Claude-Bénigne Balbastre (8 Desember 1724 – 9 Mei 1799) was 'n Franse komponis, orrelis, klavesimbelspeler en klavierspeler.
Hy was een van die bekendste musikante van sy tyd.
Claude Balbastre | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Gebore | 8 Desember 1724 |
Sterf | 9 Mei 1799 |
Genres | Klassiek, barok |
Beroep(e) | Komponis, orrelis, klavesimbelspeler, pianis |
Claude Balbastre was in 1724 in Dijon gebore. Alhoewel daar meningsverskille was oor sy presiese geboortedatum, het die ontdekking van sy dooprekord egter alle onsekerheid betreffende die datum uit die weg geruim.
Balbastre se vader, Bénigne, te wete 'n kerkorrelis in Dijon, het 18 kinders uit twee huwelike gehad; Claude was die 16de van die kinders. Drie van sy broers was ook Claude genoem. Hy het sy eerste musieklesse van sy vader ontvang, en toe 'n leerling van Claude Rameau, die jonger broer van Jean-Philippe Rameau - die bekendste Franse musikant van die era en ook 'n boorling van Dijon -; geword.
Balbastre het hom in 1750 in Parys gevestig en aldaar saam met Pierre Février studeer, wat hy opgevolg het as orrelis van die Saint Roch kerk. Jean-Philippe Rameau het Balbastre gehelp en hom beskerm toe hy hom in die stad gevestig het, en derhalwe was Balbastre gou genoeg bekendgestel aan die Paryse musikale kringe asook die hoë samelewing. Hy het weldra 'n briljante loopbaan vir homself geskep: hy het by die Concert Spirituel tot 1782 gespeel; was orrelis van die Notre-Dame-katedraal en van die Chapelle Royale, het die klavesimbelspeler tot die Franse Koninklike Hof geword - waar hy lesse gegee het aan koningin Marie Antoinette - , en het die orrelis vir Louis-Stanislas-Xavier, Hertog van Provence geword, wat later Louis XVIII, Koning van Frankryk sou word. Balbastre se faam was so groot dat die Aartsbiskop van Parys, Christophe de Beaumont hom moes verbied om by Saint Roch te speel gedurende sommige van die dienste, omdat die kerke altyd stampvol was wanneer Balbastre gespeel het.
'n Relaas van een van hierdie dienste by Saint Roch is voorsien deur Dr Charles Burney wat in herinnering roep dat hy op Sondag 17 Junie 1770, vroeg afskeid geneem het tydens sy aandete ten einde die "gevierde" Balbastre by Saint Roche te hoor orrel speel. Balbastre "het in alle style opgevoer tydens sy begeleiding van die koor. Toe die Magnificat gesing was, het hy op soortgelyke wyse tussen elke vers verskeie menuette, fugas, namaaksels en elke spesie van musiek, gespeel, selfs jagmusiek-stukke en relletjies, sonder om die gemeente aanstoot te gee, sover dit vir my moontlik was om vas te stel."
Burney het Balbastre tuis besoek en gerapporteer dat Balbastre 'n baie pragtige klavesimbel deur Ruckers besit het: "Na kerk het M. Balbastre my na sy huis genooi om 'n besonderse klavesimbel te sien wat hy binne en buite om geverf het met soveel delikaatheid soos die mees besonderse perdewa of snuifblik wat ek ooit in Parys gesien het." Hy het ook gerapporteer dat hy "'n baie groot orrel besit het, met pedale, welke dalk nodig mag wees vir 'n Franse orrelis vir oefen doeleindes; dit is te groot en grof vir 'n kamer, en die sleutels maak net soveel geraas as dié by St. Roque (sic)." Burney het gerapporteer dat Balbastre 'n gemoedelike verhouding met sy mede-komponis, Armand-Louis Couperin, aan wie hy Burney bekendgestel het, gehad het, en Balbastre het opgemerk "Ek was bly om twee vooraanstaande mans van dieselfde professie te sien, so opreg en vriendelik bymekaar."
In 1763 is Balbastre met Marie-Geneviève Hotteterre, dogter van Jacques Martin Hotteterre en afstammeling van die bekende familie van Normandiese musikante, getroud. Gedurende die Franse Rewolusie, kon Balbastre se verbintenisse met die adel en die koninklike hof sy lewe in gevaar gestel het, maar hy het by die nuwe politiese situasie aangepas, met o.a. die speel van rewolusionêre himnes en liedjies op sy orrel. Hy het egter sy amptelike werk verloor, en tydelik, sy pensioen. Hy is in 1799 in Parys oorlede.
Balbastre se bekendste komposisies sluit die volgende in:
Luister na: Petite chasse
Wiki Commons bevat media in verband met Claude-Bénigne Balbastre. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Claude-Bénigne Balbastre, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.