Izak Coetzee (*12 Mei 1905, Steynsburg–† 14 September 1980, Ladybrand) was ’n Afrikaanse joernalis en skrywer.
Izak Jan Hendrik Coetzee is op 12 Mei 1905 op Steynsburg gebore. Op driejarige ouderdom trek hy saam met sy ouers per ossewa Vrystaat toe en na baie rondswerf gaan bly hulle in 1914 op Ladybrand in die Oos-Vrystaat. Hier ontvang hy sy skoolopleiding. Na skool begin hy op die dorp werk deur korrespondensie, vertaling en lees van drukproewe te doen. By ’n plaaslike weekblad behartig hy vir ’n tyd lank ’n gereelde rubriek onder ’n skuilnaam "Katzenellenbogen" (waarin gesiene inwoners van die dorp gehekel word) en hy skryf ook verskeie radiosketse wat sedert 1936 landwyd uitgesaai word. Hy skryf ook sketse wat onder andere in Die Vaderland en Die Suiderstem geplaas word. Hy bekommer hom oor die tekort aan gehalte Afrikaanse leesstof vir die ontspanningsmark en is dan medestigter van Vaslek (Vereniging van Afrikaanse Skrywers en Lesers vir Kultuurbevordering), waarvoor hy ook as sekretaris optree. Hulle het ’n keurkomitee wat goeie ontspanningsleesstof aanbeveel deur middel van hulle mondstuk Brug.
Op skool publiseer die Ladybrandse skoolblad ’n bydrae van hom oor die Kruistogte. Van sy radiosketse word later as toneelstukkies verwerk en as Droomwolke en Kom-help-my-druppels gepubliseer. Hierdie toneelstukkies is weinig meer as anekdotes, waar die insident en beskrywing daarvan voorrang geniet en daar weinig sprake is van karakteruitbeelding.
Jaar | Publikasies |
---|---|
1938 | Droomwolke en Kom-help-my-druppels |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Izak Coetzee, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.