Sterrebeeld Wolf: Sterrebeeld

Die Wolf (Latyn: Lupus) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim.

Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus genoem is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Wolf
Sterrebeeld Wolf: Ruimtevoorwerpe, Geskiedenis, Verwysings
Latynse naam Lupus
Genitief Lupi
Afkorting Lup
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 15,3h
Deklinasie -45º
Grootte 334 vk. grade (46ste)
Kwadrant SQ3
Besonderhede
Hoofsterre 9
Helderste ster Men (Alpha Lupi)
Naaste ster LHS 397
Sterre helderder as 3 m 3
Sterre met planete 5
Messier-voorwerpe 0
Bayer-/Flamsteed-sterre 41
Aangrensende sterrebeelde
Winkelhaak, Skerpioen, Passer, Sentour, Weegskaal, Noordelike Waterslang (hoek)
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Ruimtevoorwerpe

Die Wolf bevat geen baie helder sterre nie, maar het sowat 30 met ’n helderheid van 2 of 3 mag en 70 van meer as 6 mag, onder meer ’n paar veelvoudige sterre. Die helderste ster, Alpha Lupi, is ook bekend as Men.

Aan die noordekant van die sterrebeeld is die bolvormige sterreswerms NGC 5824 en NGC 5986, en daarnaby die donker newel B 228. In die suide is twee oop sterreswerms, NGC 5822 en NGC 5749, sowel as die bolvormige swerm NGC 5927 op die oostelike grens met die Winkelhaak. Op die westelike grens is twee spiraalvormige sterrestelsels en die planetêre newel IC 4406, wat van die warmste sterre bevat wat bestaan. IC 4406 is ’n silindriese newel sowat 5 000 ligjare van die Aarde af met stofbane wat deur sy middel loop. Nog ’n planetêre newel, NGC 5882, lê naby die middel van die sterrebeeld.

Geskiedenis

In Antieke tye is die Wolf beskou as ’n asterisme wat deel vorm van die sterrebeeld Sentour. Dit is eers in die 200's v.C. deur Hipparchos geskei en Therion ("dier") genoem. Dit is nie na ’n spesifieke dier genoem nie, totdat die Latynse vertaling van Ptolemeus se werk dit met die wolf verbind het.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Sterrebeeld Wolf RuimtevoorwerpeSterrebeeld Wolf GeskiedenisSterrebeeld Wolf VerwysingsSterrebeeld Wolf Eksterne skakelsSterrebeeld WolfLatynPtolemeusSterrebeeld

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BywoordKappie (skryfteken)KonjunktivitisInsekAntjie KrogJapanneesAuschwitz-konsentrasiekampDikdermSuurreënInfeksieEuropaPeter SnydersNag van die lang messeWerwelkolomSiya KolisiWaterstofNieu-SeelandSeilvaartMenstruasieSneeuLKoorsGesondheidDwelmonttrekkingVoorvoegselNarsismeLatynOnderhandelinge om apartheid te beëindigToerismeReënvalbepalingVeeMidde-OosteNoord-KaapLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsWaterpokkiesGeografie van Suid-AfrikaKwaZulu-NatalRumatiekInstagramMadison IvyWolkNaaldekokerDuitsDurbanJacobus Hendrik PierneefSteenkool in Suid-AfrikaDermpoliepStruktuur van die AardeSuikersiekteLugbesoedelingKlaviersonate No. 18 in G majeur, D 894 (Schubert)EmosieGewone breukeArmoedeAardverwarmingVerkleinwoordStresSonenergieSkoenlapperGroepsdrukKaapstadse waterkrisis 2015-2018SlangKameelperdSeksuele penetrasieKraaiBesoedelingVingerseksHartaanvalHerfsMenseregtedagPornhubMiddeloorontstekingOrganisasie sonder winsoogmerkKolonoskopie🡆 More