Sterrebeeld Weegskaal: Sterrebeeld

Die Weegskaal (Latyn: Libra) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim en deel van die diereriem.

Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dis redelik dof en het net een ster helderder as 3 mag.

Weegskaal
Sterrebeeld Weegskaal: Ruimtevoorwerpe, Geskiedenis, Verwysings
Latynse naam Libra
Genitief Librae
Afkorting Lib
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 15h
Deklinasie -15º
Grootte 538 vk. grade (29ste)
Kwadrant SQ3
Besonderhede
Hoofsterre 4, 6
Helderste ster Zubeneschamali (Beta Librae)
Naaste ster Gliese 570
Sterre helderder as 3 m 2
Sterre met planete 3
Messier-voorwerpe 0
Bayer-/Flamsteed-sterre 46
Meteoorreëns Mei-Libriede
Aangrensende sterrebeelde
Slang, Maagd, Noordelike Waterslang, Sentour (hoek), Wolf, Serpioen, Slangdraer
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Ruimtevoorwerpe

Sterrebeeld Weegskaal: Ruimtevoorwerpe, Geskiedenis, Verwysings 
Die sterrebeeld Weegskaal kan met die blote oog gesien word.

Die helderste sterre van die Weegskaal vorm ’n vierhoek:

Die sterrebeeld huisves die ster Gliese 581, wat ’n planetêre stelsel van ses planete het. Gliese 581 d en Gliese 581 g is albei baie moontlike kandidate vir lewe, hoewel Gliese 581 g se bestaan betwis word en onseker is. Gliese 581 c is die eerste planeet soortgelyk aan die Aarde wat om die ster gevind is. Gliese 581 e is sover bekend die planeet met die kleinste massa wat om ’n normale ster wentel. Dit is moontlik dat enige van hierdie planete lewe sal kan huisves.

Geskiedenis

Die Weegskaal was in die Babiloniese sterrekunde bekend as MUL Zibanu ("die weegskaal") of as die Skerpioen se Klou. Die skaal was heilig vir die songod Sjamasj, wat ook die beskermheilige van die waarheid en geregtigheid was. Die sterrebeeld word sedertdien vereenselwig met die wet, geregtigheid en welwillendheid. In Arabies beteken zubānā "skerpioen se kloue" en dit kan wees hoekom die Skerpioen se kloue die Weegskaal geword het.

In die Romeinse mitologie word die sterreteken beskou as die weegskaal wat vasgehou word deur Astraia (voorgestel deur die Maagd), die godin van geregtigheid.

Die Weegskaal is die enigste sterrebeeld van die diereriem wat nie ’n lewende wese simboliseer nie.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Sterrebeeld Weegskaal RuimtevoorwerpeSterrebeeld Weegskaal GeskiedenisSterrebeeld Weegskaal VerwysingsSterrebeeld Weegskaal Eksterne skakelsSterrebeeld WeegskaalDiereriemLatynMagnitudePtolemeusSterrebeeld

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Geskiedenis van die Verenigde State van AmerikaKriekPornhubNasionale VrouemonumentRekeningkundeHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalMisdaadArmoedeverligtingRosa ParksVoedingAfkortingJan-Willem BreureOnderwysJode in Suid-AfrikaGevolge van aardverwarming op oseaneKorrupsieHeidelberg, GautengJohannes MeintjesBevolkingIrma SternMasturbasieWeervoorspellingOligopolieGrootste rampe in Suid-AfrikaKitaarAluminiumNelson MandelaNagmaalOsoonlaagKoperBlaarBruce FordyceTussenwerpselAardeLaeveldYouTubeAborsie in Suid-AfrikaNasionale VrouedagVaalrivierVulvaAngssteuringNederduitse Gereformeerde KerkIronieKlereBruin menseNederlandLys van NG gemeentesErfenisCovid-19-pandemieBloedsomloopstelselKatGesonde dieetYslandLeeuKolonisasieKoolstofSokkerHoedBesproeiingMonopolyNarsismeSlag van BloedrivierJeuksiekteDepressie (gemoedstoestand)BybelUitwerking van klimaatsveranderingVarkgriepRekenaarKoolhidraatSimboolBoelieryBotswanaSteenkoolVerenigde KoninkrykNarkose🡆 More