Teunis Kruger

Teunis Johannes Kruger (Beestekraal teen die Krokodilrivier, distrik Rustenburg, Transvaal, 7 Julie 1868 – onbekend) was ’n boer op die plaas Berea in die distrik Burgersdorp, ’n soldaat in die Tweede Vryheidsoorlog en 18 jaar kerkraadslid van die Gereformeerde Kerk.

Teunis Kruger
Teunis Johannes Kruger.

Herkoms en vroeë jare

Kruger se ouers was Theunis Johannes en Magdalena Kruger, geb. De Bruyn. Sy oupa het met dieselfde trek uit die Kaapkolonie na Transvaal gegaan waarmee Paul Kruger gekom het en hy het al die oorloë met die inboorlinge deurgemaak en ook in die Eerste Vryheidsoorlog geveg. Sy vader het ook in al die oorloë en by die Jameson-inval geveg. Teunis Kruger het self as 'n seun van 13 jaar wag gestaan in 1881, en het 'n paar oorloë met die inboorlinge van Transvaal deurgemaak.

Tweede Vryheidsoorlog

In 1899, met die uitbreek van die Driejarige Oorlog, het sy vader met vier seuns, die jongste 12 jaar oud, aangesluit by genl. De la Rey se kommando. Almal het deurgeveg tot die end in 1902. In 1901 is Teunis gevang en ná enige dae uitgelaat op parool. Hy het egter ná 25 dae weer aangesluit en het in verskillende swaar gevegte deelgeneem, te wete te Sterkstroom, Nooitgedacht, Maanhaarrand, Moedwil, Wilgeboomspruit en Middelfontein. Hy het saam met genl. De la Rey op Doornkop wapen neergelê. Die laaste sewe maande van die oorlog het hy as veldkornet onder kmdt. Steenkamp gedien. Drie maal het hy nadat hy gehensop is, onder die vyand uitjaag.

Politieke betrokkenheid

Ná die kongres op De Aar, waar die Nasionale Party in die Kaapland amtelik gestig is, het Louw Steytler, LV, en hy en nog een ander persoon (wie se naam hy later vergeet het), die eerste Nasionale Party-tak op Burgersdorp gestig. Hy was enkele jare lank voorsitter en het ook gedien in die distriksbestuur. In 1914 is hy aangestel as veldkornet, maar het bedank toe die Rebellie uitbreek. Hy het in 1914 twee trokke slagskape aan die gevange rebelle gestuur. Kruger was die eerste 100-ponder (iemand wat £100 tot die saak bygedra het) van die Helpmekaar in Burgersdorp.

Huwelikslewe

Sy eerste huwelik, met Elizabetha, ’n dogter van pres. Paul Kruger, was op 23 September 1888 op Rustenburg. Hulle het vier kinders gehad. Op 23 Augustus 1909 is hy weer getroud, dié keer met Gloudina van Niekerk. Hulle het een kind gehad. Sy tweede vrou is op 27 Oktober 1869 op die plaas Kwaggafontein, distrik Winburg, gebore.

Bron

  • (af) (en) Reitz, Hjalmar en Oost, Harm (reds.), Goodman, I.M. (samesteller). 1931. Die Nasionale Boek. 'n Geskiedenis van die ontstaan en groei van die Nasionale Party van Suid-Afrika en wat dit bereik het, tesaam met belangwekkende artikels in verband daarmee. Johannesburg: Nasionale Boekmaatskappy.

Tags:

Teunis Kruger Herkoms en vroeë jareTeunis Kruger Tweede VryheidsoorlogTeunis Kruger Politieke betrokkenheidTeunis Kruger HuweliksleweTeunis Kruger BronTeunis Kruger18687 JulieBurgersdorpGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaRustenburgTransvaalTweede Vryheidsoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BorsteCleopatra VIIAardeCiceroLys van medisinale kruieISBNNuwe TestamentNieu-SeelandMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaPinksterEersterivier (rivier)RekenaarSuikerbekkiesGawes van die Heilige GeesIslamitiese StaatWit-RuslandLangste woordKlankverskynsels22 NovemberNamibiëAktuarisKaapstadGesinsdagPatrice LumumbaKleinblouoorglansspreeuPersoonlikheidDuitse nasionale rugbyspanHartPornografieByvoeglike naamwoordProvinsies van Suid-AfrikaLandbouTropiese en subtropiese grasveld, savanne en struikveldHokkieArmeniëEmily HobhouseDigvormGrondPolisieSekelbosNierversakingBoer Soek 'n VrouBorskankerLys van landeWayback MachinePeruCSSJapannese letterkundeBloedsomloopstelselRekenaarwetenskapAfrikaanse WikipediaMarga van RooySelfstandige naamwoordLuxemburg (provinsie)Rugbywêreldbeker 2023GriepBloeddrukPalmsondagVeranderinge aan Suid-Afrikaanse geografiese nameSlangReënspinnekopMangelontstekingVarkSelma ArcherdGalblaasWes-KaapMondBootFord AngliaTandbederfAnneli van RooyenLikkewaanNasionale VrouedagTrigeminale neuralgie🡆 More