Die duinmol is 'n knaagdier.
Die dier is nie verwant aan 'n mol nie. Die naaste verwantskap met 'n ander diergroep is met die ystervark. Die familie kom slegs voor in Afrika, suid van die Saharawoestyn. In Suider-Afrika is daar ses verskillende spesies, in drie genera.
Duinmolle | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | Hystricomorpha |
Infraorde: | Hystricognathi |
Parvorder: | Phiomorpha |
Familie: | Bathyergidae Waterhouse, 1841 |
Genera | |
|
'n Duinmol het klein ogies, en die ore is ook klein. Die pote en stert is kort. Die dier het enorme snytande wat uit die bek uithang.
Sien die verskillende spesies vir spesifieke verspreidingskaarte.
Die dier leef slegs ondergronds. Dit word selde bogronds gewaar.
Die duinmol se kloutjies en tande is aangepas om goed te kan grawe; die tande maak die grond los, en die pote skop die klonte grond weg. Van bogronds gewaar 'n mens niks van hulle gedrag nie. Die dier het slegs las van vyande wanneer dit naby aan die grondoppervlakte 'n hopie grond uitstoot. Slange, roofdiere en roofvoëls kan dit dan vang. Verder open so 'n grondhopie nie direk op die hooftonnelgebied van die duinmol nie, maar op 'n sytonnel. Tonnels om kos te soek word gegrawe wanneer die grond nat en sag is. Tydens die droë seisoen herskuif die dier baie grondmateriaal ondergronds en blokkeer groot gedeeltes van die tonnelsisteem waarin dit lewe.
Onbekend.
Die diersoort eet knolle en bolle wat dikwels dodelik gifitg is vir ander soogdiere.
Dit blyk of duinmol lank leef in die natuur, besonder lank in gevangenskap; en of die vrugbaarheid met ouderdom toeneem. (Sien ook Ou duinmolle stimuleer navorsing op veroudering)
Die hopies grond wat opgestoot word, is die enigste teken daarvan.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Duinmol, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.