Imidasool: Chemiese verbinding

Die naam Imidasool is in 1887 geskep deur die Duitse chemikus Arthur Rudolf Hantzsch (1857–1935).

Imidasool is 'n heterosikliese aromatiese verbinding met die chemiese formule C3H4N2. Dit word geklassifiseer as 'n diasool en het nie-aangrensende stikstofatome.

Eienskappe

Algemeen

Naam Imidasool 
IUSTC-naam 1,3-diasa-2,4-siklopentadieen
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Imidasool: Chemiese verbinding
Chemiese formule C3H4N2
Molêre massa 68,08 g/mol
CAS-nommer 288-32-4  
Voorkoms Vastestof
Fasegedrag
Smeltpunt 90 °C
Kookpunt 256 °C
Digtheid 1,23 g/cm3, solied
Oplosbaarheid opl. in koue water

Suur-basis eienskappe

pKa 6,95 (vir die gekonjugeerde suur)

Veiligheid

Flitspunt 145 °C 
LD50 220 mg/kg (rot; oraal, akuut)

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Imidasool: Chemiese verbinding Chemie
Imidasool: Chemiese verbinding
Imidasool

Imidasool is 'n wit of kleurlose vaste stof wat in water oplosbaar is en het matige basiese eienskappe. Die stof word soms in die pH-gebied van 6,2-7,8 as buffer gebruik.

Baie natuurlike produkte, veral alkaloïede, bevat die imidasoolring. Hierdie imidasole deel die 1,3-C3N2-ring, maar het verskillende substituente. Hierdie ringstelsel is teenwoordig in belangrike biologiese boustene, soos histidien en die verwante hormoon histamien. Baie medisyne bevat 'n imidasoolring, soos sekere swamdodende middels, die stikstof-imidasool-reeks antibiotika en die kalmeermiddel "midazolam".

As dit met 'n pirimidienring versmelt word vorm dit 'n purien, wat die mees natuurlik voorkomend stikstofbevattende heterosiklus is.

Struktuur en eienskappe

Imidasool is 'n eenvlakkige, 5-ledige ring. Dit bestaan uit twee ekwivalente tautomeriese vorme, omdat waterstof aan die een of die ander stikstofatoom gebind kan word. Imidasool is 'n sterk polêre verbinding, soos blyk uit sy elektriese dipoolmoment van 3,67 D. Dit is baie oplosbaar in water. Die verbinding word as aromaties geklassifiseer vanweë die teenwoordigheid van 'n vlak ring wat 6 π-elektrone bevat ('n paar elektrone van die geprotoneerde stikstofatoom en een uit elk van die oorblywende vier atome van die ring). Hier volg 'n paar resonansiestrukture van imidasool:

Imidasool: Chemiese verbinding 

Imidasool is amfoteries. Dit wil sê, dit kan funksioneer as 'n suur en as 'n basis. As suur is die pKa van imidasool 14,5, wat dit minder suur maak as Karboksielsure, fenole en imiede, maar effens meer suur as alkohole. Die suurproton is die een wat aan stikstof gebind is. Deprotonasie gee die imidasool-anioon, wat simmetries is.

As 'n basis is die pKa van die gekonjugeerde suur (aangehaal as pKBH+ om verwarring tussen die twee te voorkom) ongeveer 7, wat imidasool ongeveer sestig keer meer basies maak as piridien. Die basiese gedeelte is die stikstof met die alleenpaar (en nie gebonde aan waterstof nie). Protonasie gee die imidasolium-katioon, wat ook simmetries is.

Toepassings

Imidasool: Chemiese verbinding 
Histidien, met imidasool-groep links

Imidasool vind ook biochemiese aanwending in geïmmobiliseerde metaalioonaffiniteitschromatografie (IMAC), 'n chromatografie-tipe wat gebruik word vir die suiwering van proteïene wat met die aminosuur histidien gemerk is. In IMAC veranker hierdie groep die proteïen op die nikkelatome van die chromatografiese kolom. 'n Oplossing van imidasool word gebruik om die proteïen van die kolom los te spoel.

Verwysings

Tags:

Aromatiese verbindingChemiese formuleStikstof

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Johann RossouwPanama-dokumentePinksterAfrikaansSkisofrenieHillary Anne MatthewsVergelykings (taalkunde)Pythagoras se stellingColombiaBatik AirKompasBrandmondsindroomKongo-krisisAppelblaarDierewelsynIan GoodfellowSonSonsverduisteringOnse VaderKoorsKarretjiemenseLikkewaanGabriëlGroot TrekRicus NelHeidelberg, GautengBobby AngelBulgaryeMielieSeksposisieSlag van BloedrivierVoorhuidLys van vissePort SaidBruin huisslangAnusPous Stefanus IIIJudeaAstronoomChester A. ArthurSannie Uys (skrywer)Vaginale kankerJavaScriptPiet ByleveldAfkortingSaoedi-ArabiëLiesbreukNiersteenDoziWitbloedselLys van Griekse mitologiese figureAardklopSteve HofmeyrLongBolsjewisHannes van WykOraniaSelfieNG gemeente MoreletaparkSias ReineckeKanadese nasionale krieketspanInterlingueOssewabrandwagJemenVSA dollarArgeologieIdioomChristendomKleinkolmuskeljaatkatKrieket2024 Japannese Grand PrixTandbederfAkira ToriyamaSlang2023 Gaboenese staatsgreepDermpoliepKleurDonkie🡆 More