Herbie en Spence was 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep wat uit die twee broers, Herbie en Spence van Zyl bestaan het.
Hulle het in die jare sewentig bekendheid verwerf met treffers soos Heidi, Ella, Die Wilgerboom daar by ou Potchefstroom en Marina, Marina, Marina. Hulle grootste treffer, Heidi was 'n Afrikaanse weergawe van die temaliejie van die gewilde TV-reeks wat ook op SAUK uitgesaai is.
Herbie en Spence | |
---|---|
Ook bekend as | Herbie & Spence |
Oorsprong | Suid-Afrika |
Genres | Ligte Afrikaans |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 1972–1981 |
Lede | Herbie van Zyl Spence van Zyl |
Herbie en Spence is uit 'n musikale gesin van veertien kinders gebore. Hulle begin hulle sangloopbaan in 1969 toe hulle aan 'n talentkompetisie vir LM-radio in Pretoria deelneem. 'n Platekontrak met RPM-platemaatskappy het kort daarna gevolg. Hulle treffer, Die Wilgerboom het in 1972 'n roemryke loopbaan in die Afrikaanse musiek ingelei. In 1978 is hulle, na 'n landswye meningspeiling, as die gewildste sanggroep in SA aangewys.
Spence is op 5 Februarie 2002 op vyftigjarige ouderdom na 'n epileptiese aanval in die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg oorlede. Herbie het later saam met 'n goeie vriend Andrè weer 'n cd gemaak, en daarna saam met Ampie Volschenk (Tony Knight) weer sy musiekloopbaan in volle swang voortgesit. Hulle het reeds twee albums opgeneem as Herbie & Tony, en reeds talle toekennings ook ingeoes.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Herbie en Spence, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.