Jaco Du Plessis: Afrikaanse sanger

Jaco du Plessis of Jay soos hy bekend staan, is 'n Afrikaanse sanger.

Hy is op 11 September 1977 gebore in Sasolburg en het gematrikuleer aan Hoërskool Aliwal-Noord. Na skool het hy by die lugmag aangesluit en was ook deel van die Kannaries-sanggroep. Hierna het hy musiekteater betree en was in verskeie verhoogproduksies betrokke. Hy en sy vrou het vier seuns, Aiden, Samuel, Luka en Jamie.

Jay
GeboortenaamJan Jacobus Johannes du Plessis
Ook bekend asJay
Gebore11 September 1977 (1977-09-11) (46 jaar oud)
Sasolburg, Suid-Afrika
Beroep(e)Sanger
InstrumenteStem
Jare aktief1999 - nou
EtiketteColeske Artists
AssosiasiesEden
Webwerfwww.coproductions.co.za

In 2001 wen hy die ATKV Crescendo-kompetisie saam met Joe Niemand. Die album wat hieruit volg is vir twee GMT-toekennings benoem, waarvan hulle die toekenning vir Beste Pop Album ontvang het. Hy was ook deel van die seun-sanggroep Eden gewees, waarna hy 'n solo sangloopbaan begin het. Sy debuut soloalbum, SOLO, het reeds platinumstatus verbygesteek en is bekroon met twee Huisgenoot Tempo-toekennings: Beste Pop Album en Liedjie van die Jaar vir Melanie asook twee SAMA-nominasies.

Diskografie

  • Point of No Return (2003) (met Eden)
  • Eden (2006) (met Eden)
  • Knieë Lam (2008) (met Eden)
  • Dekade (2009) (met Eden)
  • Solo (2010)
  • Bonnie en Clyde (2012) (met Lianie May)
  • #Dis Hoe Ons Rol (2013)
  • Nooit Oud Raak Nie (2014) (met Eden)
  • Vir Liefde (2016) (met Lianie May)
  • So Lank Sal Ek Jou Liefhê (2017)

Filmografie

Televisie

Jay en sy gesin was deel van realiteitsreeks, Jay & die Boys, waarin sy vrou, Mia, hom en sy vier seuns uitgedaag het om doen-dit-self-take in en om die huis aan te pak.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Jaco Du Plessis DiskografieJaco Du Plessis FilmografieJaco Du Plessis TelevisieJaco Du Plessis Sien ookJaco Du Plessis VerwysingsJaco Du Plessis Eksterne skakelsJaco Du Plessis11 September1977AfrikaansAliwal-NoordLugmagSasolburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Seksuele penetrasieVigsGrondwetRenosterTydBybelBerghaanKarooSeisoenChatGPTKrapKangaroeMeeueAarde se atmosfeerLeonardo da VinciWaterMagsverheffingLatynLys van Suid-Afrikaanse musikanteHemelvaartGeallieerdes van die Tweede WêreldoorlogBakterieReënNarsistiese persoonlikheidsteuringKerngeneeskundeVersamelnaamHartversakingGawes van die Heilige GeesLys van hoofstedeBTWYsterLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaDroomSuid-Afrikaanse ReserwebankPornhubSout (chemiese stof)SweedsTweede WêreldoorlogYslandGoudHoofstadSilwerSkarlakenkoorsVlinderLugbesoedelingBorskankerVaginaAngina pectorisDigtheidSwart nasionalismeAardbewingEk is 'n Afrikaan (toespraak)InligtingDie ontstaan van die dramaGroepsdrukBynierFinale OplossingHeks van HexrivierUniegebouStedelike hitte-eilandSwangerskapMandalaPornografieSeksismeTaalMidde-OosteAfrikanersDuitsJan-Willem BreureAtoomRob HersovBronadresSamestellingMynbou🡆 More