Elma Postma (6 September 1978) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise.
Postma is veral bekendheid vir haar rolle in Afrikaanse sepies, soos Dezi in 7de Laan (2000-2007) en Bea in Binneland (2011-2013). Sy maak haar rolprentdebuut in 2011 as Suster Suzaan in Superhelde. Sy was ook 'n aanbieder van Ontbytsake en Boer soek ‘n vrou op KykNET gewees.
Elma Postma | |
Geboorte | 6 September 1978 |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur |
Webwerf | elmapostma.com |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
As model was Postma in 2011 die gesig van Hannon-parfuum, met slagspreuk: Be Glam by Day and Be Glam by Night. Sy het al op die voorblad van verskeie tydskrifte, soos Huisgenoot, Sarie, Rooi Rose, Lig en Finesse gepryk.
Behalwe televisie het Postma ‘n passie vir die teater. Sy het al in verskeie produksies op kunstefeeste gespeel, onder andere Hartsondes in 2004 (onder regie van Henry Mylne), Haaks in 2005, Monsters in 2006 (saam met Chris Vorster; onder leiding van Pierre van Pletzen) en Hel op Hemel en Aarde (regie deur Vicky Davis) tydens KKNK 2011, asook Vaselinetjie (Henry Mylne) by Aardklop 2011.
Sy doen ook gereeld radiowerk en tree as gasspreker by funksies op.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Elma Postma, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.