Fahd Van Saoedi-Arabië

Fahd bin Abdoel Aziz al-Saoed (Arabies: فهد بن عبد العزيز آل سعود, Fahd ibn ‘Abd al-‘Azīz Āl Sa‘ūd; 1921 - 1 Augustus 2005) was van 1982 tot 2005 koning van Saoedi-Arabië.

Hy was een van die 45 seuns van die land se stigter, Ibn Saoed, en die vierde van die ses seuns wat hom opgevolg het.

Fahd
Koning van Saoedi-Arabië
Fahd Van Saoedi-Arabië
Heerskappy 13 Junie 1982 – 1 Augustus 2005
Kroning 13 Junie 1982
Voorganger Khalid
Opvolger Abdoellah
Koningin Verskeie
Kinders Verskeie
Vorstehuis Huis van Saoed
Vader Abdoel Aziz al-Saoed
Moeder Hassa bint Ahmed al-Soedairi
Gebore 1921
Riaad
Gesterf 1 Augustus 2005 (op 84)
Riaad
Begrawe Riaad

Fahd is in 1975 as kroonprins aangewys toe sy halfbroer Khalid ’n ander halfbroer, Faisal, opvolg nadat laasgenoemde in ’n sluipmoordaanval dood is. Fahd is as die de facto-premier beskou tydens Khalid se bewind, deels vanweë Khalid se swak gesondheid. Fahd het die troon bestyg nadat Khalid op 13 Junie 1982 oorlede is.

Fahd kry die eer dat hy die Basiese Reg van Saoedi-Arabië ingestel het. Hy het in 1995 ’n verlammende beroerte gehad, waarna hy nie sy amptelike pligte ten volle kon uitvoer nie. Sy halfbroer, Abdoellah, die land se kroonprins, het as de facto-regent gedien en Fahd ná sy dood in Augustus 2005 opgevolg.

Vroeëre lewe

Fahd bin Abdoel Aziz is in 1921 in Riaad gebore. Hy was die agtste oudste seun van Ibn Saoed. Sy ma was Hassa al-Soedairi en hy was die oudste van die Soedairi-sewe, die sewe broers van dieselfde ma. Hy het onder meer opleiding ontvang aan die Instituut vir Heilige Kennis in Mekka.

Fahd Van Saoedi-Arabië 
Oudpresident Jimmy Carter van Amerika en kroonprins Fahd in 1978.

Fahd was in 1945 op sy eerste staatsbesoek – in San Francisco vir die ondertekening van die VN-stigtingsakte. Hy het onder sy broer gedien, wat toe Saoedi-Arabië se minister van buitelandse sake was.

Hy was in 1953 die eerste keer aan die hoof van ’n amptelike besoek met die kroning van koningin Elizabeth II van Brittanje namens die Huis van Saoed. Op 24 Desember 1953 is hy as die land se eerste minister van onderwys aangestel.

Fahd het in 1959 die Saoediese afvaardiging gelei na die Arabiese Liga, wat ’n teken was van sy toenemende belangrikheid. In 1962 het hy die minister van binnelandse sake geword en in 1975, ná die dood van koning Faisal, die kroonprins. Twee van sy ouer broers, prinse Nasser en Saad, is as ongeskik vir die troonopvolging beskou.

Bewind

Fahd Van Saoedi-Arabië 
Koning Fahd, oudpresident Ronald Reagan en die sakeman Donald Trump in 1985.

Toe koning Khalid op 13 Junie 1982 sterf, het Fahd hom opgevolg as die land se vyfde koning.

Omdat hy bang was die Iranse Rewolusie van 1979 kon tot soortgelyke oproerigheid in Saoedi-Arabië lei, het Fahd nadat hy in 1982 koning geword het aansienlike bedrae geskenk om Saddam Hoesein se Baathistiese Irak in sy oorlog met Iran te steun. Hy was ook ’n ondersteuner van die Verenigde Nasies en het 5,5% van Saoedi-Arabië se nasionale inkomste aan verskeie fondse geskenk soos die Saoediese Ontwikkelingsfonds en die Opul-fonds vir Internasionale Ontwikkeling. Hy was ’n sterk ondersteuner van die Palestynse saak en ’n teenstander van Israel. Hy was ook ’n groot bondgenoot van die VSA.

Gesondheid

Fahd was ’n strawwe roker en vir ’n groot deel van sy volwasse lewe oorgewig, en het in die 1960's aan artritis en kwaai diabetes begin lei. Hy het op 29 November 1995 ’n verlammende beroerte gehad en het merkbaar verswak, en het op 2 Januarie 1996 regeringsake in die hande van kroonprins Abdoellah gelaat. Op 21 Februarie het Fahd amptelike pligte hervat.

Ná sy beroerte was Fahd deels onaktief en moes hy ’n kierie en rolstoel gebruik. Hy het egter steeds vergaderings bygewoon en uitgesoekte besoekers ontvang. Kroonprins Abdoellah het op amptelike reise gegaan.

Fahd is op 27 Mei 2005 vir mediese toetse in Riaad in die hospitaal opgeneem. Hy is op 1 Augustus van dié jaar op 84 oorlede.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Fahd Van Saoedi-Arabië Vroeëre leweFahd Van Saoedi-Arabië BewindFahd Van Saoedi-Arabië VerwysingsFahd Van Saoedi-Arabië Eksterne skakelsFahd Van Saoedi-ArabiëArabiesIbn SaoedSaoedi-Arabië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GrondwetVergelykings (taalkunde)BywoordCarles PuigdemontKatMusieksimboleMiddeloorontstekingRosa ParksMigrasie van diereKindersiektesSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureNedersettingHartseerPornografiese akteurJeugdagMosambiekRekenaarWortelSaartjie BaartmanHerfsAnglisismeToekoms van die AardeAngssteuringMieliestronkLys van nedersettings in Suid-AfrikaMoslemProvinsies van Suid-AfrikaGrondwet van Suid-AfrikaLys van Suider-Afrikaanse soogdiereKarooDurbanKasterolieBybelChristendomVersamelnaamCarike KeuzenkampVaginale kankerKongo-krisisSeksposisieGeldAnglo-BoereoorlogTradisionele literatuurGipsDie Laaste Avondmaal (Leonardo)KonjunktivitisMierGrondbesoedelingMark (ekonomie)HamburgerOrthopteraWaterbesoedelingMigrasie van voëlsKlimaatsverandering in Suid-AfrikaTelkomBreinGesonde dieetWoudRymLys van kleureMIV/vigs in Suid-AfrikaSeevlakstygingLys van Suid-Afrikaanse musikanteWiskundige terminologieRepubliek die KongoDemi Lee MooreCheslin KolbeArabies-Israeliese konflikProteïenEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaSelHernubare energieTafelbergOnderwerp (taalkunde)LettergreepKlimaatNapoleon BonaparteAsemhaling🡆 More