Bae Systems Hawk

Die BAE Systems Hawk is 'n Britse enkelmotorige, straleraangedrewe gevorderde opleidingsvliegtuig.

Dit het die eerste keer op Dunsfold, Surrey, in 1974, as die Hawker Siddeley Hawk gevlieg, en daarna deur sy opvolgermaatskappye, British Aerospace asook BAE Systems. Dit word in 'n opleidingskapasiteit en as 'n laekoste vegvliegtuig gebruik.

Hawk
Bae Systems Hawk
'n Britse BAE Hawk T1 opleidingsvliegtuig
Tipe Opleidingsvliegtuig
Vervaardiger Hawker Siddeley (1974–1977)
British Aerospace (1977–1999)
BAE Systems
Nooiensvlug 21 Augustus 1974
Vrygestel 1976
Status In diens
Hoofgebruikers Britse Koninklike Lugmag
Indiese Lugmag
Finse Lugmag
Koninklike Australiese Lugmag
Vervaardig 1974-huidig
Aantal gebou 1 000+
Eenheidskoste £18 miljoen (2003)
Weergawes T-45 Goshawk

Operateurs van die Hawk sluit in die Britse Lugmag (Royal Air Force), veral die "Red Arrows" vertoonspan, en 'n groot aantal buitelandse militêre operateurs. Die Hawk is steeds in produksie in die Verenigde Koninkryk en onder lisensie in Indië deur Hindustan Aeronautics Limited (HAL) en meer as 900 Hawks is reeds aan 18 operateurs dwarsoor die wêreld verkoop.

Oorsese verkope

Finland

Bae Systems Hawk 
'n Finse Lugmag Hawk in vlug, 2011

In Januarie 1978 het Brittanje en Finland aangekondig dat 'n ooreenkoms bereik is om 50 Hawk Mk. 51s aan die Finse Lugmag te verskaf in 1980; Hierdie vliegtuie word in Finland onder lisensie deur Valtion lentokonetehdas gebou. Die Finse Lugmag se operasies was beperk tot 60 eerste-linie vegvliegtuie deur die Vredesverdrag van Parys in 1947. Deur die verkryging van die Hawks, wat as opleiers eerder as vegters gereken is, kon kapasiteit verhoog word sonder om die verdrag te verbreek. Hierdie verdrag is egter nietig verklaar met die verbrokkeling van die Sowjetunie.

Sewe bykomende Mk. 51As is in 1993-1994 afgelewer om te vergoed vir sommige verliese. In Junie 2007 het Finland 18 gebruikte Hawk Mk. 66s van die Switserse Lugmag gekoop vir € 41 miljoen; hulle is afgelewer in 2009-2010. Die Finse Hawks is na berig gewapen met Russiese Molnija R-60/AA-8 lug-tot-lug missiele. Die Finse Lugmag se kunsvliegspan, die Midnight Hawks, gebruik ook die vliegtuig.

As gevolg van stygende vlakke van metaaltamheid, sal 41 uit 67 van Finland se totale Hawkvloot uit diens geneem word tussen 2012-2016; die oorblywende vliegtuie is jonger en daar word verwag dat hulle tot in die 2030's sal vlieg. In 2011 het Finse Mk. 51s en Mk. 66s opgraderings ondergaan, insluitend 'n nuwe Patria Cockpit 2000 "glaskajuit" en nuwe sagteware.

Indië

Bae Systems Hawk 
Twee BAE Systems Hawks van die Indiese Lugmag

Op 23 Februarie 2008 tree die Hawk Mk. 132 formeel in diens by die Indiese Lugmag (ILM), na een van die mees uitgerekte aankooptransaksies in Indië se geskiedenis. Twee dekades het verloop tussen die aanvanklike belangstelling en kontrakondertekening op 26 Maart 2004. Die ILM het 24 vliegtuie direk van BAE Systems ontvang met aflewerings wat in November 2007 'n aanvang geneem het, en 'n verdere 42 Hawks gemonteer deur Hindustan Aeronautics Limited (HAL) tussen 2008 en 2011.

In Februarie 2008 het Indië beplan om nog 57 Hawks te bestel, met 40 wat aan die Indiese Lugmag sou gaan en die oorblywende 17 aan die Indiese Vloot. In Julie 2010 is aangekondig dat die ILM en die Vloot die bykomende 57 vliegtuie sal ontvang. Die bykomende vliegtuie sou in Indië gebou word deur Hindustan Aeronautics, steeds onder lisensie van BAE. Op 10 Februarie 2011 het Hindustan Aeronautics Beperk en GE Aviation 'n kontrak onderteken ingevolge waarvan GE Aviation vir die volgende 30 jaar die onderhoud op Indië se Hawkvloot sal uitvoer . Die ILM was glo ontevrede met die voorsiening van ruilonderdele, en in Desember 2011 het BAE 'n kontrak ontvang om Indië te voorsien van onderdele en grondrugsteun.

Indonesië

Indonesië het beplan om sy lugvermoë te vergroot, en die eerste van verskeie bestellings is in April 1978 vir die Hawk geplaas. Die Indonesiese Lugmag het meer as 40 Hawks in die 1980's en 1990's ontvang; In Junie 1991 het BAe en Indonesian Aerospace (IPTN) 'n groot ooreenkoms onderteken vir samewerkende produksie van die Hawk, en meer bestellings vir die Hawk is verwag.

Die Hawks was die ruggraat van die Indonesiese Lugmag en het meer gevorderde en duur vliegtuie soos die F-16 Fighting Falcon aangevul. In September 2013 het die Indonesiese Lugmag die KAI T-50 Golden Eagle begin ontvang, om uiteindelik die Hawk in diens te vervang. In Februarie 2016 is aangekondig dat Indonesië se Hawk-vloot 'n nuwe radarwaarskuwing-ontvanger-selfverdedigingstelsel sou ontvang, wat die tipe se gebruik in ligte aanvaloperasies moontlik sou maak.

Irak

Gedurende die 1980's het die Britse regering die beplande verkoop van 63 Hawk opleidingsvliegtuie aan Irak oorweeg. Hoewel daar heelwat positiewe gevoel was, was die voorstel omstrede omrede Irak die Hawk in grondaanvalle teen hul naburige Iran kon aanwend en ook Irak se eie Koerdiese bevolking daarmee onderdruk; daar was ook kommer dat die Hawk potensieel met chemiese wapens bewapen kon word. Ná vele beraadslagings is die verkoopstransaksie egter afgekeur. In 2010 het Irak weer gesprekke met BAE aangeknoop vir die bestelling van tot 21 Hawks.

Saoedi-Arabië

Bae Systems Hawk 
'n Hawk van die Koninklike Saoedi Lugmag in 2011

Saoedi-Arabië het reëlings getref om die Hawk onder die Al-Yamamah wapentransaksie met Brittanje te verkry; 'n totaal van 50 Hawk Mk. 65/65A is verkry op twee bestellings in 1985 en 1994. In Augustus 2012 is 'n transaksie van ongeveer VS$ 800 miljoen vir 22 Hawk 'Gevorderde opleidingsvliegtuie' aangekondig, om die ouer modelle van die Hawk in die Koninklike Saoedi Lugmag te vervang. Die Saoedi's het ook 'n demonstrasiespan wat met Hawks vlieg. In Februarie 2016 het Saoedi-Arabië die aantal Hawk AJT-vliegtuie wat hy by BAE Systems bestel het, verdubbel, met 'n bestelling vir 'n verdere 22. Dit is in die maatskappy se voorlopige jaarverslag vir 2015 onthul; "Ons het 'n ooreenkoms met die Saoedi-kliënt bereik vir die verskaffing van 'n verdere 22 Hawk AJT-vliegtuie, gepaardgaande grondtoerusting en opleidingshulpmiddels vir die RSAF wat deel vorm van 'n verbetering van die Koninkryk se opleidingskapasiteit." Sodra in diens is, sal die Hawk AJT's die vervanging van die vroeëre Mk 65 en Mk 65A platforms voltooi. 22 van hierdie Hawks sal plaaslik in Saoedi-Arabië gemonteer word, waarvan die eerste in Maart 2019 voltooi is.

Bae Systems Hawk 
'n Hawk 120 LIFT van die Suid-Afrikaanse Lugmag

Suid-Afrika

In 1993 is gesprekke tussen BAE en Denel Aviation van Suid-Afrika begin oor 'n plaasvervanger vir die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) se verouderde Atlas Impala-vloot. Teen 2004 het Denel met die bou van die Hawks onder lisensie van BAE begin. Komponente is ook deur Denel vervaardig vir ander kliënte van die vliegtuig. Op 13 Januarie 2005 het die eerste plaaslikgemonteerde Hawk sy nooiensvlug onderneem. Dit was deel van 'n groep van 24 opleidingsvliegtuie wat deur die SALM bestel is.

Zimbabwe

Bae Systems Hawk 
RAF Hawk T1A van Britse No. 4 Vliegopleidingskool

In die 1980's is 12 BAE Hawk T.Mk. 60/60As aangekoop vir die Lugmag van Zimbabwe; die aankoop is ondersteun deur 'n £35 miljoen-lening van die Verenigde Koninkryk aan Zimbabwe. Die Hawk-transaksie het ook die oordrag van 'n aantal tweedehandse Hawker Hunters ingesluit. In Julie 1982 is minstens een Hawk op die grond vernietig en drie erg beskadig tydens 'n aanval van andersdenkendes op Thornhill Lugmagbasis, Gweru.

Zimbabwe se Hawks is gedurende die Tweede Kongo-oorlog gebruik. Talle lugaanvalle is ter ondersteuning van die Kongolese weermag uitgevoer teen Rwandese, Ugandese en rebellemagte in 1998-2000. In 2000 het die omstredenheid oor Zimbabwe se militêre ingryping in die Kongo, en sy swak menseregterekord, gelei tot Brittanje se instelling van 'n algehele wapenverbod teen dié land, insluitende onderdele vir die Hawk. As gevolg van die verbod, het Zimbabwe daarna ses Chinese Hongdu K-8s as plaasvervangers aangekoop.

Sien ook

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Bae Systems Hawk Oorsese verkopeBae Systems Hawk Sien ookBae Systems Hawk VerwysingsBae Systems HawkVegvliegtuig

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KolonialismeVoortrekkermonumentDonderstormSeksismeBevolkingMikro-ekonomieGNU/FDL-lisensieBywoordSelfstandige naamwoordRobert SobukweProstaatkankerJan de WetVigsNaboomDigvormSprokieRina HugoGenadedoodEnkelvoudige sinSwaweldioksiedVulvaJode in Suid-AfrikaPornografiese akteurLeeuBynierNelson MandelaBaarmoederLeon KrugerMiddeloorontstekingRugby, WarwickshireOranjerivierWikimedia-stigtingMenslike skeletChemiese verbindingGriepBlaaskankerAnale kankerAkkedisSonnestelselAprilGeelsugMiltVeeartsAlice MunroEugenetikaMiddelmisbruikLourensrivierLys van Suid-Afrikaanse musikanteWater (molekuul)EreksieDokterAlkoholismeXenofobiePêrelGrondsoorteMenslike penisgrootteEnsiklopedieRooikatSowjetunieBloeddrukAkademiaKlimaatAnilingusCarike KeuzenkampRenaissancePinksterAssonansieKaapstadse waterkrisis 2015-2018GodRob HersovNiemetaalCounter-Strike (videospeletjie)TafeltennisLys van konings van IsraelHoërskool OuteniquaToestand van materie🡆 More