Ilya Kaler

Ilya Kaler (gebore op 2 Junie 1963) is 'n Russies-gebore violis.

Hy is gebore in en opgevoed in Moskou, en is die enigste persoon om Goue medaljes te gewen het by al drie van die mees luisterryke internasionale kompetisie te wete die Internasionale Tsjaikofski Kompetisie (Moskou, 1986); die Sibelius Kompetisie (Helsinki, 1985); en die Paganini Kompetisie (Genua, 1981).

Ilya Kaler
Gebore2 Junie 1963
GenresKlassiek
Beroep(e)Violis

Opvoeding

Hy is gebore in 'n gesin van orkestrale musikante, en het vanaf 'n vroeë ouderdom musikale talent getoon. By die Sentrale Musiekskool vir Baie Begaafde Kinders van die Moskou Konservatoria het hy onder Zinaida Gilels gestudeer. Hy het by die Konservatoria met sy studies voortgegaan saam met Leonid Kogan en Viktor Tretiakov, waar hy beide meesters- en doktorale grade verdien het en gegradueer het met die Goue Medalje Toekenning.

Hy het ook privaat gestudeer saam met Abram Shtern in Kijif en Los Angeles.

Loopbaan

Van 1996 tot 2001 was hy die konsertmeester van die Rochester Filharmoniese Orkes.

Hy het ook as solis opgetree saam met onderskeidelik die volgende musikale instansies: Leningrad Filharmoniese Orkes, Moskou Filharmoniese Orkes, Dresden Filharmoniese Orkes, Montreal Simfonieorkes, Deense Radio Simfonieorkes , Berlyn Radio Simfonieorkes, Moskou Kamerorkes , Zürich Kamerorkes , Boston Filharmoniese Orkes, Detroit Simfonieorkes, Baltimore Simfonieorkes, die Lansing en Seattle Simfonieorkeste en laastens by die Kennedy Sentrum in Washington D.C. in die Verenigde State.

Hy het ook toere onderneem in Duitsland, Ierland, Israel, Italië, Singapoer, Korea, Taiwan, Engeland, Venezuela en Japan.

Hy het in Japan saam met die Nuwe Japannese Filharmoniese Orkes, die Japannese-eeu Simfonieorkes en die Hiroshima Simfonieorkes gespeel. Hy is ook 'n aktiewe kamermusiekspeler en het reeds tydens talle somers opgetree by die Newport Musiekfees in Newport, Rhode Island. Sy solo resitasies het hom ook regoor die wêreld geneem, onder meer het hy opgetree in Europa, Skandinawië, Oos-Asië, en die voormalige Sowjetunie.

Kaler was 'n voormalige Professor van Vioolstudies by die Eastman Musiekskool in Rochester, New York, die Indiana Universiteit Musiekskool in Bloomington, Indiana, en die DePaul Universiteit Musiekskool in Chicago, Illinois.

Hy is tans Professor van Vioolstudies by die Cleveland Instituut van Musiek. Hy was op die beoordelingspaneel van verskeie vioolkompetisies rondom die wêreld insluitende die Internasionale Tsjaikofski Kompetisie.

Sedert 2007 het Kaler in beide in die konsertsaal en in die opname ateljee opgetree saam met die tjellis Amit Peled en pianis Alon Goldstein as die Tempest Trio.

Opnames

Kaler het reeds al verskeie opnames gemaak.

Die opnames wat die afgelope tien jaar vrygestel is sluit werke deur Eugène Ysaÿe, Bach, Brahms, Schumann, Sjostakowitsj, Glazoenof, Szymanowski, Antonín Dvořák, Paganini, Tsjaikofski en Messiaen in.

Sy solo CD, Ilya Kaler, violin was in 1995 genomineer vir die NAIRD Indie-toekenning in die solo klassieke kategorie.

Plate

Eksterne skakels


Verwysings

Tags:

Ilya Kaler OpvoedingIlya Kaler LoopbaanIlya Kaler OpnamesIlya Kaler PlateIlya Kaler Eksterne skakelsIlya Kaler VerwysingsIlya KalerGenuaHelsinkiMoskouRussiesViolis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BoelieryKrimpvarkieJavaScriptDialoog in fiksieWoordeboek van die Afrikaanse TaalAfleiding (taalkunde)PolisieNasionale VrouedagPoësieHernubare energieSterKunsmatige intelligensieWaterbesparing in Suid-AfrikaGeldKommunismeAnglisismeCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaHeuningbyVolksrepubliek ChinaOnbemande vliegtuigDigvormEnsiklopedieVerkleurmannetjieAfro-AmerikanersEugenetikaSpreeuJohnny RapidXhosaWetenskaplike klassifikasieSeksposisieSkarlakenkoorsMoskouKontinentKlimaatPubliekGeskiedenis van Suid-AfrikaSomerOmtrek, oppervlakte en volumePerdDonkieMonopoliePaasfeesRenosterKoerantWikiSendelingposisieEreksieErfenisdag (Suid-Afrika)SwawelNarkoseSuikersiekteBloukraanvoëlNierversakingVoortrekkermonumentDysselsdorpDermpoliepKlem-in-die-kaakAardedagKriekDierReënspinnekopPolitieke partyTsongaKewerKaapstadBruto binnelandse produkDundermDataverwerkingLandbouLeeuDie Gelofte7de LaanGreta ThunbergPrimêre sektor van die ekonomieBetonPriemgetal🡆 More