The Assassination Of Jesse James By The Coward Robert Ford

The Assassination of Jesse James by the Coward Robert Ford (2007) is 'n Amerikaanse Wilde Weste- en dramarolprent.

Die rolprent is deur Andrew Dominik geregisseer; Brad Pitt vertolk die rol van Jesse James en Casey Affleck dié van Robert Ford. Die rolprent is in Calgary, Edmonton, en Winnipeg verfilm. Die rolprent is aanvanklik beplan om in 2006 vrygestel te word, maar die vrystellingsdatum is na 21 September 2007 uitgestel om tyd te gun vir herafwerking en wysigings. Terwyl die rolprent verteenwoordigers van historiese figure bevat, dramatiseer dit hoofsaaklik die verhouding tussen James en Ford. Die rolprent word as een van die mees histories akkurate weerspieëlings van Jesse James en Robert Ford geag. Selfs James se afstammelinge het die optredes meer realisties en waar, as die dosyne weergawes wat hierdie rolprent voorafgegaan het, gevind.

The Assassination of Jesse James by the Coward Robert Ford
Regisseur Andrew Dominik
Produksieleier Ridley Scott
Jules Daly
Brad Pitt
Dede Gardner
David Valdes
Draaiboek Draaiboek:
Andrew Dominik
Roman:
Ron Hansen
Verteller Hugh Ross
Met Brad Pitt
Casey Affleck
Mary-Louise Parker
Sam Shepard
Sam Rockwell
Musiek deur Nick Cave
Warren Ellis
Kinematografie Roger Deakins
Redigeerder Dylan Tichenor
Michael Kahn
Verspreider Warner Bros.
Uitgereik VSA:
21 September 2007
VK:
30 November 2007
Speeltyd 160 minute
Land VSA
Taal Engels
Begroting VS$30 miljoen
IMDb-profiel

Verwysings

Tags:

Brad PittCalgaryCasey AffleckEdmontonVerenigde StateWinnipeg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NetbalWebblaaierPieter StraussHipoteseGewone tarentaalWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaGeelhoutGasNag van die lang messeMikroskoopKommunikasieKoorsJuan Antonio VillacañasVoegwoordMierBipolêre gemoedsteuringBybelHernubare energieLys van chemiese elemente volgens atoomgetalAkkedisGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaChris BlignautGronddegradasieMusieksimboleVisGeslagsorgaanBeesvleisWaterbesoedelingPlatteland (rolprent)HeuningbySeksuele penetrasieLys van medisinale kruieAluminiumSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureHamilton WesselsBeroerteKlimaatSamestellingLys van hoofstedeKinkhoesBernice WestLemoenWet op NaturellengrondAlkoholismeLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsKappie (skryfteken)Vitamien DAristotelesYsterKokerboomHerfsVraag en aanbodBeëdigde verklaringOnomatopeeInfeksieOogproblemeWatersuiweringKlimaatveranderingBaby ReindeerTandbederfSpringbokafrigtersWikiquoteKoue OorlogMediaWikiMuskietNatuurlike hulpbronVerkleurmannetjieToepassingsagtewareSias ReineckeSitrusAarverkalkingLimpopoKennisTien Gebooie🡆 More