Willem Van Oranje

Willem I, Prins van Oranje (24 April 1533 – 10 Julie 1584), ook bekend as Willem die Swyger of Willem die Stille of meer algemeen bekend as Willem van Oranje, was die hoofleier van die Nederlandse Opstand teen die Spaanse Habsburgs, wat die oorsaak was van die Tagtigjarige Oorlog (1568–1648) en gelei het tot die formele onafhanklikheid van die Verenigde Provinsies in 1581.

Hy is gebore uit die Huis van Nassau as Hertog van Nassau-Dillenburg. Hy het in 1544 die Prins van Oranje geword en is daardeur die stamvader van die Huis van Oranje-Nassau en die voorganger van die monargie van die Nederlande. Hy is binne Nederland ook bekend as 'Vader van die Vaderland'.

Willem I
Prins van Oranje
Willem van Oranje
Willem van Oranje, Adriaen Thomasz Key, c.  1570–84

Voorafgegaan deur René van Châlon
Opgevolg deur Philip Willem, Prins van Oranje

Stadhouer van Holland, Zeeland, Utrecht, Friesland

Stadhouer van Holland, Zeeland en Utrecht
Monarg Philip II van Spanje
Opgevolg deur Maximilien de Hénin-Liétard

Stadhouer van Holland, Zeeland en Utrecht
Voorafgegaan deur Maximilien de Hénin-Liétard
Opgevolg deur
  • Holland en Zeeland: Maurice, Prins van Oranje
  • Utrecht: Adolf van Nieuwenaar

Stadhouer van Friesland
Opgevolg deur Willem Louis, Graaf van Nassau-Dillenburg

Persoonlike besonderhede
Gebore 24 April 1533
Dillenburg, Graafskap van Nassau, Heilige Romeinse Ryk
Sterf 10 Julie 1584 (op 51)
Delft, Graafskap van Holland, Nederlandse Republiek
Ouers *Willem I, Hertog van Nassau-Dillenburg
  • Juliana van Stolberg
Kind(ers) 16
Religie Luthers (1533–44), Rooms Katoliek (1544–73), Calvinis (1573–84)

Willem was 'n vermoënde edelman en het oorspronklik die Habsburgs gedien as lid van die hof van Margaret van Parma, goewerneur van die Spaanse Nederlande. Hy was ongelukkig met die sentralisasie van politieke mag weg van die plaaslike klasse, asook met die Spaanse vervolging en onderdrukking van Nederlandse Protestante. Hy het derhalwe by die Nederlandse opstand aangesluit en teen sy voormalige meesters gedraai. Hy was die mees invloedryk en polities bedrewe van die rebelle en het die Nederlanders tot verskeie suksesse gevoer tydens die oorlog teen die Spanjaarde. Hy is in 1580 deur die Spaanse koning voëlvry verklaar en is in 1584 deur Balthasar Gérard (ook "Gerardts" gespel) in Delft vermoor.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

10 Julie1533158424 AprilHuis van HabsburgHuis van NassauHuis van Oranje-NassauNederlandNederlandse RepubliekPrins van OranjeTagtigjarige Oorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OseaanBreinLondenFibonacci-reeksKolitisAfkortingAntoniemSuikersiekteKoperDistrik SesFabelAnale seksPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSpreeuVerkragtingArabies-Israeliese konflikBeëdigde verklaringKunstenaarDesmond TutuKlimaatveranderingPad na jou hartVoortrekkermonumentCovid-19-pandemieAustraliëAardbewingMagnesiumInligtingTropiese sikloonHoenderLys van Afrikaanse televisiereekseAppel (sanger)EjakulasieRobbeneilandKlavierStedelike hitte-eilandNasionaal-SosialismeLys van slangeMetaalBelastingVerkleinwoordVoëlHannes van Wyk633Jan-Willem Breure16 NovemberAnneli van RooyenTikTokWiskundeMartin Luther King jr.KontinentAngina pectorisBloutongsiekteMorfeemLyfstraf in skolePlantHeelgetalMiskruierVulkanismeLys van Kaapstad se voorstedeTrekarbeidDrakensbergeNarsistiese persoonlikheidsteuringMiltConsolidated B-24 LiberatorJan van RiebeeckTafelsoutDiarreeOlifantSteenkool in Suid-AfrikaOlimpiese Somerspele🡆 More