Die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke (WGGK) is die grootste liggaam van Gereformeerde kerke in die wêreld en die vyfde grootste Christelike gemeenskap in die wêreld, na die Rooms-Katolieke Kerk, die Oosters-Ortodokse Kerk, die Anglikaanse Gemeenskap en die Wêreld Metodisteraad.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas.
Dit het 229 denominasies as lede in 108 lande, wat na raming ongeveer 80 miljoen mense verteenwoordig. Hierdie Christelike ekumeniese liggaam is gevorm in Junie 2010 deur die samesmelting van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke (World Alliance of Reformed Churches, of WARC) en die Gereformeerde Ekumeniese Raad (Reformed Ecumenical Council, of REC).
Onder die grootste denominasies in die WGGK is die Presbiteriaanse Kerk van Afrika, Presbiteriaanse Kerk van Nigerië, Presbiteriaanse Kerk van Oos-Afrika, die Verenigde Kerk van Kanada, Presbiteriaanse Kerk in die VSA, die Gereformeerde Kerk in Hongarye, die Gereformeerde Kerk in Roemenië, Protestantse Kerk in Indonesië, en die Kerk van Skotland. Die denominasies wat lede is van die WGGK kan in die geheel as meer liberaal beskou word as die lede van die Internasionale Konferensie van Gereformeerde Kerke (International Conference of Reformed Churches) of die World Reformed Fellowship, wat ook groot Gereformeerde ekumeniese liggame is.
Na 'n tweedag-vergadering wat eindig op 1 Februarie 2006, het Douwe Visser, voorsitter van die Gereformeerde Ekumeniese Raad en Clifton Kirkpatrick, voorsitter van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke, in 'n gesamentlike brief aan hul lidkerke gesê: "Ons is verheug oor die werk van die Heilige Gees wat ons glo ons daartoe gelei het om aan te beveel dat die tyd aangebreek het om die werk van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke en die Gereformeerde Ekumeniese Raad saam te bring in een liggaam wat die eenheid en getuienis van Gereformeerde Christene kan uitbou."
Nadat die potensiële liggaam aanvanklik "Gereformeerde Wêreldgemeenskap" genoem is, is dit verander in "die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke".
'n Verenigde Algemene Raad van die WGGK, wat die organisasie byeengebring het, het plaasgevind vanaf 18-26 Junie 2010 by Calvin College in Grand Rapids, MI, VSA. Die byeenkoms het as hooftema daarop gefokus om die "eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe" soos genoem in Efesiërs 4:3. Dit het 'n toon van wedersydse begrip en aanvaarding onder lidkerke en geassosieerde kerke te vestig, om verskille en ander kwessies ter syde te stel terwyl hulle kon begin om saam met mekaar op reis te gaan terwyl elkeen poog om te onderskei wat die wil van God is en voortgaan in die stryd om geregtigheid en vrede in die wêreld.
Werk
In 2010 het die Verenigende Algemene Vergadering gesê die WGGK moet "geroepe wees tot gemeenskap en verbind tot geregtigheid." Die twee belangrikste programkantore fokus daarom op hierdie aspekte, met teologiese werk ingesluit onder gemeenskap. Die Kantoor vir Teologie en Gemeenskap dien as koördineerder vir amptelike gesprekke met ander godsdienstige organisasies, organiseer 'n twee-jaarlikse Global Institute of Theology, en bring Gereformeerde teoloë byeen vir allerlei besprekings. Die Kantoor vir Geregtigheid bevorder ekonomiese, ekologiese en menslike geregtigheid, en baseer baie van hulle werk op die Accra-belydenis, 'n verklaring wat in 2004 by die Algemene Vergadering van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke (World Alliance of Reformed Churches, WARC) aanvaar is en in 2010 herbevestig is by die Verenigende Algemene Vergadering van die WGGK.
Die WGGK het ook 'n Algemene Sekretariaat wat die sekretaris-generaal se kantoor en die kommunikasiekantoor insluit, en na ander organisatoriese verantwoordelikhede omsien. Die huidige algemene sekretaris is die ds. Chris Ferguson, 'n predikant van die United Church of Canada. Deur die Algemene Sekretariaat bevorder die WGGK dialoog tussen kerke, beywer die WGGK hulle vir sake van wêreldbelang, en ondersteun hulle die aktiwiteite van hulle lidkerke op verskillende maniere.
Die wêreldwye hoofkantoor van die WGGK is in 2013 weens kosteoorwegings van Genève, Switserland, verskuif na Hannover, Duitsland, terwyl daar ook 'n takkantoor in Grand Rapids, Michigan, VSA is.
Algemene Sekretaris
Chris Ferguson is 'n predikant, teoloog en kampvegter vir sosiale geregtigheid van die United Church of Canada. Hy is in Mei 2014 tot sekretaris-generaal van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke verkies, en het sy sewejaartermyn op 1 Augustus 2014 begin. Ferguson het voorheen gedien as internasionale ekumeniese adviseur vir die Program vir Ekumeniese Begeleiding in Colombië (2011–2014), as verteenwoordiger van die Wêreldraad van Kerke (WRK) by die Verenigde Nasies (2006–2010), as die Wêreldraad van Kerke se verteenwoordiger in Jerusalem (2004–2006) en as uitvoerende beampte van die United Church of Canada se Eenheid vir Geregtigheid, Globale en Ekumeniese Betrekkinge (2002–2004).
Lede van die Gemeenskap
Die volgende is 'n lys van die WGGK se lidkerke in Februarie 2016:
Algerië
Protestant Church of Algeria/Église Protestante d'Algérie
Angola
Evangelical Congregational Church in Angola/Igreja Evangélica Congregacional em Angola (IECA)
Evangelical Reformed Church of Angola/Igreja Evangélica Reformanda de Angola (IERA)
Argentinië
Evangelical Church of the River Plate/Iglesia Evangélica del Rio de la Plata
Evangelical Congregational Church in Argentina/Iglesia Evangélica Congregacional
Australië
Congregational Federation of Australia
Uniting Church in Australia
Oostenryk
Evangelical Church of the Helvetic Confession in Austria/Evangelische Kirche HB (Reformiert) in Österreich
Bangladesh
Church of Bangladesh
Evangelical Reformed Presbyterian Church in Bangladesh
België
Église Protestante Unie de Belgique/Verenigde Protestantse Kerk in België
Bolivië
Evangelical Presbyterian Church in Bolivia/Iglesia Evangélica Presbiteriana en Bolivia
Botswana
Nederduitse Gereformeerde Kerk in Botswana
Brasilië
Evangelical Reformed Churches in Brazil/Igrejas Evangélicas Reformadas no Brasil
Independent Presbyterian Church of Brazil/Igreja Presbiteriana Independente do Brasil
United Presbyterian Church of Brazil/Igreja Presbiteriana Unida do Brasil
Bulgarye
Union of Evangelical Congregational Churches in Bulgaria/Evangelaska Kongreschanska Zewrkwa
Burkina Faso
Association of Reformed Evangelical Churches of Burkina Faso/Église évangélique reformée du Burkina Faso
Kameroen
Africa Protestant Church/Église protestante africaine
Evangelical Church of Cameroon/Église évangélique du Cameroun
Presbyterian Church in Cameroon/Église presbyterienne camerounaise
Kanada
Christian Reformed Church in North America
The Presbyterian Church in Canada/L'Église presbytérienne au Canada
Reformed Church in America
The United Church of Canada/L'Église unie du Canada
Sentraal Afrikaanse Republiek
Protestant Church of Christ the King/Église Protestante du Christ-Roi
Chili
Evangelical Presbyterian Church in Chile/Iglesia Evangélica Presbiteriana en Chile
Presbyterian Church of Chile/Iglesia Presbiteriana de Chile
Sjina, Hong Kong
The Hong Kong Council of the Church of Christ in China
Sjina, Volksrepubliek
China Christian Council (assosiaatlid)
Colombië
Presbyterian Church of Colombia/Iglesia Presbiteriana de Colombia (Synodo presbiteriano)
Kongo, Demokratiese Republiek van die
Evangelical Community in the Congo/Communauté évangélique du Congo
Presbyterian Community in the Congo/Communauté presbytérienne au Congo
Presbyterian Community of Eastern Kasai/Communauté presbytérienne du Kasai oriental
Presbyterian Community of Kinshasa/Communauté presbytérienne de Kinshasa
Presbyterian Community of Western Kasai/Reformed Presbyterian Community in Africa/Communauté presbytérienne au Kasai occidental/Communauté presbytérienne réformée en Afrique
Reformed Community of Presbyterians/Communauté Réformée des Presbytériens
Kongo, Republiek van die
Evangelical Church of Congo/Église évangélique du Congo
Costa Rica
Costa Rican Presbyterian Evangelical Church/Iglesia Evangélica Presbiteriana Costarricense
Kroasië
Reformed Christian Church in Croatia/Reformirana Krscanska Crkva U Hrvatskoj
Cuba
Presbyterian Reformed Church in Cuba/Iglesia Presbiteriana-Reformada en Cuba
Tsjeggiese Republiek
Evangelical Church of Czech Brethren/Evangelische Kirche der Böhmischen Brüder/Ceskobratrská Cirkev Evangelická
Denemarke
Reformed Synod of Denmark/Den reformerte Synode i Danmark
Dominikaanse Republiek
Christian Reformed Church in the Dominican Republic
Uniting Church in Sweden or Equmeniakyrkan (founded 2011 by member church Mission Covenant Church of Sweden and two other denominations)
Switserland
Federasie van Switserse Protestantse Kerke (Schweizerischer Evangelischer Kirchenbund, Fédération des Églises protestantes de Suisse, Federazione delle Chiese evangeliche della Svizzera, Federaziun da las Baselgias evangelicas da la Svizra SEK-FEPS)
Tahiti
Maòhi Protestant Church/Etaretia Evaneria no Porinetia Farani/Église Protestante Maòhi
Taiwan
Presbyterian Church in Taiwan/Tâi-oân Ki-tok Tiúⁿ-ló Kàu-hōe
Thailand
Church of Christ in Thailand
Togo
Evangelical Presbyterian Church of Togo/Eglise évangélique presbytérienne du Togo
Trinidad en Tobago
Presbyterian Church in Trinidad and Tobago
Tuvalu
Tuvalu Christian Church/Te Ekalesia Kelisiano Tuvalu
Uganda
Christian Reformed Church of East Africa
Reformed Presbyterian Church in Uganda
Reformed Presbyterian Church in Africa (Uganda)
Ukraine
Reformed Church in Sub-Carpathia/ Reformed Church in Transcarpathia/Karpataljai Reformatus Egyhaz
Verenigde Koninkryk
Church of Scotland
The Presbyterian Church in Ireland
Presbyterian Church of Wales/Eglwys Bresbyteraidd Cymru
Union of Welsh Independents/Undeb yr Annibynwyr Cymraeg
United Free Church of Scotland
United Reformed Church
Verenigde Statee van Amerika
Christian Reformed Church in North America
Cumberland Presbyterian Church
Cumberland Presbyterian Church in America
ECO: A Covenant Order of Evangelical Presbyterians (provisional member)
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses. ®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.