'n Hamer is 'n stuk gereedskap wat gebruik word om spykers in voorwerpe soos hout in te slaan.
Dit het 'n lang steel aan die een kant waaraan vasgehou word, en 'n plat oppervlakte aan die ander kant waarmee die voorwerp getref word.
Hamers is gevaarlik en moet versigtig gehanteer word. As jy misslaan, kan jy jouself raakslaan en beseer. Jy kan byvoorbeeld jou vingers potblou slaan. Hamers is ook al as wapens gebruik.
Sommige hamers het 'n klou aan die agterkant waarmee spykers uitgetrek kan word. Die klou is 'n V-vormige groef waarom die spyker se kop gehak word. Die spyker word dan met 'n rolbeweging uitgedwing.
Wiki Commons bevat media in verband met Hammers. |
Sien hamer in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Hamer, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.