Eblaïties () is 'n uitgestorwe Semitiese taal wat in die 23ste eeu v.C.
in die antieke stad Ebla, by Tell Mardikh (Arabies: تل مرديخ) tussen Aleppo en Hama, in hedendaagse Sirië, gebruik is. Dit word bekend deur meer as 15 000 kleitablette wat in wigskrif geskryf is, wat in die 1970's in die ruïne van Ebla gevind is.
Eblaïties | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Sirië | |
Gebied: | Ebla | |
Totale sprekers: | Uitgesterf | |
Taalfamilie: | Afro-Asiaties Semities Oos-Semities Eblaïties | |
Skrifstelsel: | Wigskrif | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | xeb | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Eblaïties word deur taalkundiges beskou as verwant aan Akkadies. Dit word geglo dat Eblaïties baie min gepraat is, maar dit het as 'n geskrewe lingua franca gedien. Dit het Oos- en Wes-Semitiese taal-kenmerke.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Eblaïties, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.