Khalid Van Saoedi-Arabië

Khalid bin Abdoel Aziz al-Saoed Arabies: الد بن عبد العزيز آل سعود, Khālid ibn ‘Abd al ‘Azīz Āl Su‘ūd; 13 Februarie 1913 - 13 Junie 1982) was van 1975 tot 1982 koning van Saoedi-Arabië.

Groot ontwikkelings het gedurende sy bewind plaasgevind danksy ’n toename in olie-inkomste en belangrike gebeure in die Midde-Ooste.

Khalid
Koning van Saoedi-Arabië
Khalid Van Saoedi-Arabië
Heerskappy 25 Maart 1975 - 13 Junie 1982
Kroning 25 Maart 1975
Voorganger Faisal
Opvolger Fahd
Koningin Latifa bint Ahmed al-Soedairi
Tarfa bint Abdoellah bin Abdoel
  Rahman al-Saoed
Noera bint Toerki bin Abdoelaziz
  bin Abdoellah bin Toerki al-Saoed
Sita bint Fahd al-Damir
Kinders Verskeie
Vorstehuis Huis van Saoed
Vader Abdoel Aziz al-Saoed
Moeder Al Jawhara bint Moesaed al-Jiloewi
Gebore (1913-02-13)13 Februarie 1913
Riaad
Gesterf 13 Junie 1982 (op 69)
Taif
Begrawe Riaad

Vroeë lewe

Khalid is op 13 Februarie 1913 in Riaad gebore. Hy was die vyfde oudste seun van Ibn Saoed. Sy ma, Al Jawhara bint Moesaed al-Jiloewi, was van die belangrike Al-Jiloewi-clan wie se lede met dié van die Al-Saoedi ondertrou het.

Op 14 is Khalid deur sy pa na die woestynstamme gestuur as sy verteenwoordiger om na hulle vrae en probleme te luister. Hy was onder andere onderkoning van die Hedjaz, ’n soldaat in die leër onder sy broer Faisal en voorsitter van die Saoediese afvaardiging by die Taifkonferensie met Jemen in 1934. Die konferensie het gelei tot die Taifverdrag later in die jaar. In 1934 het hy die minister van binnelandse sake geword.

Hy het saam met sy broer Faisal op buitelandse sendings gegaan en was sy raadgewer as verteenwoordiger van Saoedi-Arabie by die Verenigde Nasies.

In 1962 is Khalid aangestel as onderpremier, wat ’n aanduiding was van sy prominensie in die lyn van opvolging. Hy het in 1965 die kroonprins geword om koning Faisal op te volg nadat sy ander broer Mohammed ’n plek in die opvolging van die hand gewys het.

Bewind

Khalid het op 25 Maart 1975 koning geword nadat Faisal in ’n sluipmoordaanval dood is. Volgens sommige was hy nie ’n doeltreffende leier nie. Hy het wel die land se opvoeding, gesondheidsorg en infrastruktuur gedurende sy sewe jaar lange bewind verbeter. Hy kon egter nie sy mag monopoliseer nie en dit het gelei tot groter mag onder die prinse wat tydens Faisal se bewind in magtige ampte was. Hoewel hy nie aktief in staatsake belanggestel het nie en met sy gesondheid gesukkel het, is hy bewonder as ’n eerlike man en het die ander prinse hom ondersteun.

Khalid Van Saoedi-Arabië 
President Jimmy Carter van Amerika voer in Januarie 1978 samesprekings met koning Khalid en kroonprins Fahd.

Tydens sy bewind het Saoedi-Arabië een van die rykste lande geword. Die streng finansiële beleide van Faisal en die gevolge van die oliekrisis van 1973 het ’n finansiële meevaller tot gevolg gehad wat tot ’n ekonomiese en handelsoplewing gelei het. Hy het die tweede "vyfjaarplan" in 1975 van stapel gestuur om die land se infrastruktuur en gesondheidsorg te verbeter.

Die regerende familie se mag het toegeneem tydens Khaled se bewind. Hy het die ministersraad in 1975 herorganiseer en die destydse kroonprins, prins Fahd, onderpremier gemaak en prins Abdoellah tweede onderpremier.

Hoewel Khalid nie so ’n groot belangstelling in buitelandse sake gehad het soos Faisal nie, het verskeie belangrike internasionale gebeure gedurende sy bewind plaasgevind, insluitende die Iranse Rewolusie, die sluipmoord op president Anwar Sadat van Egipte en die Sowjetunie se inval in Afganistan. Al hierdie gebeure het ’n groot invloed op Saoedi-Arabië gehad.

Khalid het onder meer Damaskus in Sirië in Desember 1975 besoek, asook die Persiese Golf-state in April 1976. Hy het die Samewerkingsraad vir die Arabiese Golfstate (GCC) in 1981 ingestel, wat beskou is as ’n gevolg van dié besoeke. Die raad is gestig saam met Bahrein, Koeweit, Oman, Katar en die Verenigde Arabiese Emirate.

Gesondheid

Khalid het lank hartprobleme gehad en kroonprins Fahd het in dié tyd in sy plek waargeneem. In 1970 het Khalid ’n massiewe hartaanval gehad en in 1972 het hy ’n hartopreasie in Amerika ondergaan. Op 3 Oktober 1978 het hy ’n tweede hartoperasie in Cleveland gehad. Hy het ook in 1976 ’n heupoperasie in Londen ondergaan. In Februarie 1980 het hy ’n klein hartaanval gehad.

Khalid is op 13 Junie 1982 in Taif aan nog ’n hartaanval oorlede. Ná begrafnisgebede in die Groot Moskee in Mekka is hy in Riaad begrawe.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Khalid Van Saoedi-Arabië Vroeë leweKhalid Van Saoedi-Arabië BewindKhalid Van Saoedi-Arabië GesondheidKhalid Van Saoedi-Arabië VerwysingsKhalid Van Saoedi-Arabië Eksterne skakelsKhalid Van Saoedi-ArabiëArabiesMidde-OosteOlieSaoedi-Arabië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ToerismeWerkersdagTydHector PietersonNierBipolêre gemoedsteuringNierversakingGautengRoesHolocaustXhosaMenslike skeletArmoedeverligtingMaatskappyWolkIdioomVerlede tydPlae van EgipteBeroerteResensieWoordsoortGeslagsgelykheidVoedingNatriumSwartrenosterKatherine JohnsonKriekPersoonlike voornaamwoord7de LaanSuid-Afrikaanse randAfrikaansSwart menseSuid-Afrikaanse GrensoorlogKrampSeptimius AwardsDermpoliepApartheidKamoefleringEugenetikaGrondsoorteFinale OplossingOogproblemeAfrikaanse Taalmonument (Welkom)DikdermMynbouVratMetaalWalvisHerfsMaselsKernoorlogEkologieNazi-DuitslandDieregeluideDrinkwatervoorsieningPaarl GimnasiumMickey MuisTienie HollowaySkaakDeelwoordRassismeJohannes MeintjesSwawelTemperatuurJaco JacobsKunsmatige algemene intelligensieMigrasie van voëlsSelfvertroueBedryfstelsel (inligtingstegnologie)20ste eeuFabelKoos BekkerSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024ByKoerantPankreas🡆 More