Franciscus Cornelis Gerardus Maria (Frans) Timmermans (gebore op 6 Mei 1961 in Maastricht) is 'n Nederlandse politikus van die PvdA.
Hy was van 1 November 2014 tot 22 Augustus 2023 die eerste adjunk-president van die Europese Kommissie gewees in die kommissies Juncker en Von der Leyen.
Sedert November 2023 is hy die partyleier van die kombinasie PvdA-GroenLinks.
Loopbaan
Van 1980 tot 1985 studeer hy Frans aan die Radboud Universiteit van Nijmegen en van 1984 -'85 vervolg hy sy studies aan die Universiteit van Nancy in Europese Reg en Franse literatuur.
Van 1987 - 1990 is hy beleidmedewerker aan die Nederlandse Ministerie van Buitelandse Sake en '90-'93 werk hy as adjunk-sekretaris aan die Nederlandse ambassade in Moskou.
Hy keer na Den Haag terug en '93-'94 werk hy by die ministerie van ontwikkelingsamewerking as adjunk-hoof van die afdeling Europese sake.
Hierna begin sy Europese loopbaan: van 1994 - 1995 werk hy vir Hans van den Broek, die Nederlandse minister van buitelandse sake wat nou Europese Kommissaris geword het.
Van 1995 - 1998 werk hy vir Max van der Stoel wat die Hoë Kommissaris vir nasionale minderhede van die OSCE is.
Hy keer terug na die Nederlandse politiek en van 1998 - 2007 is hy lid van die Nederlandse Tweede Kamer vir die sosiaaldemokratiese party PvdA. Van 2007 tot 2010 dien hy as adjunk-minister van Europese sake in die Balkenende IV-kabinet en van 2012- 2014 as minister van buitelandse sake in die Rutte II-kabinet.
In 2014 word hy die eerste adjunktpresident van die Europese Kommissie Juncker. Sy werkgebied is verbetering van reëlgewing, die betrekkings tussen instellings, die regstaat en die handves van grondregte.
In 2019 word hy die Europese Kommissaris vir Klimaat en eerste adjunktpresident van die Kommissie Von der Leyen.
Sedert 6 Desember 2023 is hy die parlementêre leier van die kombinasie GroenLinks-PvdA in die Tweede Kamer.
Persoonlike besonderhede
Frans Timmersman is vir die tweede keer getroud en het vier kinders.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Frans Timmermans, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses. ®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.