Die Hoofapostel is die hoogste amp in verskeie Christelike groepe, veral in sommige Apostoliese Kerke.
Die Hoofapostel is die hoogste amp in die Nuwe Apostoliese Kerk, en bestaan sedert 1896.
Die term was ingestel deur Friedrich Krebs en dit kan vergelyk word met die Roomse Katolieke siening van die senioriteit wat die Apostel Petrus gehad het onder die Apostels. Volgens die Nuwe Apostoliese Kerk was Petrus die eerste Hoofapostel.
Voormalige Hoofapostels:
Naam | Gebore-Sterf | Geboorte Plek | Plek waar Oorlede | Verantwoordelikheid |
Friedrich Krebs | 1832–1905 | Elend (Harz) (Duitsland) | Braunschweig (Duitsland) | 1895–1905 |
Hermann Niehaus | 1848–1932 | Steinhagen (Duitsland) | Quelle (Duitsland) | 1905–1930 |
Johann Gottfried Bischoff | 1871–1960 | Unter-Mossau (Duitsland) | Karlsruhe (Duitsland) | 1930–1960 |
Walter Schmidt | 1891–1981 | Neuemühle (Duitsland) | Dortmund (Duitsland) | 1960–1975 |
Ernst Streckeisen | 1905–1978 | St. Gallen (Switserland) | Kaapstad (Suid-Afrika) | 1975–1978 |
Hans Urwyler | 1925–1994 | Spiegel (Switserland) | Bern (Switserland) | 1978–1988 |
Richard Fehr | 1938 - | Flaach (Switserland) | -- | 1988–2005 |
Wilhelm Leber | 1947 - | Herford (Duitsland) | -- | 2005 - |
Die Hoofapostel lei die Nuwe Apostoliese Kerk. Die Hoofapostel is die hoogste gesag ten opsigte van geloof. Tesame met die Distriksapostels bepaal hy die beleid van die kerk.
Die Hoofapostel kan nuwe Apostels verordineer of ontslaan.
In 1978 breek 'n groepie volgelinge onder Pakhati weg vanaf die Ou Apostoliese Kerk en stig the Twelve Apostles Church in Christ. Pakhati neem die amp van Hoofapostel aan. Na Pakhati se dood in 1994 word Dr. Caesar Nongqunga die Hoofapostel en President van die TACC.
In die TACC is die Hoofapostel in beheer van die kerk en word hy bygestaan deur die raad van 12 Apostels, waarvan hy deel is.
Die leerstelling van die Hoofapostels is gegrond op Matteus 16: 18.
En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
Matteus 16: 18
Volgens die Nuwe Apostoliese Kerk, en die Twelve Apostels Church in Christ het Jesus Christus in hierdie teks Petrus aangestel as die eerste Hoofapostel.
Kritici is oortuig dat die amp van Hoofapostel nie in die Katoliek Apostoliese Kerk bestaan het nie. Volgens Van der Vyver het die amp eers tot stand gekom in 1896 toe Friedrich Krebs dit vir die eerste keer beklee het.
Van Der Vyver noem ook vyf punte aan waarom die Hoofapostel nie in die Bybel genoem word nie
Verskeie skeurings het ook ontstaan met die totstandkoming van die Hoofapostel amp in die Nuwe Apostoliese Kerk, waarvan Carl George Klibbe in Suid-Afrika weggebreek het en die Ou Apostoliese Kerk gestig het. Klibbe was glad nie gelukkig met die persoonlikheidskultus wat ontstaan het rondom die amp van hoofapostel nie.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Hoofapostel, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.