Die Ou Apostoliese Kerk en Nuwe Apostoliese Kerk, is Christelike kerke wat in die algemeen as Apostolies bekend staan.
Hierdie kerke het ontstaan uit die Katoliek Apostoliese Kerk uit wat weer ontstaan het uit die Albury Konverensies uit wat in die 1820’s onder leiding van Henry Drummond plaasgevind het.
Daar word ook na hierdie groep kerke verwys as Irvingisme, en moet glad nie verwar word met die Apostoliese Geloofsending of die Nuwe Apostoliese Reformasie, of die Afrika Tradisionele Kerke nie, wat ook die naam Apostolies in hul naam dra. Die eersgenoemde Apostoliese kerke word nie onder Protestante kerke ingedeel nie, en moet as 'n aparte beweging in die Christendom, naamlik Irvinisme, gesien word.
Werner onderskei tussen die Apostoliese Geloofsending wat 'n Pinksterkerk is en die Apostoliese Kerke wat onder leiding van Apostels is. Van Staden gee ook die naam Apostoliese Kerke aan die groep.
Volgens die meerderheid Christelike kerke word die Apostoliese kerke nie as Christelike kerke beskou nie, en gebrandmerk as kultus of sekte.
In Suid-Afrika bestaan daar verskeie groepe, naamlik:
Die meerderheid Christelike gemeenskap beskou die Apostoliese Kerke nie as Christelike kerke nie.
Behalwe vir die Twelve Apostles Church in Christ wil nie een van die ander Apostoliese Kerke deel word van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke nie, en loods hulle ook 'n aggressiewe evangelisasieaksie teen lidmate van ander kerkgenootskappe. Dit het tot gevolg dat verskeie gemeentes aksies begin loods het om veral die vinnige groei van die Ou Apostoliese Kerk en die Nuwe Apostoliese Kerk teen te staan.
Reeds in die 1970's het verskeie publikasies verskyn veral uit die Apostoliese Geloofsending en die NG Kerk, wat daarop gemik was om lidmate te waarsku teen die Apostoliese Kerke. Onder hierdie publikasies was A.J. Van Staden se "Die Ou-Apostelsekte is op die dwaalweg" en F.W. Werner se "Die dwaling van die Apostelsekte". Meer onlangs het twee organisasies ontstaan wat gemik is op die bestryding van kultusse en sektes. Die Mobiele Evangelisasie Tent, wat die verspreiding van die Apostoliese Kerke probeer bekamp het onder nie-blankes, en Kulte Inligting en Evangelisasie Sentrum (KIES) wat deur middel van kampe en nuusbriewe inligting versprei het.
Kritici wat verbonde is aan KIES is Japie Grobler, ds. P.T. Venter en Francois Smit.
Kritiek wat uitgespreek word teen die Apostoliese Kerke deur KIES sluit in die bestaansreg van die Apostelamp, die wyse waarop die sakramente bedien word, die bediening van die sakramente aan die doderyk, die interpretasie van die Bybel, geloof, verlossing, en die siening van die hemel.
Die aanklag word ook gemaak dat die Apostoliese Kerke besig is met Psigiese beheer (mind control).
In 2003 stel Kittie Pienaar die boek "Die openbaring van die dwaalleer van die Ou Apostelkerk" vry. Die boek is eers verwelkom deur die Christelike gemeenskap, maar later gekritiseer vir sy onakkurate inligting deur Ou Apostoliese lidmate.
Verskeie kritici, waaronder Werner het daarop gewys dat die Apostoliese Kerke daartoe geneig is om Apostels in families te hou.
In die Nuwe Apostoliese Kerk is H.W. Schlaphoff deur sy seun F. Schlaphoff opgevolg. Die huidige Distriksapostel J.R. Kitching jr. is die opvolger van sy eie vader J.R Kitching. Distriksapostel N.E. Barnes se eie broer is ook 'n Apostel. Beide Distriksapostels A.J. Fernandes en H.H. Fernandes was broers.
In die Nuwe Apostoliese Kerk word die Apostels nie deur mede-Apostels benoem nie, maar deur die Hoofapostel. Dit is moeilik om te bepaal of familie enige insae het in die aanstelling.
In Duitsland het Hoofapostel J.G. Bischoff sy eie seun Friedrich Bischoff, die stigter van die Nuwe Apostoliese Kerk se drukkery, as Apostel aangestel.
In die Ou Apostoliese Kerk het Apostel Klibbe twee broers, C.F.W. Ninow (1872–1951) en E.F.W. Ninow (1892–1969) aangewys as sy opvolgers, tesame met W. Campbell (1883–1958). C.F.W. Ninow se seun H.H. Ninow (1920–1990) het later Apostel geword. Campbell se eie seun G.F. Campbell (1931) is ook later as Apostel verordineer.
In die geval van die Ou Apostoliese Kerk was beide H.H. Ninow en G.F. Campbell lank na hulle vaders oorlede is verordineer. Familie-insae blyk ook nie moontlik te wees nie. H.H. Ninow is in 1961 verordineer en G.F. Campbell in 1970.
Die aanklag van psigiese beheer (mind control) is gemaak deur lede van KIES. Grobler noem die volgende punte:
Apostoliese lidmate het weer die volgende teenkritiek.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Apostoliese Kerke, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.