Josh Hawley

Joshua David Hawley (gebore op 31 Desember 1979) is 'n Amerikaanse prokureur en Republikeinse politikus wat as die junior senator vir Missouri in die senaat van die Verenigde State dien.

Senator Hawley het van 2017 tot 2019 as die 42ste prokureur-generaal vir Missouri gedien, voordat hy die Demokratiese senator Claire McCaskill in die 2018 senaatsverkiesing in Missouri verslaan het. Op 40-jarige ouderdom is hy die jongste lid van die Amerikaanse senaat.

Josh Hawley
Josh Hawley

Amerikaanse Senator van Missouri
Ampsbekleër
Termynaanvang
3 Januarie 2019
Voorafgegaan deur Claire McCaskill

Persoonlike besonderhede
Gebore 31 Desember 1979 (1979-12-31) (44 jaar oud)
Springdale, Arkansas, V.S.A.
Politieke party Republikeins
Kind(ers) 2

Vroeë lewe, onderwys en vroeë loopbaan

Hawley is in Springdale, Arkansas gebore, maar het spoedig na Lexington, Missouri verhuis, waar sy pa as bankier gewerk het en sy ma 'n onderwyser was. Hy het aan die Rockhurst High School in Kansas City, Missouri gematrikuleer. Hy het in 2002 sy BA-graad graad in geskiedenis aan Stanford-universiteit met eerbewyse ontvang. Hierna het hy na Londen verhuis en 'n jaar lank klas gegee aan St Paul's School, en daarna aan Yale-universiteit se regsskool, waar hy die skool se afdeling van die Federalist Society gelei het en in 2006 'n Juris Doctor-graad ontvang het.

Op 28-jarige ouderdom het Hawley 'n biografie van Theodore Roosevelt vir Yale University Press geskryf, getiteld Theodore Roosevelt, Preacher of Righteousness.

Na regsskool het Hawley as klerk gedien vir regter Michael W. McConnell van die Appèlhof van die Verenigde State en vir hoofregter John Roberts van die Hooggeregshof. Hawley het tydens sy termyn onder Roberts sy toekomstige vrou Erin Morrow ontmoet, wat ook vir die Hooggeregshof as klerk gewerk het.   Na Hawley se klerkskap het hy van 2008 tot 2011 gespesialiseer in litigasiewerk in appèlsake by Hogan Lovells in Washington, DC (toe nog bekend as Hogan & Hartson). Van 2011 tot 2015 het hy gewerk vir The Becket Fund for Religious Liberty. By Becket het hy regsadvies gegee in die hooggeregshofsake van Hosanna-Tabor Evangelical Lutheran Church & School v. Equal Employment Opportunity Commission, wat in 2012 beslis is, en Burwell v. Hobby-lobby, wat in 2014 beslis is. In 2011 het Hawley na Missouri verhuis en 'n assosiaat-professor aan die Universiteit van Missouri se regsskool, geword waar hy klas gegee het in grondwetlike reg, grondwetlike teorie, wetgewing en strafreg.

In Junie 2013 het Hawley gedien as 'n fakulteitslid van die Blackstone Legal Fellowship, wat befonds word deur Alliance Defending Freedom, 'n konserwatiewe Christelike organisasie.

In Mei 2015 is Hawley toegelaat tot die balie van die hooggeregshof, en het hy sodoende in aanmerking gekom om sake voor die hof te argumenteer.

Prokureur-generaal van Missouri (2017–2019)

2016 verkiesing

In 2016 het Hawley hom verkiesbaar gestel as die Prokureur-Generaal vir Missouri. Op 2 Augustus het hy Kurt Schaefer in die Republikeinse voorverkiesing met 64% van die stemme verslaan. Hy het Teresa Hensley in die algemene verkiesing op 8 November met 58,5% van die stemme teenoor Hensley se 41,5% verslaan.

Ondersoeke na tegnologie maatskappye

In November 2017 het Hawley met 'n ondersoek begin oor die vraag of Google se sakepraktyke inbreuk maak op die Amerikaanse Wet op Verbruikersbeskerming en "anti-trust" wette. Die ondersoek het gefokus op watter data Google van gebruikers versamel, hoe dit gebruik maak van inhoudverskaffers se inhoud, en of die resultate van die soekenjin bevooroordeeld is.

In April 2018, ná die Facebook-Cambridge Analytica-data-skandaal, het Hawley aangekondig dat sy kantoor 'n dagvaarding aan Facebook uitgereik het oor die manier waarop die maatskappy sy gebruikers se data deel. Die ondersoek het probeer vasstel of Facebook die sensitiewe data van sy gebruikers behoorlik hanteer, of meer inligting versamel as wat dit in die openbaar erken.

Regsgeding teen vervaardigers van opoïede en ondersoeke

In Junie 2017 het Hawley aangekondig dat die staat van Missouri 'n dagvaarding in die staatshof ingedien het teen drie groot medisyne-ondernemings, by name Purdue Pharma, Endo Health Solutions, en Janssen Pharmaceuticals, omdat hulle die gevaar van voorskrifpynstillers verberg het en sodoende tot die opioïedepidemie wat die VSA teister bygedra het. Die staat het beweer dat die ondernemings die verbruikersbeskerming- en Medicaid-wette van Missouri oortree het. Die skadevergoedingsbedrag wat geëis is was van die grootste bedrae wat nog ooit geëis is in die staat en het in die honderde miljoene dollars beloop.

In Augustus 2017 het Hawley aangekondig dat hy 'n ondersoek na sewe opioïedverspreiders (Allergan, Depomed, Insys, Mallinckrodt, Mylan, Pfizer en Teva Pharmaceuticals) begin het. In Oktober 2017 het Hawley sy ondersoek na drie bykomende farmaseutiese ondernemings (AmerisouthBergen Corporation, Cardinal Health Inc. en McKesson Corporation), die drie grootste Amerikaanse opioïedverspreiders, uitgebrei.

Amerikaanse senaat

2018 Senaatveldtog

Josh Hawley 
Hawley op die aand van die verkiesing, nadat hy 'n oorwinning behaal het tydens die Republikeinse voorverkiesing.

In Augustus 2017 het Hawley 'n veldtogkomitee geloods om ondersoek te doen na sy kandidaatskap vir die Amerikaanse senaat. In Oktober 2017 het hy sy kandidatuur vir die Republikeinse benoeming in Missouri se Amerikaanse senaatverkiesing in 2018 vir die setel wat deur die Demokraat Claire McCaskill beklee is verklaar.

Daar was 11 kandidate in die sterk betwiste Republikeinse voorverkiesing wat gehoop het om vir McCaskill te onttroon. Hawley het aansienlike steun gekry van prominente Republikeine, soos die leier van die Senaat, Mitch McConnell, president Donald Trump, en die Senaat se Fonds vir Konserwatiewes. Hy het 'n groot meerderheid van die stemme in die voorverkiesing op hom verenig.

President Trump het Hawley in November 2017 as senator aanbeveel. Tydens die algemene verkiesingsveldtog was Obamacare 'n sleutelkwessie, en albei kandidate het belowe om beskerming teen bestaande siektetoestande te verseker. McCaskill het die deelname van Hawley aan 'n regsgeding gekritiseer wat die beskerming van mense met bestaande siektetoestande kon beëindig deur die Wet op Bekostigbare Sorg omver te werp. Hawley het McCaskill se komende stem oor die bevestiging van CIA-direkteur Mike Pompeo as minister van buitelandse sake 'n sleutelkwessie van die veldtog gemaak. Sy woordvoerder vir die veldtog het gevra: "Sal senator McCaskill haar liberale donateurs ignoreer en Mike Pompeo ondersteun vir die minister van buitelandse sake, of sal sy by Chuck Schumer bly en aanhou om versperrings in die pad van die president te plaas?" en bygevoeg, "Dit is kommerwekkend om te sien hoe gefokus senator McCaskill daarop is om te doen wat polities gerieflik is, in plaas van om te doen wat reg is."

Hawley het kritiek van beide Republikeine en Demokrate ontvang omdat hy sy Senaat-veldtog minder as 'n jaar begin het nadat hy as prokureur-generaal ingesweer is.

In die algemene verkiesing in November 2018 het Hawley McCaskill met 52% tot 46% van die stemme verslaan.

Op 6 Desember 2018 het Jay Ashcroft, staatssekretaris van Missouri, 'n ondersoek daarna geloods of Hawley openbare gelde verkeerdelik aangewend het vir sy veldtog om 'n setel in die Senaat. Hawley se kantoor het enige oortredinge ontken. Op 28 Februarie 2019 het Ashcroft die ondersoek gesluit omdat daar onvoldoende bewyse was dat " 'n oortreding begaan is".

Ampstermyn

Hawley is op 3 Januarie 2019 as die Amerikaanse senator vir Missouri ingesweer. Hy is die jongste Amerikaanse senator.

Op 18 November 2019 het Hawley die Wet op die Beveiliging van Nasionale Veiligheid en Persoonlike Data aangekondig, wat dit onwettig sal maak vir Amerikaanse ondernemings om gebruikersdata of enkripsiesleutels in China te stoor. Engadget het opgemerk dat die wetsontwerp "ernstige probleme" kan veroorsaak vir ondernemings wat ingevolge die wet verplig is om data in China te stoor, soos Apple en TikTok, en dat dit "hulle kan dwing om China geheel en al te verlaat." Dit was nie Hawley se eerste wetsontwerp oor tegnologie-gedrewe aangeleenthede nie; hy het ook onder meer voorstelle ingedien om sosiale netwerkfunksies wat as "verslawend" beskou word, te beperk. Hawley het op TikTok gefokus en gesê dat die wetsontwerp Rusland sowel as China sal dek, en "enige ander land wat die Staatsdepartement as 'n veiligheidsrisiko beskou." Hy het gesê dat die wetsontwerp "op sosiale media-platforms en data-intensiewe ondernemings gerig is", en "sulke samesmeltings by verstek sou blokkeer sonder vooraf goedkeuring van die Komitee op Buitelandse Beleggings in die Verenigde State." Die wetsontwerp verhoed ook die insameling van "meer gebruikersdata as wat nodig is om sake te doen."

Immigrasie

Senator Hawley ondersteun president Trump se skeiding van kinders van ouers wat die grens onwettig oorsteek, en het gesê dat dit 'n kwessie is van die handhawing van wet en orde.

Maatskaplike kwessies

Hawley is 'n teenstander van aborsie en het 'n beroep gedoen op die aanstelling van "regters wat die oorspronklike bewoording van die grondwet eerbiedig en wat pro-lewe is" na die Amerikaanse hooggeregshof en ander federale howe. Hy het Roe v. Wade "een van die mees ongeregverdigde beslissings" in die Amerikaanse regsgeskiedenis genoem. Missouri se Right to Life Politiese Aksie-komitee (PAC) het Hawley vir die Senaat goedgekeur.

Hawley is van mening dat die geskikte plek vir seks "binne die huwelik" is. In Desember 2015 het hy vrystellings ondersteun vir "ondernemings en godsdiensgroepe in Missouri wat weier om aan selfde-geslag ... huwelikseremonies" deel te neem.

Amerikaanse Hooggeregshof-benoemings

Hawley se eerste reklamestuk in die Senaat-veldtog in 2018 get gefokus op Brett Kavanaugh se kandidaatskap as regter van die Amerikaanse hooggeregshof, wat hy ondersteun het. Nadat Kavanaugh van seksuele aanranding beskuldig is, het Hawley hom ten sterkste verdedig en gesê dat Demokrate 'n "hinderlaag" uitgevoer het.

Hawley en internet-sensuur

Senator Hawley het op 19 Junie 2020 wetgewing bekendgestel wat die wysiging van artikel 230-immuniteit vir groot tegnologiese ondernemings ("Big Tech") ten doel het. Die wet staan bekend as die Ending Support for Internet Censorship Act (Wet op Beëindiging van Ondersteuning vir Internet-sensuur), en het o.m. ten doel om 'n belangrike wysiging aan te bring aan die manier waarop groot tegnologie-ondernemings behandel word ingevolge Artikel 230 van die Communications Decency Act (CDA).

Die Communications Decency Act beskerm ondernemings teen aanspreeklikheid vir onwettige inhoud wat deur derde partye geplaas word. Die Amerikaanse Kongres het hierdie wet in 1996 goedgekeur toe die internet nog in sy kinderskoene was, omrede hulle bekommerd daaroor was om gasheerplatforms onderhewig te maak aan dieselfde siviele aanspreeklikheid as alle ander ondernemings, wat hul groei sou terughou.

Persoonlike lewe

Hawley is getroud met Erin Morrow Hawley, 'n medeprofessor in die regte aan die Universiteit van Missouri . Hulle het twee seuns. Die Hawleys het in 2011 na Columbia, Missouri, verhuis. Nadat hy prokureur-generaal van Missouri geword het, het Hawley ook 'n woonstel in Jefferson City gehuur ná klagtes dat hy nie aan 'n statutêre verblyfvereiste voldoen nie. Die Hawleys het na Virginia verhuis nadat Hawley tot die Amerikaanse senaat verkies is. Hawley is grootgeword metodiste, maar hy en sy gesin woon nou 'n Evangeliese Presbiteriaanse kerk by, en hy identifiseer hom as 'n evangeliese .

Publikasies

  • Hawley, Joshua David (2008). Theodore Roosevelt, Preacher of Righteousness. New Haven, CT: Yale University Press. ISBN 9780300120103.

Eksterne skakels

Verwysings

Party-politieke poste
Voorafgegaan deur
Republikeine se genomineerde vir Prokureur-generaal van Missouri Vorige bekleër
Voorafgegaan deur
Republikeine se genomineerde vir V.S.A. Senator vir Missouri
(Klas 1)
Senaat van die VSA
Voorafgegaan deur
V.S.A. Senator (Klas 1) vir Missouri Sittend
Eretitels
Voorafgegaan deur
Baba van die Senaat Sittend

Tags:

Josh Hawley Vroeë lewe, onderwys en vroeë loopbaanJosh Hawley Prokureur-generaal van Missouri (2017–2019)Josh Hawley Amerikaanse senaatJosh Hawley Hawley en internet-sensuurJosh Hawley Persoonlike leweJosh Hawley PublikasiesJosh Hawley Eksterne skakelsJosh Hawley VerwysingsJosh Hawley197931 DesemberDemokratiese Party (Verenigde State)MissouriRepublikeinse Party (Verenigde State)VSA

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SeekoeiWoordeboek van die Afrikaanse TaalYsterYstervarkPolitieke partyNaboomToerismeMynbouWikipediaBorsvergrotingWinterMaatskaplike verantwoordelikheidKoolstofPastoorEgipteLys van landeVoorsetselDurbanSharpeville-slagtingArabiesMadison IvyAtleetvoetXenofobieVerkoueKunsHarvey WeinsteinKleurTweede VryheidsoorlogJesus van NasaretBuffelBipolêre gemoedsteuringKoekie (rekenaarwetenskap)VloeistofMonopolieEngelsRacheltjie de BeerRichard Francis BurtonGasSeksuele penetrasieWebwerfGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSaartjie BaartmanWerkloosheidWaarheid-en-versoeningskommissieNoag se arkDoziVier temperamenteMediaWikiNetbalSowjetunieNazi-DuitslandUniversiteit StellenboschOnomatopeeKremetartGewone tarentaalSwart nasionalismeBysteekEllipstekenOorstromingJan BlohmBruin huisslangNieuwoudtvilleLondenSoweto-opstandLys van Afrikaanse rolprenteWolmaransstadAfvalbestuurKersfeesKommunikasieVratBeaufortskaalKlinkerLys van elemente volgens simbool🡆 More