Die 1ste Cannes-rolprentfees is van 20 September – 5 Oktober 1946 in die voormalige Casino van Cannes, Frankryk, gehou.
Altesaam 21 lande het prente vertoon. Dit was net ’n jaar ná die Tweede Wêreldoorlog en die meeste prente het oor die oorlog gehandel.
Cannes-rolprentfees 1946
| ||
Datum | 20 September – 5 Oktober 1946 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Palme d'Or | Gedeel deur 11 flieks |
Daar was verskeie tegniese probleme, soos dat die spoele van Alfred Hitchcock se Notorious in omgekeerde volgorde en George Sydney se The Three Musketeers onderstebo vertoon is.
Die jurie het uit een verteenwoordiger per land bestaan, met die Franse historikus Georges Huisman as president. Die klem het eerder op kreatiwiteit as op mededinging geval en 11 prente het gelykop geëindig in die wedloop om die Palme d'Or.
Rolprente
Kortprente
Ander
Internasionale Vredesprys: The Last Chance
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Cannes-rolprentfees 1946, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.