy RiotDuitslandPlastiekLys van elemente volgens simboolOrgasmeVerkoueGedigVarkgriepSwart nasionalismeSkilpadHeuningbySwartbewussynsbewegingKoue OorlogMona LisaFinansiële staatSirkelAfvalbestuurVolstruisSpringbokGemeenskapIdioomHefboomIntensiewe vormLidwoordRooibokTelwoordMosambiekkanaalVerkleurmannetjieKindersiektesLeestekenRonelda KamferTydWêreldwye webVarkBek-en-klouseerMobutu Sese SekoRumatiekWet op BevolkingsregistrasieAntoniemMaanAsemhalingBlomOu Apostoliese KerkKoppeltekenJeuksiekteStereotipeMetafoorVioolWiskundeMorfeemKlereMiljardVoedselkettingHoofpynSeksueel oordraagbare infeksieMotorvoertuigHartseer🡆 More