'n Geslote myn is myn waar die delfstof ondergronds ontgin word.
Hierdie myne het, naas hul bogrondse bedrywighede, ook 'n ondergrondse komponent. Geslote myne word aangelê as die delfstof nie naby die oppervlak voorkom nie. Omdat geslote myne duurder is om te bedryf as oopgroefmyne, word geslote myne meestal slegs vir die delf van duursame stowwe (soos goud en platinum) gebruik.
Na die Industriële Revolusie is skagte van honderde meters diep en gangstelsels van verskeie kilometers lank aangelê. Die diepste myn in Suid-Afrika, die goudmyn TauTona by Carletonville, is ongeveer 4 km diep (een van die diepstes ter wêreld).
Skagte wat na benede loop word aangelê om toegang tot die ondergrondse terrein waar die ontginning plaasvind te verleen. Moderne mynskagte loop meestal vertikaal in die grond af, hoewel sekere skagte ook skuins teen 'n hoek kan afloop. Vanuit die skagte word die myn se ondergrondse gange (of horisontale skagte) gegrawe.
Hierdie skagte word gebruik om personeel, lug, water, elektrisiteit en toerusting na benede te vervoer. Om die proses te vergemaklik, word 'n toring met 'n kabelstelsel bokant die grond opgerig wat 'n hysbak in die skag kan laat afsak en weer ophys.
Hoe dieper daar onder die aarde gewerk word, hoe hoër styg die temperatuur. Die temperatuur kan maklik met tot 30° C of meer per kilometer styg. In Suid-Afrika styg dit egter met ongeveer 10° C per kilometer, wat diepmynbou vergemaklik.
Mense verkies om oopgroefmyne, eerder as geslote myne te bou. Skagte word slegs aangelê as die delfstof te diep of te ver uitgesprei (soos in 'n geologiese aar) is. Daar is verskeie redes hiervoor:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Geslote myn, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.