Allan Hills A81005

Allan Hills A81005, of ALH A81005, (soms sonder die A voor die nommer) was die eerste meteoriet van die Maan af wat op aarde ontdek is.

Dit is in 1982 in die Allan Hills aan die einde van die Transantarktiese Berge gevind tydens 'n meteorietversamelingsekspedisie (ANSMET).

Allan Hills A81005 (ALH A81005)
Allan Hills A81005
Voorwerp
Tipe Achondriet
Groep Maananortosiet
Datum 17 Januarie 1982 (ontdek)
Waargenome val Nee
TBG 31,4 g
Gebied
Land Antarktika
Streek Allan Hills
Oorsprong Maan

Ontdekking en beskrywing

ALH A81005 is op 17 Januarie 1982 deur John Schutt en Ian Whillans ontdek. Dit is genoem na die Allan Hills, 'n bergketting in Antarktika waar baie meteoriete tydens ekspedisies gevind word.

ALH A81005 is 3 by 2,5 by 3 cm groot. Dit het 'n donker brandkors aan die buitekant. Die binnekant bestaan uit 'n swart tot grys grondmassamatriks met grys en wit kristalle in. Die grootte van die grootste kristalle wissel in deursnee van submillimeters tot 8 mm.

Geskiedenis

Robert Clayton en Toshiko Mayeda, navorsers aan die Universiteit van Chicago, het bepaal die Maan is die oorsprong van die meteoriet nadat die wetenskaplike Brian Harold Mason van die Smithsonian-instituut vasgestel het die chemiese en isotopiese samestelling is soortgelyk aan dié van klippe wat in die Apollo-program van hooglandgebiede op die Maan teruggebring is. Getuienis daarvoor behels onder meer data oor die mineralogie, samestelling, suurstofisotoop, edelgasse, kosmiese strale, blootstellingsgeskiedenis, magnetiese eienskappe en kerndeeltjiespore.

Verwysings

Skakels

  • Allan Hills A81005  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

158°15′32″O / 76.83028°S 158.25889°O / -76.83028; 158.25889

Tags:

Allan Hills A81005 Ontdekking en beskrywingAllan Hills A81005 GeskiedenisAllan Hills A81005 VerwysingsAllan Hills A81005 SkakelsAllan Hills A81005AardeMaanMeteorietTransantarktiese Berge

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GoogleLewerVulkaanChatGPTGeorge BallotSelfoonGewone breukeSpelerposisies in rugbyUpingtonSwartkwasmuishondImpakte van toerismeNelson MandelaPriemgetalPlae van EgipteBloemhofdamVerenigde State van AmerikaAnnie IlonzehCristiano RonaldoSkaakPoësiePeter MamakosDie GelofteEpilepsieTafelbergTierboskatRekenaarBrandy NorwoodTaalPlaneetMielieCarles PuigdemontOmkoperyJapanSowjetunieMaatskappyLeksikografieKlankNoord-KaapWoordsoortAnargismePragmatiek (taalkunde)Paul McCartneyEdward Higgins WhiteDermpoliepSI-stelselDanny TrejoFotosinteseMondTrappe van vergelykingNazi-DuitslandJudaïsmeRNierversakingSeksuele stimulasieDavid OxleySokkerRod AlexanderOu Apostoliese KerkGeskiedenis van erotiese afbeeldingsEleanor RooseveltBorsteIron ManColin SteynRanger 7KaartLys van Afrikaanse skrywersGewone luislangMotorRoemeniëGawes van die Heilige GeesAgtervoegselBruin menseDroomVerduistering🡆 More