Vektoranalise

Vektoranalise is 'n afdeling van wiskunde, wat hom met die meerveranderlike analise van vektore bemoei.

Vektoranalise verwys dan na 'n samehangende groep formules en oplosmetodes wat van groot praktiese belang en nut is, veral in fisika en ingenieurswese. Die oorsprong van vektoranalise lê in die analise van kwaternione, en is aanvanklik deur Joshia Willard Gibbs en Oliver Heaviside in die laat-negentiende eeu opgestel. Vektoranalise het egter die kwaternioon beskouing byna geheel en al vervang.

Die wiskundige voorwerpe wat in vektoranalise ondersoek word, is die vektorveld en die skalaarveld. In die meerderheid van die gevalle, is die vektorveld die gewone driedimensionele Euklidiese ruimte, en die skalaarveld die reële getalle. Die vektoranalise is dan veral geïnteresseerd in die ruimte- en tydsafgeleidenes van hierdie vektore en skalare.

'n Alledaagse voorbeeld van 'n probleem wat in terme van vektoranalise gestel kan word, is die manier hoe die temperatuur van water in 'n swembad verander terwyl die water rondvloei. Die temperatuur vorm hier 'n skalaarveld: op elke punt in die swembad bestaan daar 'n skalaar waarde (die temperatuur). Die waterstroom in die swembad vorm 'n vektorveld: op elke punt in die swembad bestaan daar 'n vektor (die stroomsnelheid). Met behulp van vektoranalise kan daar dan bepaal word wat die temperatuur op 'n gegewe plek op 'n gegewe tydstip sal wees.

Vektoroperatore

Vektoranalise bestudeer verskeie differensiale-operatore, en om die notasie te vereenvoudig word daar gewoonlik van die del operator gebruikgemaak. Hy word as Vektoranalise  geskryf en gewoonlik nabla genoem. Die vier belangrikste operatore is:

Operator Notasie Beskrywing Domein/Bereik
Gradiënt Vektoranalise  Meet die tempo en rigting van verandering van 'n skalaarveld Beeld skalaarvelde af op vektorvelde.
Rotasie Vektoranalise  Meet hoe die geneigdheid van die vektorveld om rondom 'n punt te draai. Beeld vektorvelde af op vektorvelde.
Divergensie Vektoranalise  Meet die grootte van 'n bron of sink in die vektorveld Beeld vektorvelde af op skalaarvelde.
Laplaciaan Vektoranalise  'n Samestelling van die divergensie en gradiënt operatore. Beeld skalaarvelde af op skalaarvelde.

Stellings

Vir sommige van hierdie operatore is daar 'n stelling wat verwant is aan die fundamentele stelling van kalkulus, maar toepasbaar op hoërdimensionele funksies.

Naam van stelling Stelling Beskrywing
Gradiëntstelling Vektoranalise  Die lynintegraal van die gradiënt is gelyk aan die verskil tussen die skalaarveld se waardes aan die eindpunte van die kromme.
Stelling van Stokes Vektoranalise 

Die integraal van 'n vektorveld se rotasie oor 'n oppervlakte, is gelyk aan die lynintegraal van die vektorveld langs die kromme wat die oppervlak omsluit.

Stelling van Green Vektoranalise  Dit is 'n spesiale geval van die bogenoemde stelling van Stokes wanneer die oppervlak tot 'n plat vlak beperk word.
Divergensiestelling Vektoranalise  Die integraal van die divergensie van 'n vektorveld oor 'n volume, is gelyk aan die fluks wat deur die volume se oppervlak stroom.

Tags:

KwaternioonWiskunde

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VigsJesus van NasaretDiskriminasieTuisbladInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandKitaarNederlandsSimboolGroot GatKlinkerSpinnekopSlangRugbyPrimêre sektor van die ekonomieMorfologie (taalkunde)AanhalingstekensAnneli van RooyenCradock-4Koos du PlessisLetterlike en figuurlike taalgebruikAgtervoegselAluminiumKaapse VlakteSeksuele penetrasieKoerantElon MuskGeweldAntisemitismeMenslike seksuele gedragOntwikkelende landLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)VryheidsmanifesMetafoorMierMisdaadBreinKaliumEreksieVerlede tydAardrykskundeNatuurNasiebouMaroela MediaNatriumPseudowetenskapVars waterKlimaatveranderingHartRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Vaste stofTienie HollowaySosiale mediaGroot vyfLieweheersbesieThys die BosveldklongVergelykings (taalkunde)Ekonomiese kwessies in Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994RookgewoonteOsoonlaagDwelmmiddelEkologieDaggaEllipstekenWiskundePuberteitSias ReineckeKindersiektesJuraEngelsLewer🡆 More