Helsingin Sanomat: Dagblad in Finland

Helsingin Sanomat (afgelei van Fins Helsingin van Helsinki , sanomat nuus) is die grootste en invloedrykste dagblad in Finland met 'n daaglikse sirkulasie van sowat 400 000.

Die koerant word na raming deur meer as driekwart van die bevolking in die metropolitaanse gebied van Helsinki en 'n kwart van alle Finne gelees.

Helsingin Sanomat
Helsingin Sanomat: Dagblad in Finland
Beskrywing Dagblad
Uitgewery Sanoma News
Eerste uitgawe 16 November 1889 as Päivälehti
Verskyn Daagliks
Sirkulasie op werkdae 383 361 (Ø in 2010)
Sirkulasie op Sondae 435 152
Hoofredakteur Mikael Pentikäinen
Politieke standpunt Onpartydig
Taal Helsingin Sanomat: Dagblad in Finland Fins
Formaat Breëbladformaat
ISSN ISSN 0355-2047
Hoofkwartier Helsinki, Finland
Amptelike webtuiste http://www.hs.fi
Helsingin Sanomat: Dagblad in Finland
Helsingin Sanomat se hoofkantoor in Sanomatalo, Helsinki

Die meerderheid lesers het op Helsingin Sanomat ingeteken sodat dié dagblad die meeste intekenaars van alle koerante het wat in die Nordiese lande uitgegee word. Met enkele uitsonderings (byvoorbeeld op die dag na Vappa of na die Midsomerfees) verskyn Helsingin Sanomat daagliks, op Vrydae saam met die bylae Nyt ("Nou") oor kuns en vermaak. Daarnaas is 'n televisiegids in Nyt beskikbaar. Op die eerste Sondag van elke maand verskyn die bylae Kuukausiliite met nuus- en fotoverslae van hoogstaande gehalte.

Helsingin Sanomat beskou homself as 'n onpartydige en onafhanklike dagblad. Dit is in 1889 as Päivälehti ("Dagblad") in die Finse hoofstad gestig en verskyn sedert 1904 onder die huidige titel. Helsingin Sanomat is van oudsher 'n familiebedryf wat deur die Erkko-familie, bekende Finse mediamagnate, beheer word. Die dagblad maak deel uit van hulle mediamaatskappy Sanoma News wat ook Finland se grootste poniekoerant, Ilta-Sanomat, uitgee.

Eksterne skakels

Tags:

FinlandFinneFinsHelsinkiKoerant

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Geskiedenis van die BoererepubliekeBorsklierGenetiese manipulasieMikroörganismeXLeon KrugerLys van landeMieliestronkVoorsetselStaalLaosMetaalVulvaSolly OzrovechGeldWaterbesoedelingGerard MoerdykVerenigde State van AmerikaPerineumEkonomieTogoVaginaKwosiëntKolitisVratEuroVoortplantingNetflixWoestynDundermDoelwitMarie AntoinetteHentaiFirefly54MusieksimboleParysNierLys van Suider-Afrikaanse soogdiereDieremishandelingBiljoenAlkoholismeProbleemoplossingSuid-Afrikaanse pondBreedtegraadKonsonantWalvisTab ThackerQRandy BooneTierboskatCatherine DeneuveMarie PentzIron ManMinki van der WesthuizenMicrosoftWerkloosheidJohannes HeestersAlbumNoordwesAppel (sanger)Danny TrejoSoortnaamNazi-DuitslandKorrupsiePragmatiek (taalkunde)Lauren LondonSeksuele penetrasieRusty SchwimmerZLekkerruikpeulAfleiding (taalkunde)LipblommeLys van eerste honderd NG gemeentes in Suid-AfrikaMiddelmisbruikPiet Byleveld🡆 More