Anatoli Jewgenjewitsj Karpof (gebore 23 Mei 1951) is 'n Russiese skaakspeler en grootmeester en voormalige Wêreldkampioen.
Hy was die kampioen vanaf 1975 tot 1985 toe hy verslaan was deur Garri Kasparof. Hy het 3 keer teen Kasparof gespeel vir die titel vanaf 1986 tot 1990, en toe weer die kampioen toe Kasparof FIDE verlaat het in 1993. Hy was die kampioen tot 1999, toe hy afgetree het in protes teen FIDE se nuwe kampioenskap reëls.
Anatoli Karpof | |
Anatoli Karpof in 2018 | |
Naam | Anatoli Jewgenjewitsj Karpof |
---|---|
Geboorte | 23 Mei 1951 Rusland |
Nasionaliteit(e) | Rusland |
Titel | Grootmeester 1970 |
Beste gradering | 2780 (Julie 1994) |
Wêreldkampioen | 1975–1985 1993–1999 (FIDE) |
Hy het oor 'n 160 keer eersteplek by 'n toernooi gewen. Sy beste gradering was 2780, en hy was vir 102 maande die wêreld se no.1 vanaf die FIDE ranglys begin het in 1970.
Karpof het verskeie boeke geskryf wat in Engels vertaal is.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Anatoli Karpof, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.