Heather J. Zar

Heather J.

Zar is 'n Suid-Afrikaanse dokter en wetenskaplike wat spesialiseer in die versorging van kinders met respiratoriese siektes soos asma, tuberkulose en longontsteking.

Heather J. Zar
Alma mater
Vakgebied
  • Pediatrie
  • Pulmonologie
Instellings

Loopbaan en impak

Zar is die voorsitter van die Departement Pediatrie en Kindergesondheid aan die Universiteit van Kaapstad en dien ook as die President van die Pan-Afrika-torakale vereniging.

Haar werk oor MIV/VIGS-verwante longsiekte het gehelp om riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie en nasionale riglyne te verander. Zar het wêreldwyd aandag verdien met haar werk aan die gebruik van laekoste-herwinde plastiekbottels as asma-spasieerders, om kinders te help om asmamedikasie makliker in te asem. Sy is een van die leiers van 'n kohortstudie van ongeveer 1 000 kinders wat noukeurig opgevolg word om voorkomende strategieë vir kinderlongsiekte en ander kwale beter te verstaan en te ontwikkel. Robert Mellins, Emeritus Professor en voormalige Direkteur van die Pediatriese Pulmonêre Afdeling aan die Columbia Universiteit, en 'n voormalige president van die American Thoracic Society het gesê dat Zar "bygedra het tot ons begrip van die voorkoming, voorkoms, diagnose en behandeling van respiratoriese siektes en het ’n daadwerklike bydrae tot kindergesondheid gelewer.”

Sy is 'n lid van die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika en het meer as 300 wetenskaplike artikels gepubliseer.

Toekennings en eerbewyse

  • 2010 spesiale toekenning by die Internasionale Kongres van Pediatriese Pulmonologie ontvang vir "uitstaande leierskap en uitstekende diens aan kinders met die grootste behoefte"
  • American Thoracic Society-toekenning vir wêreldlonggesondheid 2014
  • L'Oréal-UNESCO For Women in Science-toekennings in 2018

Aantekeninge

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Heather J. Zar Loopbaan en impakHeather J. Zar Toekennings en eerbewyseHeather J. Zar AantekeningeHeather J. Zar VerwysingsHeather J. Zar Eksterne skakelsHeather J. ZarAsmaDokterLongontstekingTuberkulose

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Mikro-ekonomiePersoonlike voornaamwoordVlekvrye staalEnergie-ontwikkelingEuropaErfenisGodsdiensFossielbrandstofWinterMetafoorKlimaatveranderingMadison IvyChemiese verbindingKonjunktivitisLys van kinderspeletjiesBesoedelingImpakte van toerismeKoos du PlessisBosluisbytkoors25 AprilAustraliëKoolhidraatAfrikaansNedersettingAuschwitz-konsentrasiekampIsraelHerfsWikipediaRamsar-vleilande in Suid-AfrikaVoortrekkermonumentVrymesselaryStereotipeKriekHage GeingobVryheidsdagHoofkarakterWinnie Madikizela-MandelaGeskiedenis van erotiese afbeeldingsWet op NaturellengrondOorstromingWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaKommunismeSteve BikoAngina pectorisInflasieJodeOpenbare redevoeringAntjie SomersGroepsgebiedewetVars waterKoue OorlogNiemetaalOnderwys in Suid-AfrikaGoogleKasterolieBlourokkeEkostelselFotosinteseBerlynse MuurOlimpiese SomerspeleDemokrasieGeldVoornaamwoordSpecial Air ServiceTaalKoolstofMiddeloorontstekingNiersteenBeesvleisMetaalnywerheidMeningsverskil oor aardverwarmingOseaanbesoedelingTswanaDriedimensioneelAnorexia nervosaSikloon🡆 More