Johannes Smuts: Staatsamptenaar, sakeman en die tweede burgemeester van Kaapstad

Johannes Joachim Lodewyk Smuts (9 Julie 1785 – 1 Augustus 1869) was 'n Suid-Afrikaanse staatsamptenaar, sakeman en die tweede burgemeester van Kaapstad.

Biografie

Smuts is in Kaapstad gebore, die seun van Johannes Smuts en Magdalena Elisabeth Wernich. Hy het as Sekretaris van die Weeskamer in Kaapstad gewerk. Die funksie van die Weeskamer was onder andere om die boedels te administreer van persone wat intestaat in die Kolonie sterf en onder wie se erfgename minderjariges of persone wat in die buiteland woonagtig was; die registrasie van testamente van oorlede persone; die administrasie van minderjariges se eiendom en die byhou van 'n sterfteregister of rekord van persone wat aan die Kaap gesterf het. Na sy tyd by die Weeskamer het hy 'n geruime tyd in die Koloniale Kantoor gewerk en ook die amp van Ontvanger-generaal van Grondinkomste beklee.

Gedurende die 1830's het Smuts as 'n geldskieter gewerk en teen die middel van die 1830's, met die vrystelling van slawe, het hy as die geldskieter vir sy landgenote op die sekuriteit van slawe opgetree. Smuts was ook 'n lid van die slawevergoedingsraad en het saam met Hamilton Ross opgetree, as 'n agent vir die betaling van vergoedingsgeld aan voormalige slawe-eienaars. Hy het daarin geslaag om 'n aansienlike eiendomsportefeulje op te bou en het in 1842 22 eiendomme in Kaapstad besit.

In 1844 het Smuts Michiel van Breda opgevolg as voorsitter van die Munisipale Raad van Kaapstad, wat effektief die rol van Burgemeester was en gedurende sy termyn, in 1847, is Kaapstad 'n stad verklaar in terme van opdrag wat deur die Britse owerheid verleen is. Smuts het in 1848 as voorsitter uitgetree. Hy het sy lewe lank in Kaapstad gewoon en is op 1 Augustus 1869 by sy huis, Zorgwyk, in Tuine, Kaapstad oorlede.

Verwysings

Tags:

1 Augustus178518699 JulieKaapstadSakemanSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DermpoliepBrjansk-oblastFidjiLys van ingelyfde NG gemeentesJemenRoofdierNiccolò MachiavelliSelN.P. van Wyk LouwKompasRefentse MorakeRenier van RooyenDuitsersAmber HeardPubiese hareRolprentKoos BekkerGlenys LynneLuidsprekerRome2023 Gaboenese staatsgreepVlag van EuropaMillennium-stadionDulcie van den BerghVerkoueKwaZulu-NatalGeskiedenis (vakgebied)Nederduitsch Hervormde KerkThys die BosveldklongMin ShawKanadese nasionale krieketspanLongAlkoholismeTaetse HamersmaSonsteekEmily HobhouseLys van politieke partye in Suid-AfrikaSinoniemMuishondZazakiAfrikaanse naguilNierversakingEmiraat DirijaAfkortingPalmagtigeIlya SutskeverEdmund HillaryAngina pectorisMenstruasieJesus van NasaretValéry Giscard d’EstaingPoleLys van Afrikaanse televisiereekseURIPotchefstroomGeoffrey HintonBela-BelaKrimpvarkieJoodse kalenderStefans GrovéSelfoonAntieke RomeKoringMetafoorJulius MalemaLourierboomJo BlackAstanaSeksuele opwekkingKwartêrVoorhuidAlexander StrachanVaginale kankerPenisDirigentAspergersindroomPalmsondag🡆 More