Boris Berezovsky

Boris Abramovich Berezovsky (Russies: Бори́с Абра́мович Березо́вский, Afrikaanse transliterasie: Boris Abramowitsj Berezofski; 23 Januarie 1946 in Moskou; 23 Maart 2013 in Londen) was ’n sakeman, wiskundige, lid van die Russiese Akademie van Wetenskap en ’n voormalige afgevaardige van die Staatsdoema.

Hy is ook dikwels beskryf as ’n Russiese oligarg. Hoewel hy aanvanklik ’n ondersteuner van die voormalige en huidige president Wladimir Poetin was, het hy in 2000 gou met die destyds pas verkose president gebots en hy was daarna ’n uitgesproke kritikus. In laat 2000, nadat die assistent- openbare vervolger Berezovsky gelas het om ondervra te word, het hy nie van oorsee af teruggekeer nie en hom in Brittanje gevestig, waar hy in 2003 politieke asiel gekry het.

Boris Berezovsky
Boris Berezovsky
Gebore
Бори́с Абра́мович Березо́вский

23 Januarie 1946
Sterf23 Maart 2013
NasionaliteitVlag van Rusland Rusland
Beroepsakeman, wiskundige, lid van die Russiese Akademie van Wetenskap, voormalige afgevaardige van die Staatsdoema
EggenootNina Korotkowa (1970–1991)
Galina Besjarowa (1991–2010)

Berezovsky is later in Rusland in sy afwesigheid aan ekonomiese misdrywe skuldig bevind. Rusland het herhaaldelik onsuksesvol probeer om hom uitgelewer te kry en dit het ’n groot bron van spanning tussen dié land en Brittanje geword.

Berezovsky is op 23 Maart 2013 dood in sy huis aangetref. Volgens die Britse polisie het hy homself opgehang. Hy is op 9 Mei 2013 in ’n klein, private seremonie in Brittanje begrawe.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

1946201323 Januarie23 MaartAfrikaansAsielLondenMoskouRussiesRussiese oligargStaatsdoemaWladimir Poetin

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Jaco JacobsBesnydenisSwartbewussynsbewegingKompasDie Stem van Suid-AfrikaBronadresKolonoskopieGeskiedenis van kindermishandelingHolocaustHeelgetalMurunwa MakwarelaKriekErektiele disfunksiePinksterChroniese siekteTafelsoutSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024RefleksieMobutu Sese SekoSoweto-opstandNaaldekokerVersamelnaamGlobaliseringMieliestronkMensAntoniemOm-te-infinitiefkonstruksieSkoolBakterieAfrikaanse WikipediaLugbesoedelingNatuurbewaringGoudPretoriaOudtshoornLongWêreld- Ekonomiese ForumDiskriminasieDonkieLuiperdAnale kankerSeekoeiKrieketNiersteenByWaterbesparing in Suid-AfrikaHaasTuberkuloseBelastingChapmanspiek-rylaanOranjerivierLimpopo (rivier)LübeckJoodse kalenderNatuurlike hulpbronFotoMadison IvyVulkanismeKaapstadLeestekenLionel MessiKangaroeLidwoordSoogdierSean CombsSikloonKrugerwildtuinTussenwerpselIndiëHidroëlektrisiteitDikdermHomofoonAnilingusSeksposisieVarkgriep🡆 More