Stadhouer

In die Lae Lande was 'n stadhouer (Nederlands: stadhouder; Nederlandse fonetiese uitspraak: ˈstɑtˌɦʌudər) 'n amp van rentmeesterskap.

Die houer van die amp was aanvanklik as 'n aangewese middeleeuse amptenaar bekend, en daarna as 'n nasionale leier. Die stadhouer was die plaasvervanger van die plaaslike hertog of graaf van 'n provinsie gedurende die Boergondiese en Habsburgse tydperke (1384 - 1581/1795). Die titel is gebruik vir die beampte wat daarmee getaak is om vrede en orde in die vroeë Nederlandse Republiek te handhaaf, wie soms die de facto staatshoof van die Nederlandse Republiek gedurende die 16de tot 18de eeu geword het, en wat effektiewelik 'n oorerflike rol was. Vir die laaste halwe eeu van sy bestaan het dit 'n amptelike oorerflike rol geword, en dus as 'n monargie (hoewel nie 'n monargiese titel nie) onder Prins Willem IV gefunksioneer. Sy seun, prins Willem V was die laaste stadhouer van die republiek, wie se eie seun, koning Willem I die eerste koning van Nederland sou word. Die Nederlandse monargie is slegs verlangs verwant aan die eerste stadhouer van die jong Republiek, Willem van Oranje - wat die leier van die suksesvolle Nederlandse Opstand teen die Spaanse Ryk was. Sy afstammingsleer het egter met Willem III van Engeland uitgesterf. Die titel stadhouer is ongeveer vergelykbaar met Engeland se historiese titel, Lord Lieutenant.

Stadhouer
Willem van Oranje was 'n stadhouer gedurende die Nederlandse Opstand teen die Spaanse Ryk gewees.

Etimologie

Stadhouer beteken rentmeester of in losser betekenis, opsigter. Die deelkomponente daarvan kan letterlik as plekhouer vertaal word (in moderne Nederlands dra stad dieselfde betekenis as die Afrikaanse woord stad, maar die ouer betekenis van stad - ook stede - was plek, en dit is aanduidend van die Engelse woord "stead", soos bedoel in die betekenis van "in plaas van"). Dit was 'n term wat in gebruik was vir 'n opsigter.

Bronne

  • Van Dale Etymologisch Woordenboek (Nederlandse etimologie, in Nederlands)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Stadhouer EtimologieStadhouer BronneStadhouer VerwysingsStadhouer Eksterne skakelsStadhouerLae LandeNederlandsNederlandse RepubliekNederlandse monargieSpaanse RykStaatshoofWillem I van NederlandWillem III van EngelandWillem IV, Prins van OranjeWillem V, Prins van OranjeWillem van Oranje

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kaaps-Hollandse stylOrgasmeJeuksiekteSomerBernice WestAsiëMangelAborsie in Suid-AfrikaMoslemSan Andreas-breukVersoeningsdagHoofstadSebraProteïenLieweheersbesieSeksposisieAntisemitismeDurbanTrekarbeidRussiese inval in Oekraïne sedert 2022JodeApostoliese GeloofsbelydenisToestand van materieSydneyUnited Democratic FrontMigrasie van voëlsAarde se atmosfeerWaterHindoeïsmeKlinkerImpakte van toerismeVaste stofToringEjakulasieVrymesselarySuiwelprodukSkoenlapperOmtrek, oppervlakte en volumeCristiano RonaldoSeksGedigDruiweLys van Suid-Afrikaanse musikanteSlawernyPseudowetenskapKonsentrasiekampTierVlekvrye staalAborsieLys van Nasionale Simbole van Suid-Afrika1990Orale seksOogproblemeAfkortingIdioomKasterolieWright-broersYsterSelfmoordGeloftedagSekondêre sektor van die ekonomieHibernasieWolkPersoonlike voornaamwoordMensMielieMynbedryf van Suid-AfrikaNatuurrampReg tot ‘n gesonde omgewingCheslin KolbeSleutel (musiek)KitaarMediese diagnoseDistrik Ses🡆 More