François-René De Chateaubriand

François-René de Chateaubriand

Franse skrywer, politikus,
diplomaat en geskiedkundige



Gebore
4 September 1768
in Saint-Malo, Bretagne,
Frankryk


Oorlede
4 Julie 1848
in Parys, Frankryk


Literêre stroming
Romantiek


Bekende werke
Atala
Génie du christianisme
René
Mémoires d'Outre-Tombe

François-René, vicomte de Chateaubriand ([fʁɑ̃swa ʁəne də ʃatobʁijɑ̃]; * 4 September 1768, † 4 Julie 1848) was 'n Franse skrywer, politikus, diplomaat en geskiedkundige. Chateaubriand, wat in 'n ou adellike familie uit Bretagne gebore is, word as die grondlegger van die Romantiek in die Franse literatuur en as een van die voorste 19de eeuse skrywers in Frankryk beskou. Baie van sy romans en verhale speel in Noord-Amerika af en beeld die lewe en lotgevalle van Indiane uit, soos byvoorbeeld René, 'n werk wat deur Johann Wolfgang von Goethe se Die Leiden des jungen Werthers geïnspireer is.

Chateaubriand was 'n oortuigde monargis wat in 'n tyd, toe baie intellektueles hulle van die kerk afgewend het, met sy Génie du christianisme ("Die gees van die christendom", 1802) 'n werk geskryf het waarin hy die Rooms-Katolieke geloof verdedig. Vandag word egter sy outobiografiese Mémoires d'outre tombe ("Lewensherinneringe van anderkant die graf"), wat tussen 1848 en 1850 postuum gepubliseer is, as sy belangrikste werk beskou.

Verwysings

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VitamienVloeistofByvoeglike naamwoordDokterSharpeville-slagtingMaroela MediaHernubare energieRosa ParksHeupAgtergrond (narratief)KweekhuiseffekSpringbokkeSeksuele penetrasieFotosinteseBlack SashKatoenHerpes simplexKrokodilNag van die lang messeGroenteTradisionele Afrika-godsdiensOnse VaderVraag en aanbodKondensasieAnusMiddeloorontstekingParlement van Suid-AfrikaStollingsgesteenteMynbouBysteekDemi Lee MooreBybelHuisvliegJudaïsmeOplossing (chemie)BesproeiingNasiebouLugvaarttermePlae van EgipteOraniaVerkleinwoordStereotipeLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaMonumentBraaiJoodse kalenderImpakte van toerismeDoopDie Stem van Suid-AfrikaStampmieliesGeskiedenis van Suid-AfrikaBestuiwingProteïenGronddegradasieErektiele disfunksieMaselsJagluiperdIronieTelwoordPretoriaProteaSoortnaamFleetwood MacVerantwoordelikheidWoordeboekDeon MeyerLGordelroosBrandYsterDolfynSportPrivaat maatskappyArmoedeverligtingVerenigde KoninkrykVennootskapKatarakArmoedeWater (molekuul)🡆 More