Denzel Washington: Amerikaanse akteur

Denzel Hayes Washington jr.

Hy is bekend vir sy vertonings op die skerm en verhoog en is al beskryf as 'n akteur wat "die konsep van die klassieke rolprentster" herkonfigureer het. Hy is ook bekend vir sy gereelde samewerking met regisseurs Spike Lee, Antoine Fuqua en Tony Scott. Deur sy loopbaan wat oor vier dekades strek, het Washington talle toekennings ontvang. Hy het drie Golden Globes gewen, ’n Tony en twee Oscars: vir beste manlike byspeler in die historiese oorlogsdrama Glory (1989) en vir beste akteur in die misdaadriller Training Day (2001).

Denzel Washington
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Washington in 2000.

Geboortenaam Denzel Hayes Washington jr.
Geboorte 28 Desember 1954 (1954-12-28) (69 jaar oud)
Mount Vernon, New York Staat, Verenigde State
Nasionaliteit Amerikaans
Lewensmaat Pauletta Pearson
Kinders 4
Beroep(e) Akteur
Aktiewe jare 1975–nou
Toekennings Oscar
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Loopbaan

Washington het sedert die 1990's groot lof ontvang vir sy toneelspel, onder meer in rolle soos die Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis Steve Biko in Cry Freedom (1987), die menseregteaktivis Malcolm X in Malcolm X (1992), die bokser Rubin "Hurricane" Carter in The Hurricane (1999), die digter Melvin B. Tolson in The Great Debaters (2007) en die dwelmhandelaar Frank Lucas in American Gangster (2007). In 2016 was hy op die 73ste Golden Globe-toekenningsaand die ontvanger van die Cecil B. DeMille-prys vir sy lewenslange bydrae tot die vermaakbedryf.

Pryse en benoemings

Washington het al sowat 60 rolprentpryse gewen en is talle ander kere benoem. Van sy belangrikste pryse en benoemings is:

Oscars

Jaar Werk Kategorie Uitslag
1988 Cry Freedom Beste byspeler Benoem
1990 Glory Gewen
1993 Malcolm X Beste akteur Benoem
2000 The Hurricane Benoem
2002 Training Day Gewen
2013 Flight Benoem
2017 Fences Benoem
Beste rolprent (as vervaardiger) Benoem

Golden Globes

Jaar Werk Kategorie Uitslag
1988 Cry Freedom Beste akteur in ’n dramaprent Benoem
1990 Glory Beste byspeler in ’n rolprent Gewen
1993 Malcolm X Beste akteur in ’n dramaprent Benoem
1999 The Hurricane Gewen
2001 Training Day Benoem
2007 American Gangster Benoem
2013 Flight Benoem
2016 N.v.t. Cecil B. DeMille-prys Gewen
2017 Fences Beste akteur in ’n dramaprent Benoem
2018 Roman J. Israel, Esq. Benoem

Grammys

Jaar Werk Kategorie Uitslag
1996 John Henry Beste praatalbum vir kinders Benoem

Primetime Emmys

Jaar Werk Kategorie Uitslag
1995 Hank Aaron: Chasing the Dream Uitmuntende inligtingsreeks of -program (as vervaardiger) Benoem
2001 Half Past Autumn: The Life And Works Of Gordon Parks Uitmuntende dokumentêr of niefiksieprogram (as vervaardiger) Benoem

Screen Actors Guild Awards

Jaar Werk Kategorie Uitslag
2000 The Hurricane Uitmuntende spel deur ’n akteur in ’n hoofrol Benoem
2002 Training Day Benoem
2008 American Gangster Uitmuntende spel deur ’n span in ’n rolprent Benoem
2012 Flight Uitmuntende spel deur ’n akteur in ’n hoofrol Benoem
2016 Fences Gewen
Uitmuntende spel deur ’n span in ’n rolprent Benoem
2017 Roman J. Israel, Esq. Uitmuntende spel deur ’n akteur in ’n hoofrol Benoem

Verwysings

Tags:

Denzel Washington LoopbaanDenzel Washington Pryse en benoemingsDenzel Washington VerwysingsDenzel Washington195428 DesemberAmerikaGolden GlobeOscarSpike Lee

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BrandbergEuropaWebwerfAfrikanersPolisieBeaufortskaalEugenetikaKonjunktivitisGrondwetWaterkringloopJohan BadenhorstKolonoskopieGevolge van aardverwarming op oseaneKunselementeByung-Chul HanHannes van WykMetafoorCleopatra VIIVaginale kankerAfkortingSimboolOnderwysGoogleRenosterRugbyWêreldboekedagSelfoonKlavierErica BoyerKinderregteToerismeGeldVierde Industriële RevolusieSportMartin Luther King jr.NommertekenKhoikhoiSuurreënBakterieBreyten BreytenbachRooikatHerpes simplexPlantKlem-in-die-kaakSeksualiteitAsemhalingBorsD.J. OppermanKoorsblaarKoolhidraatJan van RiebeeckSwartbewussynsbewegingVreesHorlosieDiarreeIndustriële RevolusieSeekoeiBorsteHondKrapAfrikaanse woordelys en spelreëlsLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameCheslin KolbeVrouWolfLien se lankstaanskoeneYsterAngolese BurgeroorlogWoordGawes van die Heilige GeesStilleweEthiopiëSonDriedimensioneel🡆 More