Wiki Afrikaans 2023: Spesiaal:Soek
AFWiki Tiếng ViệtWiki English

Dewoitine D.520

From Wikipedia, the free encyclopedia

Die Dewoitine D.520 was 'n Franse enkelsitplek, eenmotorige vegvliegtuig wat deur die Armée de l'Air gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dié vliegtuig was by verre die Franse Lugmag se beste vliegtuig en produksie was op volle sterkte met die uitbreek van die oorlog. Van die vliegtuie was in diens toe Frankryk deur Nazi-Duitsland oorgeneem is. Die aktiewe vliegtuie het 147 Duitse vliegtuie afgeskiet; dit sluit Henschel 126'e, Messerschmitt Bf 109's, Messerschmitt Bf 110's en Heinkel He 111's in.

Dewoitine D.520
Dewoitine D.520 Le Bourget 02.JPG
'n Dewoitine D.520 wat bewaar word in die French Air and Space Museum
TipeVegvliegtuig
VervaardigerSNCAM / SNCASE
Nooiensvlug2 Oktober 1938
BekendstellingJanuarie 1940
Onttrek1953
StatusUit diens gestel
HoofgebruikersArmée de l'Air
Luftwaffe
Italiaanse Lugmag
Bulgaarse Lugmag
Aantal gebou900

Na die val van Frankryk het die Vichy-regering die Dewoitine D.520 met sukses ingespan teen die Geallieerdes tydens hulle landings in 1941 in Sirië en in Noord-Afrika in 1942. Produksie van die D.520 is volhou in die besette Frankryk en die vliegtuie is afgelewer aan die Luftwaffe asook Italië, Roemenië en Bulgarye. Die Luftwaffe het die vliegtuig ingespan as 'n vegteropleidingsvliegtuig. Al hierdie vliegtuie is weer deur die Franse Magte oorgeneem na die D-dag landings; die Duitse merke is oorgeverf en teen hulle gebruik in die suide van Frankryk. Die Franse Lugmag het die vliegtuig bedryf tot 1953.

Tegniese besonderhede

Besonderhede van die Dewoitine D.520:
ItemStatistiek
Aantal motore1
Tipe motorSkroef
VervaardigerHispano-Suiza 12Y-45 12-silinder, vloeistof verkoel
Kraglewering per motor850 perdekrag
Vlerkspan10,2 m
Lengte8,76 m
Hoogte2,57 m
Vlerkoppervlakte15,95 m2
Maks. opstygmassa2 790 kg
Maks. snelheid535 km/h
Operasionele hoogte10 250 m
Togafstand1 540 km
Klimvermoë4 000 m in 5 minute en 48 sekondes
BewapeningEen 20 mm kanon (vuur deur skroef)

vier 7,5 mm masjiengewere in vlerke.

Sien ook

Bron

Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 3.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
This article uses material from the Wikipedia article Dewoitine D.520, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply. (view authors).