Gillian Anderson: Amerikaanse aktrise

Gillian Anderson (gebore 9 Augustus 1968) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger.

Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent The Last King of Scotland (2006) en in die televisiereekse The X-Files (1993) en The Fall (2013).

Gillian Anderson
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Gillian Leigh Anderson
Geboorte 9 Augustus 1968 (1968-08-09) (55 jaar oud)
Chicago, Illinois, Verenigde State
Nasionaliteit Amerikaner
Kinders 3
Beroep(e) Aktrise en vervaardiger
Aktiewe jare 1986–nou
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Biografie

Kort ná Anderson se geboorte het die gesin vir 15 maande na Puerto Rico verhuis en daarna na Londen. Nege jaar later het die Anderson-gesin teruggetrek na die Verenigde State. Anderson was 'n rebelse tiener wat op die punktoneel was, "body piercings" (lyfkuns) gedra het en haar hare in 'n verskeidenheid kleure gekleur het. Sy is eenkeer gearresteer omdat sy by haar hoërskool ingebreek het.

Haar ontdekking van teater was 'n keerpunt in haar lewe. Sy het oudisies vir amateurteater in haar tuisdorp (Grand Rapids, Michigan) afgelê en talentvol voorgekom. Toe sy haar roeping vind, het haar skoolprestasie aansienlik verbeter.

Nadat hy in 1986 gematrikuleer het, het Anderson vier jaar lank by die dramaskool van De Paul Universiteit in Chicago studeer. Sy het toe na New York verhuis om 'n loopbaan te begin. Sy het 'n rol gespeel in die Broadway-stuk Absent Friends (1991), waarvoor sy 'n teatertoekenning ontvang het en 'n jaar later speel sy in The Philanthropist (1992). Daarbenewens het sy bygedra tot 'n lae-begroting film getiteld The Turning (1992). Sy het toe na Los Angeles verhuis om 'n rolprentloopbaan te volg.

Anderson het dit moeilik gevind om in Los Angeles werk te kry en sy het verskeie oudisies deurgemaak wat op niks uitgeloop het nie. Sy het 'n gasrol in die reeks Class of 96 gekry, wat van korte duur was weens 'n gebrek aan sukses.

Haar groot deurbraak het gekom met die rol van die FBI-agent Dana Scully in die televisiereeks The X-Files (1993-2002). Hierdie wetenskapfiksiereeks het aanvanklik 'n kultusaanhang gehad, maar het later ook gewild geraak by 'n wye, internasionale gehoor.

Anderson het talle benoemings ontvang vir haar rol in The X-Files, insluitend "Screen Actors Guild Awards", 'n Emmy en 'n Golden Globe.

Filmografie

Rolprente

  • 1998: The X Files
  • 1998: Playing by Heart
  • 2000: The House of Mirth
  • 2005: The Mighty Celt
  • 2006: The Last King of Scotland
  • 2007: Closure
  • 2008: The X Files: I Want to Believe
  • 2009: Boogie Woogie
  • 2012: Shadow Dancer
  • 2012: Sister
  • 2013: I'll Follow You Down
  • 2014: Robot Overlords
  • 2014: National Theatre Live: A Streetcar Named Desire
  • 2015: The Widowmaker
  • 2016: Sold
  • 2016: Heroes Manufactured
  • 2017: Viceroy's House
  • 2018: UFO
  • 2019: The Sunlit Night

Televisiereekse

  • 1993: The X-Files
  • 1996: Future Fantastic
  • 1998: The Magic Hour
  • 2002: V Graham Norton
  • 2013: The Fall
  • 2013: Hannibal
  • 2014: Ronja, the Robber's Daughter
  • 2017: American Gods
  • 2019: Sex Education

Televisierolprente

  • 1996: Why Planes Go Down
  • 1996: Spies Above
  • 1999: Hollywood Salutes Jodie Foster: An American Cinematheque Tribute
  • 2000: The Ultimate Auction
  • 2003: Diva Graham Norton
  • 2005: 3rd Irish Film and Television Awards
  • 2012: Room on the Broom

Video's

  • 1997: Hal: Extremis
  • 1998: The Making of 'The X Files: Fight the Future'
  • 1998: The X Files - Fight the Future: Blooper Reel
  • 1999: The Cigarette Smoking Man Revealed
  • 1999: The Making of 'The Mighty'
  • 2004: The X Files: The Making of 'The Truth'
  • 2005: Threads of Mythology, Part 1
  • 2005: Threads of Mythology, Part 3
  • 2005: Threads of Mythology, Part 4
  • 2008: The X-Files: I Want to Believe - Gag Reel
  • 2008: Undercover Footage Shows Rabbits Screaming During Slaughter
  • 2015: Hannibal: Season Three - Getting the Old Scent Again: Re-imagining Red Dragon
  • 2016: 43:45 - The Makings of a Struggle
  • 2016: Season X
  • 2017: Behind the Scenes of 'Viceroy's House'

Eksterne skakels

Tags:

Gillian Anderson BiografieGillian Anderson FilmografieGillian Anderson Eksterne skakelsGillian AndersonVerenigde State

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Vars waterSarel Jacob PretoriusIronieSuid-AfrikaSkoolSokkerVolstruisDrinkwatervoorsieningTelkomGriepImpakte van toerismeNoordwesSeekoeiOmgewingskwessies in Suider-AfrikaOseaanbesoedelingAfrikaansKurt-Lee ArendseDigvormBeëdigde verklaringArendWikiArabies-Israeliese konflikOlimpiese SomerspeleTafelsoutWitbloedselKoerantSirkelInstagramGordelroosAppel (sanger)Wayde van NiekerkPinksterOnderwerp (taalkunde)Robert SobukweSean CombsKatoenDonkieSuid-Afrikaanse WeermagMagnetismeVolhoubare ontwikkelingMobutu Sese SekoSwartkwasmuishondBlaarSoogdierBreinkaartMaatskappyHoofletterNasionaal-SosialismeRudi ClaaseAborsieWêreldboekedagMenseregtedagSelfmoordBakterieWitrenosterHandré PollardAdolf HitlerXhosaMigrasie van voëlsBrandmondsindroomDermpoliepAfrikaanse taalleerVreesVersamelnaamFibonacci-reeksPaasfeesHomofoonBeaufortskaalPolisieAngolaGeografie van Suid-AfrikaDigtheidVlinderVryheidsdag🡆 More