The Way Of Water: 2022 Amerikaanse wetenskapfiksiefilm deur James Cameron

Avatar: The Way of Water is 'n Amerikaanse wetenskapfiksiefilm geregisseer deur James Cameron en 'n opvolg van die film Avatar (2009).

Die rolprent, wat die begin is van altesaam vier beplande vervolgverhale, sal na verwagting op 16 Desember 2022 in Amerikaanse rolprentteaters verskyn.

Verhaal

Meer as tien jaar nadat oudsoldaat Jake Sully sy menslike liggaam verlaat het deur Pandora se "neurale netwerk" te gebruik en uiteindelik met sy avatar herenig is en nou self 'n Na'vi is, het hy en Neytiri 'n gesin begin. Hulle kinders is die oudste Neteyam, sy broer Lo'ak en hul kleinsus Tuktirey, genaamd Tuk. Hulle het ook die menslike seun Javier en die Na'vi-tiener Kiri aangeneem.

Die Hulpbronontwikkelingsadministrasie (RDA) probeer steeds Pandora myn om belangrike grondstowwe daar te ontgin en wil die hele maan koloniseer omdat die aarde onbewoonbaar geword het. Sedert die dood van kolonel Miles Quaritch het generaal Ardmore beheer oor die RDA oorgeneem. Sy het DNS-gekloonde Na'vi-soldate geskep, een van dié met die genetiese materiaal van Quaritch, wat, gewapen met sy herinneringe, persoonlik probeer wraak neem op Jake.

Jake en sy gesin leer van die terugkeer van die Sky People van 'n nuwe ster in die lug. Met hul tuiste onveilig, word Neytiri, Jake en hul vyf kinders gedwing om hul oerwoudhuis van Omaticayan te verlaat en by 'n ander Na'vi-stam skuiling te soek.

Die Metkayin-mense woon op 'n atol of ringvormige eiland met koraalriwwe, langs die kus van die maan Pandora, en word gelei deur Tonowari en sy swanger vrou Ronal. Vir Jake, Neytiri en veral hul kinders, wat maklik as halfbloed herken kan word, sal dit 'n moeilike uitdaging wees om te leer hoe om in hierdie waterwêreld te navigeer. Hulle het nou baie om te leer, soos die regte asemhalingstegniek om so lank as moontlik onder water te bly, hoe om onder water te kommunikeer met net jou hande en hoe om met die waterdiere van die Rifmense om te gaan.

Terwyl Kiri dit makliker vind om by die nuwe omgewing aan te pas, is daar botsing tussen die prikkelbare Lo'ak en 'n jong Metkayin. Hulle gebruik 'n truuk om Lo'ak oor 'n onsigbare drumpel in die see te lei, waar hy net-net die aanval van 'n roofvis vryspring. ’n Tulkunbul, wat deur sy eie soort verwerp is, red hom.

Wanneer Quaritch verneem van Jake se nuwe verblyfomgewing, slaan hy en sy span op eiland na eiland toe, dreig om die Metkayin dood te maak en steek hul hutte aan die brand.

Verwysings

Tags:

Avatar (rolprent)James Cameron

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PuberteitSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994NicaraguaYsterIndo-Europese taleSonsteekGeskiedenis van erotiese afbeeldingsSpinnekopAppendiksJudas IskariotMaroela MediaThabo MbekiAasblomSitrusFiksieKobalt(II)hidroksiedDermpoliepWikinewsBonnie TylerPubiese hareOranje-VrystaatCSSTussenwerpselDikdermMenseregteInfeksieRoemeensPesachDocumentaSuikersiekteOorkruipersAngkor WatRobin WilliamsIslamitiese StaatKarlien van JaarsveldKoorsblaarHoërskool VorentoeHeupvervangingWitbloedselIslamWit-RuslandGeelslangKliniese depressieRooms-Katolieke KerkGetalSeksualiteitSaoedi-ArabiëSelfstandige naamwoordLGroep TweeWêrelderfenisgebiedVormGoeie VrydagNuwe TestamentLys van kinderspeletjiesPatriotic AlliancePornografieFotosinteseLys van medisinale kruieNierKonsonantSpaanse trappeMpumalangaWikimedia-stigtingRooikatAktuarisTolla van der MerweLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaAfrika🡆 More