Die genusnaam Cyathea is afgelei van die Griekskyatheion wat "klein beker" beteken en verwys na die bekervormige sori aan die onderkant van die vaarblaaie.
Die spesies van Cyathea is meestal terrestriële varings, gewoonlik met 'n enkele, lang stam. Die stam is selde vertak of kruipend. Baie spesies ontwikkel ook 'n veselagtige massa van wortels aan die basis van die stam.
Die genus het 'n pantropiese verspreiding met meer as 470 spesies. Hulle groei in habitatte van tropiese reënwoud tot matige woud.
Klassifikasie
Conant et al. kom in 1996 op grond van molekulêre chloroplast-DNS- en morfologiese bewyse tot die gevolgtrekking dat 'n stelsel van drie klades – Alsophila, Cyathea en Sphaeropteris – die akkuraatste weerspieëling van evolusionêre geslagslyne binne die Cyatheaceae was, met Alsophila die basaalste en Cyathea en Sphaeropteris afgeleide sustergroepe. In die klassifikasie van Pteridophyte Phylogeny Group van 2016 (PPG I) word hierdie as aparte genera aanvaar, naamlik Alsophila, Cyathea en Sphaeropteris.
Christenhusz, M.J.M. (2009). New combinations and an overview of Cyathea subg. Hymenophyllopsis (Cyatheaceae). Phytotaxa 1: 37–42.
Large, M.F. and J.E. Braggins (2004). Tree Ferns. Timber Press, Inc. ISBN 0-88192-630-2
Lehnert, M. (2006). New species and records of tree ferns (Cyatheaceae, Pteridophyta) in the northern Andes. Organisms, Diversity & Evolution 6: 321–322, electronic supplement 13: 1-11.
Lehnert, M. (2009). Three new species of scaly tree ferns (Cyathea-Cyatheaceae) from the northern Andes. Phytotaxa 2: 43–56.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Cyathea, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses. ®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.