Conny Braam

Cornelia Hendrika Helena (Conny) Braam (28 Februarie 1948, Arnhem) is 'n Nederlandse skryfster.

In 1971 was sy een van die stigters van die Anti-Apartheidsbeweging Nederland (AABN). Sy het sedert 1992 reeds verskeie romans gepubliseer.

Conny Braam
Conny Braam, 2002
Gebore28 Februarie 1948
Conny Braam
Braam en Mavivi Manzini (ANC) (1989)

Boeke

  • 1992: In hierdie jaar debuteer Conny Braam as skryfster met Operatie Vula: Nederlanders in het ondergrondse verzet tegen apartheid, 'n nie-fiksie boek oor haar ervaringe met betrekking tot haar anti-apartheidsaktiwiteite (onder die naam Operasie Vula) tussen 1986 en 1991 in Suid-Afrika.
  • 1993: De Bokkeslachter. 'Die verhaal van 'n Afrikanerseun - Berend Schuitema -, wat sy kwellende bande met sy vaderland nie kan verbreek nie.'
  • 1996: Zwavel. Die spanningsverhaal is vir die Gouden Strop-toekenning benoem. Conny beskryf hierin 'n vrou se soektog na 'n oorlogsmisdadiger wat verantwoordelik is vir die dood van haar oupa. In hierdie roman staan temas soos seksuele dominansie, verraad en samespanning sentraal. Die ondersoek van die jong vrou, wat werksaam is by die Amsterdamse moordbrigade, lei op sy beurt weer na Suid-Afrika.
  • 1998: Die bundel De Amazone van Dahomey bevat reisverhale wat afspeel in Nigerië, Zambië, Tanzanië, Ethiopië en Benin. Daar kom in bykans elke verhaal verwysings na Suid-Afrika voor.
  • 2000: De woede van Abraham. 'n Geskiedkundige roman wat afspeel aan die einde van die 19de eeu. Nicolaas Abraham moet aanskou hoe 'n kanaal (die Noordseekanaal) dwarsdeur sy geliefde dorpie Breesaap gegrawe word. Die mensonterende leef- en werksomstandighede van die arbeiders is afskuwelik en Abraham probeer hulle bystaan in hul stryd om oorlewing en bied ook aan om aan hulle gestorwenes menswaardige begrafnisse te gee. Dit is vir hom pynlik om te aanskou hoe sy mooi land verniel word. (eerste deel van die trilogie oor die familie Abraham uit IJmuiden)
  • 2002: De onweerstaanbare bastaard. Die tweede deel van die trilogie oor die Abrahamfamilie speel af tydens die Eerste Wêreldoorlog. Die titel verwys na IJmuiden, die “bastaard” van die “nette” Velsen. Die hawe is tydens die Eerste Wêreldoorlog, terwyl die Engelse pantserkruisers en Duitse duikbote 'n genadelose stryd voer, die strydtoneel van die oorlogvoerende lande. Die visekonsuls twis onder mekaar oor die kosbare vis. Vir vishandelaars en geluksoekers blyk die oorlog 'n goudmyn te wees. Wanneer honderde drosters en diensweieraars eweneens 'n heenkome daar soek, loop die spanning op die vissersdorp oor.
  • 2004: Het schandaal speel weereens in Velsen en IJmuiden af. Die laaste deel van die trilogie oor die Abrahamfamilie is 'n bloedstollende verhaal oor die onopgehelderde en onopgeloste onwettige regeringspraktyke van 1945. Die boek is gebaseer op twee aangeleenthede wat in die naoorlogse jare groot beroering gewek het; die "Pieter Menten-affêre" en die sogenaamde "Velser-affêre". Volgens Conny Braam behels die Velser-affêre dat die maghebbers reeds van voor 1940 tydens die Tweede Wêreldoorlog kommuniste en ander linkse opstokers uit die weg geruim het. Na die oorlog het niemand vir minstens 'n halwe eeu, uit angs vir vergelding, daaroor durf praat nie. Die hoofkarakter in Het schandaal, Susan, is geïnspireer deur die susters Freddie en Truus Oversteegen uit IJmuiden, wat hul saam met hul tydgenoot Jan Bonekamp in die versetgroep van Hannie Schaft bevind.
  • 2006 - Mandela op de koelkast.
  • 2007 - De Russische timmerman is 'n Satiriese verhaal met 'n paar skreeusnaakse oomblikke, maar ook met 'n ernstige ondertoon, wat handel oor 'n paranoïese man van om en by veertig jaar wat vanuit sy karavaan - in die agtertuin van sy moeder - die wêreld bewaak. Dit is losweg gebaseer op Braam se eie ervaringe met die BVD.
  • 2009 - De handelsreiziger van de Nederlandse Cocaïnefabriek. 'n Roman oor die belewenisse van die fiktiewe handelsreisiger Lucien Hirschland van die Nederlandsche Cocaïnefabriek, sy jonger suster Swaantje en die Engelse onderwyser en oorlogsinvalide Robin Ryder in die tyd voor, tydens en na die Eerste Wêreldoorlog en die jare tussen die twee wêreldoorloë.
  • 2010 - Het schandaal en de Velser Affaire. aangevulde uitgawe.
  • 2012 - Sjaco. 'n Geskiedkundige roman oor "de eerste echte volksheld van Nederland".
  • 2014 - Het beest van Kruger.
  • 2016 - Ik ben Hendrik Witbooi. (Roman) - vertaal deur Zandra Bezuidenhout onder die titel Ek is Hendrik Witbooi - uitgegee deur Protea Boekhuis.

Eksterne skakels

Bron

  • 'n Bespreking van Het schandaal in die Noord-Hollands Dagblad van 4 Mei 2004.

Verwysings


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal.

Tags:

Conny Braam BoekeConny Braam Eksterne skakelsConny Braam BronConny Braam VerwysingsConny Braam194828 FebruarieArnhemNederlandSkrywer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Piet BothaEvolusieBen Gurion Internasionale LughaweTaetse HamersmaJulius MalemaChristo WieseAardbewingOntwerpDieregeluideBetonAppendiksMusieksimboleLys van sterrewagkodesNew OrleansIan GoodfellowBostonOusmane SembèneSuid-Afrikaanse GrensoorlogZazakiMangelontstekingBatik AirWhitey BassonJada FireAntjie SomersKankerSteenkool in Suid-AfrikaOrale seksGianna MichaelsHertzogprysHoenderrasseGodsdiensBobby AngelThe SimpsonsWortelRugbywêreldbeker 2003Elim, LimpopoKoos du PlessisLiesbreukDansGeografie van Suid-AfrikaKunsmatige intelligensieSannie Uys (skrywer)AntoniemDirigentHermie HendriksSteve HofmeyrCarles PuigdemontKrimpvarkieIndiëOnse VaderKettinglynKameelperdAlgemene relatiwiteitSuiwelprodukKappie (skryfteken)Rugby AustraliaBybelThys die BosveldklongErns GrundlingKarpaletonnelsindroomDuitse maselsSonnestelselBinnelandersKwaZulu-NatalLys van kleureHitteruilerDouglas EngelbartXi JinpingSportShaivismeTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinSelfoonDemi Lee Moore🡆 More