Chris Hipkins: Nieu-Seelandse politikus

Chris Hipkins (gebore 5 September 1978 in Wellington) is 'n Nieu-Seelandse politikus wat sedert November 2023 as die leier van die opposisie in die Nieu-Seelandse parlement dien.

Hy het in Januarie 2023 vir Jacinda Ardern as leier van die Nieu-Seelandse Arbeidersparty en Eerste minister van Nieu-Seeland opgevolg. Hipkins se Arbeidersparty het die 2023 parlementêre verkiesing verloor en hy is deur Christopher Luxon van die Nasionale Party in November 2023 as Eerste minister opgevolg.

Chris Hipkins
Chris Hipkins
Hipkins in Julie 2023

41ste Leier van die Opposisie
Ampsbekleër
Termynaanvang
27 November 2023
Vise Carmel Sepuloni
Voorafgegaan deur Christopher Luxon

41ste Eerste Minister van Nieu-Seeland
Ampstermyn
25 Januarie 2023 – 27 November 2023
Vise Carmel Sepuloni
Monarg Charles III
Voorafgegaan deur Jacinda Ardern
Opgevolg deur Christopher Luxon

Leier van die Nieu-Seelandse Arbeidersparty
Ampsbekleër
Termynaanvang
22 Januarie 2023
Vise Kelvin Davis
Carmel Sepuloni
Voorafgegaan deur Jacinda Ardern

Persoonlike besonderhede
Gebore Christopher John Hipkins
5 September 1978 (1978-09-05) (45 jaar oud)
Hutt Valley, Nieu-Seeland
Politieke party Nieu-Seelandse Arbeidersparty
Eggenoot/-note Jade Hipkins
Kind(ers) 2
Alma mater Victoria Universiteit van Wellington

Biografie

Hipkins is op 5 September 1978 in Hutt Valley gebore. Hy was hoofseun van Hutt Valley Memorial College (vandag bekend as Petone College) in 1996. Na hoërskool het hy by die Victoria Universiteit van Wellington begin studeer. Hy was tussen 2001 en 2002 die studente president. Hipkins het later 'n graad in politieke wetenskap en kriminologie aan die universiteit behaal.

Politieke loopbaan

In die 2008 algemene verkiesing is Hipkins tot die parlement as die LP vir die Rimutaka-kiesafdeling verkies. Hy is in 2011 en 2014 onderskeidelik herverkies.

Minister in die Kabinet

Na sy herverkiesing in die 2017 parlementêre verkiesing, het Arbeiderspartyleier Jacinda Ardern 'n koalisieregering gevorm en is as Eerste minister van Nieu-Seeland aangewys. Ardern het vir hom as die leier van die huis van verteenwoordigers, minister van onderwys en minister vir die staatsdiens aangewys. In Julie 2020 het hy die gesondheidsportefeulje tydelik oorgeneem na David Clark se bedanking.

Na die 2020 parlementêre verkiesing het hy al sy ministeriële portefeuljes behou en is ook as minister vir die regering se Covid-19-reaksie aangewys. Hipkins het in Julie 2022 vir Poto Williams as minister van polisie opgevolg.

Aanstelling as eerste minister

In Januarie 2023 het Jacinda Ardern haar uittrede uit die politiek aangekondig. Hipkins is onbestrede as leier van die Arbeidersparty verkies en het op 25 Januarie 2023 vir Ardern as Nieu-Seelandse eerste minister opgevolg.

Hipkins se Arbeidersparty het die algemene verkiesing in Oktober 2023 verloor en hy is op 27 November 2023 deur Christopher Luxon van die Nasionale Party as Eerste minister opgevolg.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Chris Hipkins BiografieChris Hipkins Politieke loopbaanChris Hipkins VerwysingsChris Hipkins Eksterne skakelsChris Hipkins19785 SeptemberJacinda ArdernNieu-SeelandWellington, Nieu-Seeland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SkilpadSamestellende afleidingEskomKerrieSlangHokkieOu Apostoliese KerkSoogdierSinoniemCradock-4Handelsmerk22 NovemberAkuutBrongitisMandalaNasionale VrouedagVratTwaalf Stamme van IsraelChroniese siekteHondTydMilitêre diensplig in Suid-AfrikaWeer (meteorologie)BosluisbytkoorsHidroëlektrisiteitWebwerfDemi Lee MooreXenofobieAngssteuringWaterbesoedelingViëtnamoorlogBewussynMiddeloorontstekingJSEAntisemitismeSout (chemiese stof)BraaiVlinderBlack SashNasionalismeWapen van NamibiëCalviniaDialoog in fiksieMark (ekonomie)InternetKurt-Lee ArendseWolfDieregeluideGeslagsgelykheidStaatstoelaeMieliestronkHoofkarakterNederlandMotSeksuele opwekkingOplossing (chemie)633D.J. OppermanWiskundige terminologieDriedimensioneelBedryfstelsel (inligtingstegnologie)ProstaatkankerLewerEkonomiese sektorDansNamibiëMaroela MediaMetaalGrootste rampe in Suid-AfrikaMotorvoertuigArabiesAdolf HitlerNG gemeente JansenvilleLugbesoedelingWitbankOm-te-infinitiefkonstruksieKweekhuiseffekWillie Joubert🡆 More