Jan Železný

Jan Železný (gebore 16 Junie 1966) is 'n Tsjeggiese voormalige baan- en veldatleet wat aan die spiesgooi deelgeneem het.

Hy is 'n Wêreld- en Olimpiese kampioen en hou die wêreldrekord met 'n gooi van 98.48 meter. Hy word wyd beskou as die beste spiesgooier van die moderne era en hou ook die vierde, vyfde en sesde beste vertonings van alle tye. Hy het die wêreldrekord altesaam vier keer verbeter.

Jan Železný
Jan Zelenzny in 2015.

Biografie

Železný is in Mladá Boleslav, Tsjeggo-Slowakye, gebore. Hy het die silwermedalje by die 1988 Olimpiese Spele en die goue medalje by die 1992, 1996 en 2000 Olimpiese Somerspeles gewen. Daarbenewens wen hy die Wêreldkampioenskappe in 1993, 1995 en 2001.

Železný hou die wêreldrekord van 98,48 meter, wat in 1996 opgestel is, en die Wêreldkampioenskaprekord van 92,80 meter, in 2001 opgestel.

Op 26 Maart 1997 in Stellenbosch, Suid-Afrika, het hy vyf keer op dieselfde byeenkoms oor die 90 meter ver gegooi. Tot September 2020 was hy ook die enigste atleet wat meer as 95 meter met die nuwe soort spies gegooi het, iets wat hy drie keer behaal het.

Gedurende sy loopbaan het Železný grootliks meegeding teen atlete soos Steve Backley, Sergey Makarov, Boris Henry, Seppo Räty, Raymond Hecht en Aki Parviainen.

Železný het beplan om uit te tree na die 2006 Europese Kampioenskappe in Götenburg, waar hy die bronsmedalje gewen het met 'n gooi van 85,92 meter. Op 19 September 2006 neem hy afskeid van sy loopbaan met 'n laaste vertoning in Mladá Boleslav, die plek waar hy met atletiek begin het.

Železný rig Vítězslav Veselý af en is die voormalige afrigter van Barbora Špotáková.

Verwysings

Tags:

AtletiekOlimpiese SpeleSpiesgooiTsjeggië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DieregeluideKruisigingAlcatraz-eilandKolorektale kankerEtihad AirwaysGeskiedenis (vakgebied)Wit-DonderdagGuillain-Barré-sindroomLemnosPenisTongaEuropaNoorweëDuitsersMachu PicchuGoogle Translate2018 Brasiliaanse Grand PrixIndonesiëSkaapRicus NelSelEnsiklopedieGroot TrekLys van Joodse feeste en herdenkingsVersamelnaamKatalaanse WikipediaPaaseierLuidsprekerGoeie VrydagKolitisBratislavaSeksuele opwekkingSlag van die Goue SporeDuitse maselsPous LinusSint-LaurensrivierBiotegnologieKwaZulu-NatalMadison IvyDominikaChristiaan VI van DenemarkeMenstruasieTafelbergVlag van die Verenigde KoninkrykVermaakRolprentIranCecilia Payne-GaposchkinVanuatuVoortrekkermonumentHillary Anne MatthewsIndianeOrthopteraMensEkonomie van Suid-AfrikaKrieketSally EsterhuizenWoestynAstanaMenslike skeletDaggaWorsie VisserJan van RiebeeckLiefdePhilip GlassSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Republiek ChinaWêreld- Ekonomiese ForumPotchefstroomHartversakingNoordwes-UniversiteitWes-GhatsSeksuele penetrasieTurkyeWes-SamoaRoebelLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaAlexander Strachan🡆 More