Ertjies Bezuidenhout

Ernst Bezuidenhout (13 Oktober 1955, Vanderbijlpark - 29 Februarie 2012, Pretoria) was 'n bekende Suid-Afrikaanse fietsryer wat algemeen onder sy bynaam, Ertjies, bekend was.

Bekende fietsryer

Bezuidenhout het die Rapport Toer in 1984 gewen en het ook die Argus-fietswedren drie keer gewen in 1981, 1982 en 1986. Ertjies was 'n sterk klimmer en het die Koning van die Berge-titel verskeie kere gewen in die Rapport Toer. Ander bekende fietryers van sy era is Alan van Heerden en Robbie McIntosh.

Tydens sy studentejare aan die Potchefstroomse Universiteit (rondom 1976-1978) het hy baie hard geoefen aan fietsry. Op koshuis was dit vir hom geen moeite om op 'n Woensdagmiddag sy wasgoed per fiets van Potchefstroom na Vanderbijlpark, waar sy ouers gewoon het, te neem, en weer terug nie. Dit was vir hom dan net 'n kort oefensessie.

Hy het ook in die rolprent Geel Trui vir 'n Wenner verskyn.

Sterfte

Hy is skielik in sy middeljare oorlede nadat hy 'n lewensgevaarlike beroerte opgedoen het tydens 'n strawwe fietsrykompetisie in Februarie 2012. Ertjiesberg op die R500-hoofpad tussen Fochville en Parys is na hom vernoem; hy het gereeld hier geoefen.

Bronne

Tags:

13 Oktober1955201229 FebruarieFietsryPretoriaSuid-AfrikaVanderbijlpark

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Angina pectorisJudaïsmeAfrikaanse taalleerMeningsverskil oor aardverwarmingSelfieAardrykskundeAustraliëFabelNarkoseNic de JagerLeierskapNazi-DuitslandAssonansieKersfeesSteve HofmeyrKatoenSeksposisieCristiano RonaldoMiltGautengDuitsSuikersiekteVulkanismeGevolge van aardverwarming op oseaneAardverwarmingCarike KeuzenkampVlieënde HollanderWitbloedselSout (chemiese stof)BaljuDroogteDiepaartromboseKitaarSomerGrootste rampe in Suid-AfrikaDigvormFotosinteseSpringbokkeMobutu Sese SekoViëtnamoorlogTweede VryheidsoorlogJohann de LangeHaasPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVoegwoordWapen van Suid-AfrikaVergelykings (taalkunde)Suid-Afrikaanse GrensoorlogProteïenHorlosieBestaansboerderyEwenaarLys van veltoestandeNoord-KaapGeweldHindoeïsmeAlkoholismeSteenkool in Suid-AfrikaVioolIngrid JonkerGeldTsongaNasionale VrouemonumentPeriodieke tabelVeerBuffelYslandSebraBalletCorioliskragMusiekEllipstekenSelfmoordTydMonopolieLys van Afrikaanse televisiereeksePersentasie🡆 More