Voertuig Buffel: Suid-Afrikaanse infanteriemobiliteitsvoertuig

Die Buffel (Engels: Buffalo) is ‘n infanteriemobiliteitsvoertuig wat deur die Suid-Afrikaanse Weermag tydens die Suid-Afrikaanse Grensoorlog gebruik is.

Die Buffel is ook as 'n gepantserde gevegsvoertuig gebruik en het homself in hierdie rol bewys. Dit het die ouer Bedford RL-gebaseerde Hippo gepantserde troepedraer vervang en is self vervang deur die Mamba vanaf 1995 in Suid-Afrika, maar bly elders in gebruik, veral deur Sri Lanka.

Voertuig Buffel: Vervaardiging geskiedenis, Weergawes, Operateurs
Uitdiensgestelde Buffel in Gqeberha.

Vervaardiging geskiedenis

Voertuig Buffel: Vervaardiging geskiedenis, Weergawes, Operateurs 
Sri Lanka Polisie Spesiale Taakmag Unicorn

Die Buffel was die eerste werklik-doeltreffende landmynbeskermde gepantserde personeeldraer wat enige plek in diens geneem is. Die Suid-Afrikaanse Weermag het dit vanaf 1978 in die operasionele gebied begin ontplooi. Die Buffel was 'n verbetering bo die Bosvark wat min beskerming aan die bestuurder gebied het. In 1974 is 54 Mercedes-Benz Unimog 416-162-onderstelle inderhaas deur 61 Basis Werkplaas in Pretoria in Bosvarke omskep. Die Bosvark het beperkte landmynbeskerming aan die bemanning gebied, maar het daarvoor vergoed met goeie veldrymobiliteit. Na raming is sowat 2 400 Buffels afgelewer voordat produksie gestaak is. Sri Lanka het Buffels in die 1980's gekoop, en in die vroeë 1990's is die voertuig na Uganda uitgevoer.

Die Buffel was nie 'n geheel Suid-Afrikaans geboude voertuig nie, maar het gebruik gemaak van die onderstel, enjin en sommige ander komponente van die Mercedes-Benz U416-162 Unimog, wat toegerus was met 'n binnelands ontwerpte gepantserde bestuurder se kajuit en aparte gepantserde troepekompartement. Die kajuit was aan die linkerkant geleë met die enjinkompartement aan die regterkant. Later modelle het die oorspronklike Mercedes-Benz OM352-enjin vervang met kopieë wat onder lisensie deur Atlantis Diesel Engines-fabriek naby Kaapstad gebou is.

Landmynbeskerming is verskaf deur die V-vormige romp onder hierdie kompartemente, wat die ontploffing redelik effektief weggestuur het. Die troepekompartement het twee plastiektenks in die V onder die vloer bevat: 'n 200 liter brandstoftenk en 'n 100 liter watertenk. Die watertenk het drinkwater aan die insittendes verskaf deur middel van 'n kraan aan die agterkant van die voertuig. Dit was 'n algemene wanopvatting onder die troepe dat die massa van die water bygedra het tot die ontploffingsbeskerming.

Om te help om die energie van 'n myn te verminder, is die groot bande soms met water gevul, wat sowat 500 kg per wiel by die voertuigmassa gevoeg het.

Weergawes

Voertuig Buffel: Vervaardiging geskiedenis, Weergawes, Operateurs 
Buffel Mk IIA by die Gerotek-toetsterrein.

SA Leër-weergawes

  • Buffel - oorspronklik
  • Buffel Mk 1 - Verbeterde enjin en bosskerm/buffer
  • Buffel Mk 1B - Skyfremme vervang dromremme
  • Log Buffel - Logistiek/Vrag weergawe, 'n standaard Buffel met die sitpleksamestelling verwyder uit die troepekompartement
  • Buffel Mk IIA - In wese 'n herbou van vroeëre Mk 1's met 'n geslote troepekompartement, 'n agterste uitgangsdeur en groot koeëlvaste vensters aan die kante en agter. Na verwys as Moffel.
  • Buffel Mk IIB - Vragdraer. Die SA Weermag het in die vroeë 1980's 57 hiervan bestel. Loonvragkapasiteit aangegee as 2.637 ton.

SA Lugmag-weergawes

  • Voertuig Buffel: Vervaardiging geskiedenis, Weergawes, Operateurs 
    Rhino (links) en Bulldog (regs) van die Suid-Afrikaanse weermag, Lugmagbasis Swartkop.
    Bulldog - gebaseer op SAMIL 20-vragmotor met die bestuurderskajuit aan die regterkant. Die Bulldog is deur die SALM vir die patrollering van vliegvelde gebruik. 'n Variant genaamd die Ystervark is vervaardig en in die lugafweerrol gebruik.
  • Rhino - 'n Verdere ontwikkeling van die Bulldog maar met die bestuurder in 'n ten volle geslote troepekompartement. 20 is vir die SALM vervaardig.

Sri Lanka-weergawes

  • Unicorn - Sri Lanka Weermag het 'n weergawe van die oorspronklike Buffel vervaardig.
  • Unibuffel - Sri Lanka Weermag het 'n weergawe van die Mk I en Mk II met Tata en Leyland-enjin en 'n ingeslote troepekompartement vervaardig.

Operateurs

Huidige operateurs

  • Voertuig Buffel: Vervaardiging geskiedenis, Weergawes, Operateurs 
    Kaart met Buffel-operateurs in blou met voormalige operateurs in rooi
    Voertuig Buffel: Vervaardiging geskiedenis, Weergawes, Operateurs  Malawi: 1; Rhino weergawe.
  • Voertuig Buffel: Vervaardiging geskiedenis, Weergawes, Operateurs  Sri Lanka: 47; ander variante geproduseer as die Unicorn en Unibuffel.
  • Voertuig Buffel: Vervaardiging geskiedenis, Weergawes, Operateurs  Uganda: 55; 20 in diens by die weermag en 35 in diens by die nasionale polisie.
  • Voertuig Buffel: Vervaardiging geskiedenis, Weergawes, Operateurs  Verenigde Nasies ; United Nations Mission in South Sudan: 3
  • Voertuig Buffel: Vervaardiging geskiedenis, Weergawes, Operateurs  Zambië: 1; Rhino weergawe.
  • Voertuig Buffel: Vervaardiging geskiedenis, Weergawes, Operateurs  Verenigde Nasies ; United Nations Multidimensional Integrated Stabilization Mission in Mali; nege Unibuffels is na Mali ontplooi onder dringende operasionele vereistes vir vredesoperasies in Mali.

Voormalige operateurs

Operasionele gevegsgeskiedenis

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Voertuig Buffel Vervaardiging geskiedenisVoertuig Buffel WeergawesVoertuig Buffel OperateursVoertuig Buffel Operasionele gevegsgeskiedenisVoertuig Buffel VerwysingsVoertuig BuffelEngelsHippo gepantserde troepedraerMamba (voertuig)Sri LankaSuid-AfrikaSuid-Afrikaanse GrensoorlogSuid-Afrikaanse Weermag

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BiologieTekstielMensKookpuntHeupAnale seksHorlosieSkerpioenBywoordOlimpiese SomerspeleNoord-KaapSirkusTelevisieVergelykings (taalkunde)AlliterasieSteve BikoManie LibbokSirkelPampoentjiesKultuurPolisieOrrelDolfynSuikersiekteCleopatra VIIGrondsoorteNederlandSikloonNasionale VrouedagSuid-Afrikaanse GrensoorlogSuiwelprodukRenaissanceInentingGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaHarry PotterBreingewasLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsHeidelberg, GautengJode in Suid-AfrikaChristiaan BarnardLys van visseInternetNedersettingSpysverteringstelselMisdaadromanGroepsgebiedewetBeeldspraakBreinvliesontstekingKatJagluiperdEufemismeTweede WêreldoorlogTradisionele Afrika-medisyneWet op Verbod van Gemengde HuwelikeAfleiding (taalkunde)LandbouStikstofGemeenskapsorganisasieNatuurlike hulpbronFossielbrandstofTegnologieBloedsomloopstelselSkaapApostoliese GeloofsbelydenisTennisSwartrenosterKletsrymJuan Antonio VillacañasBokmakierieVersoeningsdagAardeVulvaMielieGamelanMahatma Gandhi🡆 More