Caligula (31 Augustus 12 – 24 Januarie 41) was die derde Romeinse keiser van 37 tot 41.
Hy was die seun van Germanicus en het Tiberius opgevolg. Hy is bekend vir sy uiterste gewelddadigheid, wreedheid en waansin.
Caligula | |
---|---|
3de Keiser van die Romeinse Ryk | |
Caligula. | |
Regeer | 16 Maart 37 – 24 Januarie 41 (vir 3 jare en 314 dae) |
Volle naam | Gaius Julius Caesar Augustus Germanicus |
Gebore | 31 Augustus 12; Antium, Romeinse Ryk |
Oorlede | 24 Januarie 41; Rome, Romeinse Ryk (op 28) |
Begrawe | Mausoleum van Augustus, Rome |
Voorganger | Tiberius |
Opvolger | Claudius |
Adellike huis | Julio-Claudiese dinastie |
Vader | Germanicus |
Moeder | Agrippina die ouere |
Eggenote | Junia Claudilla Livia Orestilla Lollia Paulina Milonia Caesonia |
Kinders | Julia Drusilla Tiberius Gemellus |
Eintlik is sy naam Gaius. "Caligula" (verkleinwoord van caliga, die enkelvoudsvorm van caligae, soldatestewels) is 'n bynaam wat die soldate hom gegee het toe hy 'n seuntjie was, maar nie gebruik is toe hy keiser was nie. Moderne geskiedkundiges (soos Gibbons) het hom onder dié naam bekendgestel, maar vandag praat hulle eerder van Gaius.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Caligula, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.