In Afrikaans word dubbelaanhalingstekens gebruik ( ) om aan te haal.
Wanneer daar 'n aanhaling binne 'n ander aanhaling is, word enkelaanhalingstekens daarvoor gebruik. Byvoorbeeld:
Hy het gesê: "Ek is onskuldig!" Sy het gesê: "Ek is moeg daarvoor om altyd te hoor: 'hulle is besig'".
Woordverwerkers voeg soms krulaanhalingstekens (sogenaamde smart quotes) in teks in plaas van reguit aanhalingstekens. Alhoewel hierdie in sekere gevalle moontlik wenslik is vir tipografiese redes, beteken dit gewoonlik dat die 'n se apostroof verkeerdom gekrul is. Hierdie aanhalingstekens sal moontlik ook soekfunksionaliteit beïnvloed. Bydraers moet dus seker maak dat hulle hierdie outomatiese omskakeling van hulle woordverwerkers afsit indien hulle verkies om teks te tik in die woordverwerker.
Gebruikers wat 'n bash-omgewing beskikbaar het (soos byvoorbeeld op Linux), kan moontlik van die volgende opdraggie gebruik maak om vinnig 'n tekslêer skoon te maak van sommige dinge wat woordverwerkers soms invoeg. Dit moet nog verbeter word om beter van die koeëltjies ontslae te raak:
#!/bin/sh cat "$1"|sed -e "y/’‘“”/''\"\"/" -e "s/\n\n•\t/\n\*\* /" -e "s/•\t/\* /"
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Wiki:Aanhalingstekens, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.