Sarie

Sarie is 'n Afrikaanse vrouetydskrif wat maandeliks deur Media24, 'n filiaalmaatskappy van Naspers uitgegee word.

Die tydskrif se slagspreuk is My Inspirasie. Die redakteur is Michelle van Breda.

Sarie
Redakteur Michelle van Breda
Kategorieë Gesin- en vrouesake
Frekwensie Maandeliks
Uitgewer Media24
Eerste uitgawe 1949
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Namibië Namibië
Taal Afrikaans
Webwerf sarie.com

Ontstaan

Sarie se naam is aan die liedjie My Sarie Marais se titel ontleen. Die tydskrif het oorspronklik Sarie Marais geheet, 'n naam wat tydens die eerste uitgawe (6 Julie 1949) sinoniem was met die idee van maghebbende Afrikaanse vroulikheid. Dit was nie die eerste Afrikaanse tydskrif wat op die vrouemark gerig was nie, want Rooi Rose het reeds in 1942 die lig gesien onder leiding van Hendrikus Potgieter, beter bekend as die skrywer Mark Preston en Die Moderne Vrou, 'n publikasie van die Afrikaanse Pers Beperk, in 1936, maar dit het net sowat 'n jaar bestaan. Waarskynlik die vroegste voorbeeld van 'n Afrikaanse vrouetydskrif was Die Boerevrou, wat van Maart 1919 tot Desember 1931 verskyn het. Ook die Gereformeerde Vroueblad, opgerig in Junie 1946 onder leiding van Aletta du Plessis, is ouer as Sarie. Sarie se inhoud het uit die staanspoor gestrek van mode, skoonheid, huisdekor en kookkuns tot verhoudingsadvies en gesinsvoorligting.

Sarie en sy direkte mededinger, Rooi Rose, se sirkulasie was jare lank min of meer dieselfde, maar in die eerste kwartaal van 2016 het Sarie se sirkulasie teruggesak tot 75 844 en die tydskrif so sy plek onder die grootste 10 tydskrifte in Suid-Afrika gekos. In dieselfde tydperk was Rooi Rose se sirkulasie 90 689, die sesde meeste in die land. In die tweede kwartaal van 2016 het Rooi Rose teruggesak tot 63 704, vergeleke met Sarie se 71 124.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Sarie OntstaanSarie Sien ookSarie VerwysingsSarie Eksterne skakelsSarieAfrikaansMedia24NaspersTydskrif

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KonjunktivitisCarles PuigdemontRob HersovADonderstormSteve BikoOnse VaderTaalMenslike seksuele gedragTropiese sikloonLys van Joodse feeste en herdenkingsWes-KaapDulcie van den BerghLys van lande volgens bevolkingAfkortingGebande muishondDanie du ToitBruin huisslangOogproblemeRooibokEikelCarike KeuzenkampDramaOraniaOosters-Ortodokse KerkAntarktikaAntjie KrogSinoniemBybelKasteel die Goeie HoopJoodse kalenderVolkekundeAngina pectorisAbstraksie (rekenaarwetenskap)Anglo-BoereoorlogInhoudWikisourceJudaïsmeOrkney Snork NieVerenigde State van AmerikaKankerPersoonlikheidGewone drolpeerBloedsomloopstelselMielieDie Stem van Suid-AfrikaNatuurlike satelliete van kleinplaneteMeksikoLys van kinderspeletjiesKoggelmanderSteenkoolOntkiemingGetalStaat PalestinaLys van politieke partye in Suid-AfrikaPornhubAardbewingPlae van EgipteLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierLily CarterBrongitisGeurmiddelHoofpynBosluisWaarheid-en-versoeningskommissiePieter BiewengaVingerseksDissipel vir wie Jesus baie lief wasGalblaasBoeberRusland🡆 More